Hoofstuk Een
Gelei deur die Heilige Gees
Ons
moet die boodskap van Christus uitneem na ons strate toe en
die Heilige Gees toelaat om hande, voete en 'n stem te hê
in hierdie wêreld. Die Heilige Gees wil jou gebruik om
die Goeie Nuus te deel. Soos wat ons leer hoe om te getuig,
kan ons saam leer. Ek leer nog steeds van die Heilige Gees hoe
om te getuig telkens as ek strate toe gaan en deur te deel met
ander wat langs my in die strate getuig. Soos wat jy meer van
evangelisasie leer, laat die Heilige Gees toe om vir jou 'n
groter werklikheid as jou beste vriend te wees. Laat jou getuienis
'n wyse van lewe word. Baie sal saam met 'n span op straat getuig
en nooit by enige ander geleentheid getuig nie. Onthou die Here
wil hê dat ons elke geleentheid sal benut om te getuig.
Laat ons na die Heilige Gees luister en toelaat dat Sy lewe
in ons s'n invloei en dan sal Hy ons lei in ons getuienis. Ons
behoort sensitief te wees vir die Heilige Gees en die dringendheid
hoor waarmee Hy met almal van ons spreek. Hy sê die tyd
is kort en die arbeiders is min. Sal ons vandag begin gereedmaak
om in die strate te getuig en van deur tot deur te gaan in die
stede waar ons leef?
Romeine 13
11 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede
ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker
te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig
geword het.
12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat
ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens
van die lig aangord.
Hierdie vers word dikwels die Dagbreek van die
Nuwe Dag genoem. Ek wonder of die tyd van daardie hemelse horlosie
op hierdie oomblik op twee minute voor middernag staan. Ek is
daarvan oortuig dat die aftelling etlike minute bereik het ten
opsigte van hierdie wêreld soos ons dit ken. Die Here
gaan ons vra om daarvan bewus te wees dat hierdie dag aanstonds
afgesluit gaan word. Dit is belangrik dat ons daarvan bewus
sal wees dat baie nie die volgende dagbreek sal sien nie, want
die lewe is maar slegs 'n damp en daar is sommige wat selfs
môre al die dood in die gesag gaan staar. My eie roeping
om die evangelie-boodskap na die strate te neem, het begin met
die besef dat hulle wat nie Jesus as Here ontvang het nie, besig
is om in die hel te brand. Alhoewel Christus vir almal aan die
kruis gesterf het, is daar baie wat nog nooit die evangelie
van verlossing gehoor het nie en ander wat nie die geleentheid
aangegryp het om te bid om Christus te ontvang nie. Ons moet
gewillig wees om die evangelie met hierdie verlore wêreld
te deel en bereid wees om dit gou te doen. Is jy bereid om vandag
na die strate en van deur tot deur te gaan? Is jy gereed om
die vrae van die verlorenes te beantwoord?
1 Petrus 3
15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees
altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle
rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid
en vrees
Die Here sal 'n weg berei vir elkeen om die geleentheid
te hê om Christus te ontvang. Dit is die Woord wat iemand
se hart sal verander omdat dit as 'n saad in hulle lewe ingeplant
word. Dikwels het ek aanskou hoe 'n lewe verander as die Woord
in 'n persoon se hart geplant word.
2 Petrus 1
11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang
in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
Psalm 119
130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die
eenvoudiges verstandig
Hoeveel van julle wil dieper uitvaar en leer
hoe om dapper te wees en die Woord met iemand te deel? Ek daag
hulle uit wat gelei is om hulle vir straatbediening voor te
berei en leer hoe om te getuig waar jy jou bevind. Ons moet
leer hoe om deur die Heilige Gees gelei te word. Ons getuienis
sal baie meer effektief
wees as ons deur Hom gelei word. Slegs die Here ken die mens
se hart. Die Here sal daardie volmaakte geleentheid reël
om met daardie een verlore persoon te deel. Laat die Here toe
om jou te lei. Elke keer as ek 'n span getuienisse na die strate
of deur-tot-deur evangelisasie toe uitneem, deel ek met hulle
dat ons uitgaan vir daardie een verlore persoon wat die Here
na ons toe sal lei. Dikwels word baie siele gered, maar ons
moet tevrede wees om met die een te deel. Om deur die Heilige
Gees gelei te word, bring wonderlike vreugde. Telkens as iemand
hulle lewe vir Christus gee, is ek opgewonde.
