Straat Universiteit
U kan 'n kopie van hierdie boek aflaai deur hier te kies met u muis.
Welkom by die Straatuniversiteit! Hierdie webruimte het, onder leiding van die Heilige Gees, al duisende straatevangeliste regoor die wêreld toegerus. Hierdie opleiding is ontwikkel uit jare se werklike straatge-tuienis, onder leiding van die Heilige Gees en die bystand van Arthur Blessitt - die man wat die kruis rondom die wêreld na verskillende nasies gedra het. Uit hierdie ervaring het ons 'n vyf-en-tagtig bladsy boek gepubliseer genaamd Straatuniversiteit.
Ons het 'n webgebaseerde weergawe van hierdie opleidingsmateriaal op Internet geplaas. Neem hierdie eenvoudige kursus en leer hoe om mense onder alle omstandighede na Christus te lei en ontvang 'n gratis sertifikaat wat na jou versend sal word.
Die Straatuniversiteit voorsien snel opvolgende webgebaseerde opleiding tesame met praktiese oefeninge. Diegene wat die Straatuniversiteit voltooi het, is voorberei om dadelik ander na Christus onder leiding van die Heilige Gees te lei. Ons program is nie-denominasionele christelik gebaseerde onderrig. Ons leer arbeiders om afhanklik te wees van die Heilige Gees, die Skrif en persoonlike getuienis.
Ons missie en doelwit is om ander op te lei om die evangelie van ons Here Jesus Christus na al die nasies van hierdie wêreld te neem. Dit is ons hoop dat almal na Christus sal kom voor Sy terugkeer en dat almal Sy liefde sal ervaar sowel as Sy volheid in hierdie lewe en om die ewigheid in die hemel deur te bring.
Matteus 28
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees …
Mag God u seën in u getuienis teenoor alle mense. Ons bid dat God u sal toerus deur hierdie opleiding en dat baie deur u pogings daartoe sal kom om Christus te leer ken.
Evangelis Richard C. Hobbs
Vertaal deur Christoff en Piet Truter