Hoofstuk Elf
Mense en Plekke
Om iemand te vind om Christus mee te deel, is
nie moeilik nie, want oral is daar verlore mense. Ek kan op
enige plek in die VSA getuig en dit bly dieselfde. Die Heilige
Gees sal oortuig en mense sal na Christus kom. Bid en sien waar
moet jy getuig. Ek sal aanbeveel dat jy verskillende tipe omgewings
of opsette probeer. Parke, sypaadjies, huise, winkelsentrums
en kitskos restaurante is almal uitstekende plekke om te getuig.
Jy sal verbaas wees dat baie van die mense wat jy nader, sal
Christus leer ken.
'n Uitstekende manier om gemaklik te raak met
die gebiede waar jy gaan getuig, is om eers hierdie gebiede
verskeie kere te besoek voordat jy begin getuig. Bid in hierdie
gebiede as jy daar besoek aflê. Ek spandeer baie tyd om
deur behoeftige gebiede te ry en en te stap totdat ek gemaklik
raak met die gebiede. Ek verander ook my roetes in die stad
en bestuur deur alle moontlike gebiede om vertroud te raak met
verskillende omgewings. Dit is asof die Here my gelei het om
dit te doen en dit is interessant om te sien hoe dit my gehelp
het. Soos wat jy ry en al hierdie gebiede besoek, sal jy so
baie behoeftes waarneem. Bid vir hulle wat dalk nie weet hoe
om vir hulleself te bid nie. Raak vertroud met gebiede waarmee
jy nie vertroud is nie.
Deur tot deur evangelisasie
Die meerderheid mense wat ek oplei neem ek van
deur tot deur in die gemeenskappe waar hulle gemeente geleë
is. Deur tot deur evangelisasie is een van die moeilikste vorme
van getuig. Dit sal egter keuses vir Christus voortbring, terwyl
jy die gemeenskap daarvan bewus maak dat jou kerk omgee. Maak
seker dat nie te veel persone na dieselfde deur gaan nie. Verdeel
in groepe as julle uitreik en besluit op 'n tyd en plek wanneer
julle gaan terugkeer. Sommige deure waaraan julle klop sal nie
oopgaan nie en ander deure sal toeslaan met mense wat gefrustreer
is omdat jy tuis hulle privaatheid versteur. Dit is 'n bietjie
moeiliker om teenoor mense in hulle eie huise te getuig. Ek
wil dit egter van harte aanbeveel dat jy deur tot evangelisasie
sal leer en ervaar. Jy sal sien hoe siele gered word, hoe gesinne
tot Christus keer en hoe baie christene wat tans nie kerk bywoon
nie hulle weg na jou plaaslike kerk vind. Maak seker en herhinner
'n nuwe bekeerling daaraan om die waterdoop te ondergaan. Dit
lei dikwels daartoe dat hulle jou kerk bywoon.
Soos wat jy aan deure klop, sal jy met baie christene
praat. Maak seker dat jy nie iemand wat in 'n ander kerk gevestig
is probeer oorreed om jou kerk by te woon nie. Ons pogings moet
een van evangeli-sasie wees en nie om mense van ander kerke
te werf nie. Ek wil eenvoudig net mense in die kerk van hulle
eie keuse sien. Dit is belengriker dat mense enige christelike
kerk bywoon as 'n spesifieke kerk. Hierdie vorm van eenheid
met ander kerke sal resultate oplewer en deur die godsdienstige
gemeenskap aangeneem word soos wat jy gebiede evangeliseer.
Te veel kere het ek waargeneem hoe hulle wat van deur tot deur
gaan deur ander kerke gekritiseer word omdat hulle ander gemeentes
in hulle kerk probeer inlei. Laat ons op die uitkyk wees vir
die verlorenes en hulle wat nie kerk bywoon nie en op hulle
fokus. Maak seker en hou rekord van die huise wat julle besoek
en die resultate wat geleer is deur die visitasie. Dit kan gebeur
dat jy in die toekoms weer die rekords gebruik in herbesoek
van die deure van die verlorenes.
Een namiddag terwyl ons in 'n stad van deur tot
deur beweeg, sien ek 'n uitlander wat besig is om in sy agterplaas
sy grasperk nat te spuit. Verskeie van ons het hom benader en
begin vriende maak met hom. Ons was dankbaar dat hy Engels kon
verstaan. Hy was geweldig beïnvloed deur Oosterse godsdienste
en het nie 'n woord verstaan waarvan ons praat nie. Ek het 'n
ou hond oor die pad sien stap en vir hom gesê : "Sien
jy daardie hond? As 'n kar hom nou omry, is hy vir ewig weg.