Hieronder is sommige voorbeelde van hoe die Here
my na daardie een verlore siel lei. Woorde is so beperk om te
beskryf wat ek werklik aanskou het terwyl hierdie individue
na Christus toe gekom het. Ek hoop hierdie verhale gaan jou
motiveer om die leiding van die Heilige Gees te volg. Ons bied
hierdie verhale aan as 'n getuienis van die reddende genade
van ons Here Jesus Christus en as 'n bemoediging vir almal om
te getuig. Ons besef dat ons in onsself niks sonder die Here
kan doen nie. Dit blyk dat baie van ons getuienis niks met ons
vermoë te doen het nie, maar eerder met ons beskikbaarheid.
Ons hoop jy sien deur hierdie verhale dat God regoor ons land
en in die harte van talle beweeg. Hierdie verhale beskryf slegs
'n paar van die baie dinge wat ons in die strate gesien het.
Geroep na die Park
Een aand terwyl ek besig was om te studeer, het dit geblyk dat
die Here my roep om na die park in my gemeenskap te gaan. Ek
het nie op die eerste oproep gereageer nie en aangegaan om in
my privaatvertrek te studeer. Die Here het 'n tweede maal tot
my gespreek en ek was seker ek moes gaan. Ek het na die stadspark
gery en opgemerk dat daar slegs een motor in die parkeerruimte
was. Dit was omtrent 9:30 in die aand en die park was baie stil.
Ek het oorgestap na die pawiljoen en by een van die tafels gaan
sit. Terwyl ek na die pawiljoen op pad was, het ek 'n man en
vrou opgemerk wat besig is om mekaar te omhels. Ek het gaan
sit en omgedraai sodat ek hulle nie kon sien nie en vir hulle
siele begin bid. Binne 'n paar minute het hulle in die rigting
van die pawiljoen begin stap. Ek het iets vir hulle gesê
en die man het gaan stilstaan om met my te praat. Ek het nader
gestap na die man toe en myself voorgestel. Ek het hom vertel
dat die Here so pas met my gespreek het om na die park toe te
kom. Hy het geweet dat hy en sy vriendin die enigste twee persone
in die park is en dit het hulle geraak om te besef dat die Here
en iemand anders omgee en tyd neem om te reageer. Ek het saam
met hom gebid en ek was so bly om sy opregtheid te sien. Ek
sê toe dat daar met die dame ook gesels moet word en hy
het saam met gestap om met haar te gaan gesels. Sy het Christus
geken, maar byna onsensitief vir die evangelie geword. Ek het
saam met haar gebid, 'n Bybel vir haar en WSJD-armbandjies vir
haar kinders gegee. Die man en die vrou het elkeen hulle eie
gesinne gehad, hulle het egter beplan om daardie aand egbreuk
te pleeg. Dit blyk dat God tussenbeide getree het in hulle lewens
deur 'n daad van Sy genade. Ek het beide van hulle eengemoedig
om Christus ten alle koste te volg en om te doen wat reg is.
Ek het teruggestap na die pawiljoen toe en by die tafel gaan
sit. Toe die man op die punt gestaan het om te vertrek, het
hy uit sy vragmotor geklim, teruggekeer na my en gesê,
"Ek wil net vir jou baie dankie sê, man, dat jy vanaand
hiernatoe gekom het. Dit het so baie vir my beteken. Dankie."
