Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Erkenning

Ek wil graag vir Arthur Blessitt bedank, die man wat die kruis om die wêreld en na elke nasie gedra het, omdat hy baie ure van sy tyd aan my bestee het om sy hart met my te deel. Die las wat Arthur vir die wêreld het en die liefde wat hy vir alle mense het, het my hart sodanig aangeraak dat ek nooit weer dieselfde sal wees nie. Arthur het tyd geneem om 'n vriend en 'n krag van motivering in my lewe te wees.

Bowenal het die Heilige Gees my hart besiel en aan my 'n liefde vir alle mense gegee. Ek het mense lief en geniet die geleentheid om die evangelie in die strate te deel met mense wat ek nog nooit ontmoet het nie. Daarbenewens het die Heilige Gees ook deure geopen vir ons bediening om arbeiders in die oesland op te lei. Vir die liefde, guns en genade wat die Here aan my gegee het, gee ek my lewe aan Hom om die evangelie aan die verlorenes te deel.

Ek is dankbaar vir die talle intersessors wat daagliks vir ons bediening bid. Hulle het baie lang ure en baie trane gestort om in die strate vir ons en die verlorenes te bid. Net God weet wat hulle versugtinge en gebede vermag het.

Laastens, is ek dankbaar vir my gesin. Hulle het my met baie take gehelp wat afgehandel moes word. Asook, vir hulle vertroue dat ek telkens sal terugkeer wanneer ek strate toe gaan. Hulle deel die roeping van die Here op my lewe en was sedert die begin van hierdie bediening deel daarvan.

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer