Hoofstuk Tien
Deel Christus
Aan wie om te getuig
Terwyl jy uitreik om te getuig, behoort jy in 'n gebedstemming
te
verkeer en die Heilige Gees se leiding te vra om jou na iemand
te lei. Dit is ook belangrik dat jy iemand sal hê om jou
te assisteer indien jou aandag afgelei word deur ander mense.
Jou getuienis sal meer effektief wees as die persoon teenoor
wie jy getuig net vir jou kan hoor. Indien jy nie seker is met
wie om te praat nie, praat met enige een tensy die Heilige Gees
sê jy moenie. Jesus het gesê hy wil nie hê
dat enige verlore gaan nie.
Spreuke 3
27 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
as dit in jou mag is om dit te doen nie
Matteus 18
11 Want die Seun van die mens
het gekom om te red wat verlore is.
12 Wat dink julle? As iemand
honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die
negen-en-negentig laat staan en op die berge die verdwaalde
een gaan soek nie?
13 En as hy hom kry, voorwaar
ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig
wat nie verdwaal het nie.
14 So is dit nie die wil van
julle Vader wat in die hemeel is, dat een van hierdie kleintjies
verlore gaan nie.
Daarom moet ons vry voel om teenoor enige iemand
te getuig. Tog getuig ek nie teenoor jong kinders nie. In die
samelewing van vandag kan jou motief om teenoor 'n jong kind
te getuig verkeerd vertolk word.
As iemand vir jou vertel dat hulle nie 'n christen
is nie of dat hulle nog nooit Christus as hulle Heer en Verlosser
bely het nie, dan moet jy gereed wees om hulle in gebed te lei.
Eerstens, beveel ek aan dat jy 'n voorbereidingsgebed bid en
dat jy die Heilige Gees vra om hulle van sonde te oortuig. Dit
wil voorkom asof hierdie gebed hulle harte die woorde laat hoor
wat jy met hulle wil deel. Wanneer ek nie hierdie gebed bid
nie, gebeur dit dikwels dat die getuienis opeindig in baie gepraat
oor godsdiens of een of ander onderwerp.
Die benadering
Terwyl jy iemand benader, is dit altyd 'n goeie
idee om iets te hê om aan hulle te gee. 'n Christelike
plakker of traktaatjie is altyd goed om aan iemand te oorhandig.
Menige kere is dit die maklikste manier om kontak te maak met
iemand. Stel jouself bekend en luister wat is hulle naam sodat
jy dit later in die gesprek kan gebruik. Indien hulle nie Afrikaans
of Engels magtig is nie, stel vas of hulle kinders nie vir jou
kan tolk nie. Ek maak dikwels van familielede gebruik om vir
my te tolk terwyl ek getuig. Raadpleeg ook die hoofstuk "Die
Benadering" vir meer omvattende inligting oor hoe om iemand
met jou getuienis te benader.
Die vraag
'n Goeie wenk is om altyd eers 'n algemene gesprek
met iemand te voer en te probeer om iemand se vriendskap te
geniet. Sê aan hulle : "Ek moet voordat ek vertrek
aan jou 'n vraag vra. Ons besoek almal om seker te maak dat
hulle Jesus Christus ken as hulle persoonlike Verlosser."
Vra dan : "As jy vanaand sou sterf, sou jy sonder enige
twyfel weet dat jy hemel toe gaan? Antwoord asseblief asof God
luister."
Terwyl hulle nadink, bid jy 'n stilgebed om die
Heilige Gees te vra om hulle hart te deursoek. Bid met oop oë
en moenie dat hulle sien jy bid nie. Dit kan verwarring bring
as hulle sien jy bid vir hulle. As hulle met 'n ja reageer,
vra jy die volgende vraag :
"Het jy al hardop gebid en Hom persoonlik
in jou hart ingenooi?"
Hou aan met die gesprek totdat jy seker is dat
Christus in hulle is.
Vervolgens maak jy jou Bybel oop en toon Romeine
10 vers 8 tot 10 aan hulle en lees dit hardop voor. Plaas hulle
naam op die toepaslike plekke in die teks in. Dit maak die Woord
van God selfs meer persoonlik. Dit is 'n goeie idee om die Skrif
te verduidelik soos wat jy aangaan. By die volgende Skrifge-deeltes
is 'n aantal voorgestelde kommentaar bygevoeg. Die kommentaar
wat ek gebruik, staan tussen hakies :
Deel die Skrif
Romeine 10
8 Maar wat sê dit? (Almal wil weet wat God
vir hulle sê. Die Bybel vra : "Wat sê God?"
Wel, laat ons saam kyk.) Naby jou is die woord, (Hou
die Bybel uit en wys dit vir hulle. Dit sê dat die Woord
naby jou is. Selfs reg voor jou.); [selfs] in jou mond (Dit
is nou, op hierdie oomblik, in my mond en dit kan ook joune
wees. Ek spreek dit nou uit.); en in jou hart (Die Woord
is in my hart en dit kan ook in joune wees.) Dit is die woord
van geloof wat ons verkondig (Die Bybel sê geloof
kom deur die Woord wat ons hoor. Die Woord van God gee in werklikheid
aan jou die vermoë om te kan glo. Maar ons moet dit hardop
uitspreek en ons hart dit laat hoor en dan sal geloof kom.)
9 As (plaas die persoon se naam in) jy (hulle
naam) met jou mond die Here Jesus bely (Die Bybel sê
ons moet hardop 'n belydenis doen. Kom, laat ons sien wat gebeur
as ons dit doen.) en met jou (naam) hart glo dat God
Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (Goed,
dit sê dat as ons glo dat Jesus die Here is en dat God
hom uit die dood opgewek het, sal ons gered word. Maar Hy vra
dat ons die Bybel hardop bely. Hy sal ons help om te glo. Laat
ons na die volgende vers kyk.)