Ironies genoeg, was ek besig met my boek met
die titel, The Spiritual Timing of God toe God my daardie
aand na die park toe geroep het. Dit was so wonderlik om Sy
tydsberekening te ervaar en om lewens wat deur God aangeraak
is te sien.
Jesaja 12
3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine
van heil
Gelei na 'n Laning Oor die 50 Kilometer Ver
Weg
Een genotvolle naweek wat ek nooit sal vergeet nie, is 'n Saterdagnamiddag
toe die Heilige Gees my na 'n laning in Sallisaw, Oklahoma,
gelei het byna 50 kilometer van waar ek woon. Terwyl ek in die
laning gestap het, het 'n jong man na my toe gestap. Ek het
vir hom gesê, "Die Here het vanoggend jou gebed verhoor
en ek is hier om met jou te praat." Die oortuigende krag
van die Heilige Gees het hom begin aanraak soos wat hy die Woord
gehoor het en hom gered in die laan waarheen die Here my gelei
het. Ja, dit is so lonend om leiding van die Here te volg. Baie
soek na wonders en herlewing en mis die mees kragtige dade van
die Heilige Gees in die einste strate waar hulle woon. Volg
die leiding van die Heilige Gees en laat jouself toe om 'n dienskneg
van die Here Jesus Christus te wees.
'n Trokdrywer na My Tuisdorp Gelei
Een aand was ons in ons goederewa op pad terug van 'n beseerde
vriend wat ons besoek het wat ten suide van Fort Smith, Arkansas,
woonagtig was. Ek en my gesin het 'n dame, 'n evangelis, saamgeneem
na ons vriend se huis vir gebed en koinonia. Op pad terug huistoe
merk ons 'n man in 'n trok op met 'n vrag agterop vasgemaak.
Toe ons hom langs ons by 'n rooi lig sien, het ons gelei gevoel
om vir hom te bid. Ons het almal in gebed saamgestem dat sy
siel gered moet word en gevra dat die Heilige Gees iemand moes
stuur om hom na die Here te lei. Ons het vir 'n paar oomblikke
in gebed voortgegaan en toe gesien hoe die trok verder in die
straat af beweeg.
Ons het by die hotel gestop om die evangelis te gaan aflaai.
Nadat ons vir 'n paar minute met haar gesels het, het ons die
hotel verlaat en teruggekeer huistoe. Tot ons verbasing, bevind
ons ons weereens langs dieselfde trok toe ons oor die Arkansasrivierbrug
beweeg. Weereens het ons vir sy siel gebid. Ons het opgemerk
dat soos ons huiswaarts gekeer het, sy reis in dieselfde rigting
gegaan het. Ek het vir my gesin gesê, "As hy draai
en noordwaarts beweeg, wil ek hom volg en sien of hy by die
vragmotorhalte stop. Ek sal stop en teenoor hom getuig."
Ons het die moontlikheid bespreek dat die Here ons reise laat
saamval het. Ons het almal saamgestem dat iets besig was om
te gebeur. Die trok het voortgery verby die interseksie en aan
beweeg in die rigting van ons woning. Toe het die trok ingetrek
en tot stilstand gekom in die parkeerruimte van 'n kruidenierswinkel
slegs 'n paar blokke van ons huis af.
Ek het my gesin huistoe geneem en vinnig teruggekeer. Hy was
steeds in die parkeerblok en in sy trok gesit. Ek het met my
goederwa in die parkeerplek parkeer en nader gestap na die bestuurderskant
toe. Dit het geblyk dat hy onwillig was om sy venster af te
draai. Ek het vir hom gesê dat ek met hom wil gesels.
Uiteindelik het hy sy vesnter oopgemaak. Ek het myself voorgestel
en gevra of die Here besig is om met hom te deel. Hy het gesê
dat Hy met hom besig was en wou weet hoe ek dit geweet het.