Sou jy egter omgery word, is dit nie die einde van jou lewe
nie. Ons is gemaak om vir altyd te lewe.." Die man het
opgespring van vreugde en uitgeroep : "Ek het geweet ek
is meer as 'n hond! Ek het geweet! Ek het geweet! Ek het geweet!"
Ek het voortgegaan en verduidelik dat God 'n
boek geskryf het, genaamd die Bybel . Hy het dit uit my hand
geneem, in die middel van sy tuin gaan sit en die gedeeltes
gelees wat ek aan hom gewys het. Vir die eerste maal in sy lewe
het hy gevind wat hy gesoek het. Hy het hoop gevind. Daardie
dag in die middel van sy tuin het ons hom na Christus toe gelei.
Ek was so opgewonde om sy uitdrukking te sien oor die feit dat
hy weet dat hy vir ewig sal lewe in 'n plek wat hemel genoem
word.
Ons het in die straat af van deur tot deur gegaan en baie ander
mense langs die pad ontmoet. Ons het vir etlike ure getuig en
weer by hierdie man se huis verby gegaan op pad kerk toe. Hy
het steeds in die middel van sy agterplaas sy nuwe Bybel gesit
en lees. Dikwels sal jy sien hoe God so 'n diepe werk in iemand
se lewe verrig. Ons getuienis daardie dag was geensins dinamies
of spesiaal nie. Ons het eenvou-dig net die basiese waarhede
van die Woord gedeel en die hele tyd het dit voorgekom asof
God in sy hart spreek en geweet het wat hy nodig gehad het om
te hoor. Hy het hoop gevind asook 'n geleentheid om die woorde
van sy Skepper te lees om te weet wat lewe in Christus is.
Kitskos restaurante
Om in kitskos restaurante te getuig, is opwindend
en kan ook plofbaar wees. Terwyl ons in restaurante getuig,
sien ons dikwels hoe twee of meer mense terselfdertyd na Christus
kom. Dit is nodig dat jy vriendelik is, debatte vermy en nie
enige druk uitoefen nie. As jy mense onder druk plaas of steurnis
veroorsaak, sal jy deur die bestuurder versoek word om te gaan
of jy sal uitgedaag word deur die persoon met wie jy praat.
Dikwels koop ek koeldrank of eetgoed voordat ek getuig. As 'n
klant van die restaurant het ek die reg om daar te wees. Ons
word dikwels so verwelkom dat mense na ons toe kom vir plakkers
en WSJD armbande. Baie keer vra mense vir christelike materiaal
selfs sonder dat hulle Christus ken. Dit is in hierdie soort
atmosfeer dat baie mense na Christus keer. Dit blyk dat die
atmosfeer geestelik gelaai is met die getuienis van Christus.
Onderwyl jy getuig sal jy opmerk dat God oppermagtig beweeg
soos wat Hy wil. Ons het baie verlore mense gesien wat Christus
binne sekondes gevind het tydens ons getuienis in restaurante.
Ek vertrou jy sal die volgende voorbeeld geniet
van 'n klas se ervaring wat ek in Kalifornia opgelei het hoe
om in restaurante te getuig :
Ek het na 'n mooi kerkgebou in Nipoma, Kalifornia,
gegaan om 'n groep uit twee verskillende kerke te leer hoe om
in die strate te getuig. Toe ek op pad na die verhoog is om
te praat, het ek opgekyk na die preekstoel en ek het net nie
op my gemak gevoel nie. Ek het weer afgeklim van die verhoog
en vir die groep gesê dat die trap my sypaadjie gaan wees
en die mat die straat. Jy sien, ek is meer op my gemak op die
strate as in kerke. Ek het so baie tyd op straat deurgebring
dat dit my kerk geword het. Weereens het ek my hart met die
mense gedeel. Ek was so opgewonde om die trane by baie wat na
my geluister het te sien. Dit is trane wat uit hulle harte vrygestel
is. Verseker was dit God wat sy liefde met hulle gedeel het
vir die verlorenes in hulle gemeenskap.
Ek was geskok om so baie hande te sien opgaan
toe ek gevra het wie wil saam met my strate toe gaan om te gaan
getuig. Ons het vir die stad gebid en na 'n nabygeleë McDonalds
naby die kerk gegaan. Terwyl ons op pad na die restaurant was,
is ek daaraan herhinner hoe moeilik my bediening daar uit gesien
het. Ek is altyd 'n toeskouer en moet wag om te sien wat gaan
God doen in die lewens van hulle wat ons benader. Almal van
hulle wat nou net geluister het na wat God in die strate doen,
was nou gereed om te sien hoe lewens verander. Ek het onthou
hoe ek op die vliegtuig op pad soontoe gebid het : "God,
U moet beweeg! Die mense van Kalifornia verwag dat U 'n werk
in die strate sal begin doen." Dit was asof God in my hart
gespreek het en gesê het : "Dit is my verantwoordelikheid
en joune is om te gaan." My bediening is totaal afhanklik
van die Heilige Gees om ons lewens te beskerm en om van sonde
te oortuig en om siele te red.