10 want met die hart glo ons tot geregtigheid (Onthou
Hy sal jou die vermoë gee om te kan glo) en met die
mond bely ons tot redding (Die Bybel vra dat ons dit hardop
sê. Wanneer ons dit doen, doen ons wat God gevra het ons
moet doen om gered te word.)
Nadat ek die Skrifgedeeltes gelees en verduidelik
het, sê ek vir hulle : "Jy kan ook nou, op hierdie
oomblik, die Woord in jou hart hê en gered word en jy
kan sonder enige twyfel weet dat jy hemel toe gaan wanneer jy
sterf. As jy graag die gebed wil bid om Christus as jou Here
te bely, neem dan eenvoudig nou op hierdie oomblik my hand en
ons bid saam." Jy sien, dit is makliker om iemand se hand
te neem en daardeur ja te sê as om eers ja te sê
met jou stem. Terselfdertyd gee dit aan jou 'n kontakpunt terwyl
jy vir hulle bid.
Bid nou die sondaarsgebed wat ons bespreek het
saam met hulle en vertel vir hulle van die nuwe lewe wat hulle
so pas ontvang het. Dit is altyd goed om 'n traktaatjie met
die Skrifverwysings wat jy gebruik het asook 'n Bybel aan hulle
te gee. Ek hou altyd daarvan om hulle naam en die datum toe
hulle gered is in die Bybel te skryf. Ek skryf ook die Skrifverwysings
wat ek gebruik het voor in die Bybel.
Hertoewydingsgebed
Dikwels kan dit wees dat iemand een maal Jesus
Christus as hulle persoonlike Verlosser
aangeneem het, maar dat hulle nie op die oomblik vir Hom lewe
nie. Hulle kon teruggeval het en volgens hulle eie woorde voel
dat hulle nie hemel toe gaan as hulle nou sou sterf. Ek vind
dat byna tweederdes van hulle met wie ek op straat praat Christus
een maal geken het en toe afgedwaal het. Dit bly egter belangrik
om die Vraag te vra en die uitnodiging te rig om Christus te
ontvang selfs al was hulle een maal gered. Gewoonlik gebruik
ek dieselfde tegniek met teruggevallenes as met hulle wat Christus
nog nooit geken het nie. Ons vra vir hulle of hulle wil terugkeer
na Christus toe in plaas van om te vra of hulle Hom wil ken.
Somtyds het hulle wat afvallig geraak het verhard geraak teenoor
die Bybel en teenoor God. Nou kan jy vir hulle vra of hulle
hulle lewe opnuut wil toewy. Sê dan die volgende :
"As jy voel Hy is nie so naby aan jou as
toe jy die eerste maal 'n pad met Hom begin loop het nie of
jy het afvallig geraak, sou jy graag wil bid en jou lewe op
hierdie oomblik hertoewy? Neem dan eenvoudig my hand en dan
bid ons saam." Dit gee aan jou 'n kontakpunt terwyl jy
vir hulle bid. Dit is belangrik om daarop te let dat jy die
gebed moet lei. Ek het agter gekom dat sommige verward is en
nie na Christus toe wil kom nie omdat hulle nie kan bid nie.
Stel dit duidelik dat jy sal voorgaan in gebed. Persone wat
in opleiding is, is ook meer suksesvol as hulle vra dat iemand
sal reageer met 'n erkenning deur eenvoudig jou hand te neem
en daardeur ja in hulle hart te sê om saam met jou te
bid.
Indien hulle ja sê, laat hulle dan die
volgende gebed hardop bid. Verduidelik aan hulle dat dit somtyds
beter is om opnuut met Christus te begin as jy afgedwaal het.
Sondaarsgebed
"Vader, in Jesus Naam vra ek U, dat U aan
my op die maklikste verstaanbare manier sal wys hoe U my sondes
vergewe. Neem my lewe. Stuur dit. Rig dit. Lei dit. Al die dae
van my lewe. Ek wil U graag op 'n meer persoonlike manier ken.
Help my om in U Woord te groei. Ek glo dat U Seun aan die kruis
vir my gesterf het en dat Hy opgewek is uit die dood. Ek bely
U as my Here. In Jesus se naam bid ek dit. Amen."
Hierdie nuwe lewe
Vertel nou aan hulle hoe om hierdie wêreld
te bewandel. Die lewe is 'n reeks besluite. Ons moet besluite
neem wat ons hart en die Woord van God vir ons sê. Dit
word bekering genoem. Die wegkeer van wat ons die verkeerde
noem. Ek sê nooit vir hulle wat hulle moet doen nie. Ek
laat die Heilige Gees hulle meedeel met watter dinge in hulle
lewe hulle moet deel. God werk verskillend met elkeen van ons.
Ons moet God toelaat om die werk in hulle lewe te doen. Ek sê
vir hulle dat hulle lewe 'n lang reis is. Hulle sal sondig en
verkeerde dinge doen, maar dit is belangrik om te weet dat ons
die Here om vergifnis kan vra. Dit is nodig dat ons daagliks
Sy vergifnis en bewaring sal vra soos wat ons deur die wêreld
beweeg. Vra dat hulle met iemand sal deel wat met hulle gebeur
het. 'n Goeie wenk is om aan hulle 'n Byebel en materiaal te
gee wat hulle nuwe lewe in Christus aan hulle verduidelik.