. Ek het gesê, "Kan jy onthou dat jy 'n groen goederewa
langs jou geparkeer gesien het toe jy in Fort Smith ingekom
het?" Hy het gesê, "Ja, ek onthou die goederewa,
en ek het opgemerk dat julle ouens na my gekyk het en ek het
gedink my enjin se geraas pla julle." Ek het vir hom gesê
dat ons vir hom gebid het en dat hy byna 50 kilometer ver terug
in 'n parkeerarea gestop het. Die tyd was twee minute voor middernag
in my tuisdorp. Ek het aan hom gevra of hy dink dat God dit
alles kon gereël het. Hy het gesê dat hy glo God
is besig om iets te doen. Hy is egter 'n oud-gevangene en het
'n tronkstraf van vyf jaar uitgedien en is so pas vrygelaat.
Hy het gesê dat hy nie waardig voel vir dit wat die Here
vir hom wil doen nie. Ek het hom verseker dat God lief is vir
hom en dat Hy omgee. Ek het vir hom gesê dat as ek nie
omgegee het nie sou ek nie in die middel van 'n koue nag hier
sou gestaan het om met hom te gesels nie. Ek het 'n uitnodiging
tot hom gerig om Jesus Christus as sy Here aan te neem en die
Skrifte aan hom veruidelik.. Hy het sy hart vir die Here gegee
en my vertel van sy pragtige gesin terug by die huis. Hy het
gesê, "Ek was verlore en nou is ek gevind."
Ek het vir sy veilige terugreis gebid en padaanduidings aan
hom gegee.
Ek was so opgewonde wat die Here gedoen het.
Alhoewel ek al hierdie dinge waargeneem het, kon ek nouliks
gglo wat so pas plaasgevind het. Ek kon nie verstaan hoe alles
gebeur het nie. Ek het geweet dat ek daardie aand die hand van
die Here aanskou het en hoe baie lief Hy daardie man gehad het.
Alles wat ek ooit vir die Here gedoen het, was die moeite werd
om te sien hoe dit gebeur het dat daardie man Hom leer ken het.
Terwyl ek aan hierdie man gedink het, het ek
gewonder hoeveel mense deur die Here gestuur is om aan hom te
getuig op sy oor die 800 kilometer reis van Houston, Texas,
tot in Fort Smith, Arkansas. Hy het vroeg daardie môre
uit Houston vertrek om 'n aflewering in Missouri te gaan maak.
Hoeveel mense op sy reis is deur die Here gevra
om aan Hom te getuig? Was daar niemand om te reageer wanneer
hy vir brandstof of kos gestop het nie? Net God weet.
Gelei na 'n Park
Ek was op die punt om 'n Straat Universiteitsklas in 'n kerk
oorkant 'n park in Fort Smith, Arkansas, te begin toe dit voorkom
asof die Heilige Gees met my praat. Dit was 'n paar minute voordat
die klas sou
begin en ek is gelei om na die park oorkant die kerk te gaan.
Ek het gebid terwyl ek die hele lengte van die park geloop het
en na 'n jongman en sy seun op 'n bofbalbaan gegaan het.
Ek het met hierdie jongman gepraat en spoedig
uitgedind dat hy verlore was. Hy was 'n goeie man, maar hy het
nooit Jesus Christus as sy Here ontvang nie. Hy het gesê
dat hy vir 'n lang tyd al oorweeg om 'n keuse vir Jesus te maak.
Dit sou die dag word waarop hy sou bid om Jesus te ontvang.
Dit is wat die Here wou doen. Hy wou die park voorberei en die
harte van mense voorberei vir Sy doel. Ek was so dankbaar vir
ander wat vir 'n oes in hierdie area gebid het. Dikwels is 'n
effektiewe getuie 'n verhoring van ure en ure se gebed van iemand.
Die teenwoordigheid van die oortuigingskrag was so sterk. Ek
het geweet dit was 'n goeie dag om te getuig terwyl ek terug
gestap het na die kerk om ander te onderrig in evangelisasie.
Laat ons reageer op wat die Here wil hê
ons moet doen en Sy hande en voete in hierdie hierdie wêreld
weesDie tyd is kort en die arbeiders is min.