By McDonalds het ons uit ons voertuig geklim,
vir minder as vyftien meter gestap en met 'n dame by die openbare
betaalfone gepraat. Die jongdame se naam was Genese. Die getuienis
was so hartroerend en tog so tipies. In reaksie op ons vrae
in verband met haar verhouding met Christus het sy gesê
: "Ek bid. Ek bid elke dag." Ek het die getuienis
'n bietjie verder geneem en gevra of sy vir Christus leef. Sy
was verlore en sonder Christus. Die getuienis van die Heilige
Gees het haar tot op 'n punt van sonde oortuiging gebring. Sy
het slegs van Christus geweet. Ek het die Skrif uit Romeine
10 vers 9 tot 10 met haar gedeel en binne enkele oomblikke het
sy haar tot Christus gekeer. Binne 'n minuut het iemand reeds
vir Christus gevind. God is goed!
Ons het binne in McDonalds ingegaan en voordat ons kon gaan
sit, het 'n klant my na hulle tafel genooi. Ek het geweet dat
God op die punt was om iets te doen. Hy beweeg so vinnig. Ek
noem hierdie gebeurtenisse ontploffings in die gees wanneer
God beweeg. Ek het dit so baie kere op straat sien gebeur. Somtyds
gebeur dit vinniger as wat ons dit vir onsself kan voorstel.
Ek het 'n stoel nader getrek en myself op die hoek van hulle
tafel sit gemaak. Ek het vir die gesin om die tafel gevra :
"Wat pla julle?" Hulle was getref deur die oranje
plakker op my hemp. Ek het vir hulle gesê dis 'n Jesus
plakker en vir hulle een gegee. Vir die kinders het ek WSJD
armbande gegee en eenvoudig net vriende probeer wees met die
gesin wat belangstelling in my plakker getoon het. Vantevore
het ek bendelede gehad wat vir my gevra het wat dra ek in my
sak. Dit was vir hulle so netjies. Ek het vir hulle gewys dis
Bybels en dikwels het hulle na Christus gekom as ek teenoor
hulle getuig het. Verseker kan God iemand se nuuskierigheid
prikkel. Verseker het God afgekyk en dit vir my gereël
om aan hierdie tafel te wees. Ek het oor my skouer gekyk en
lede van die kerkgroep rondom my by nabygeleë tafels sien
sit. Hulle het verwag God gaan beweeg en Hy het.
Terwyl almal gekyk en gewag het, vra ek vir 'n
jongmeisie aan tafel na haar verhouding met Christus. Sy het
afvallig geraak van Hom. God het reeds begin werk in haar lewe
en sy het vinnig terugge-keer na Christus. Haar naam was Alyssa.
Ek het nuwe vriende in Kalifornia gemaak en 'n ander persoon
het na Christus gekeer. Minder as tien minute het verloop sedert
ons in die parkeerplek stilgehou het en twee mense is nou gered.
Prys God! Hy was besig om te beweeg in die midde van almal van
hulle wat toegekyk het.
Vervolgens het ek vir die pastoor gesê
dat die Heilige Gees my na twee persone gelei het en dat ek
wil hê hy moet my bystaan. Ek het die dame na wie Hy my
lei aan die pastoor uitgewys. Ek het gedink ons kon haar mis
voordat ons haar kon bereik. Sy was by die toonbank besig om
vir haar petrol te betaal by die petrolpomp langs McDonalds.
Ons het uitgegaan en buite gewag. Toe gaan sy na die openbare
telefone en ons het gewag. Uiteindelik het sy by ons verby gestap
en het ons 'n geleentheid gehad om met haar te gesels. Dit het
geblyk dat haar kredietkaart verwerp is en dat sy nou kans gehad
het om te wag en met ons te praat. Sy het vir 'n familielid
gewag om vir haar petrol te kom betaal.
Ons het haar verskeie vrae gevra in verband met
haar verhouding met Christus. Sy is groot gemaak in 'n denominasie
wat nie vir Christus ken nie en het kort vantevore besluit om
nie langer hierdie doktrine te volg nie. Dit het geblyk dat
sy gereed was vir 'n persoonlike verhouding met Christus. Ons
het die Skrifgedeeltes aan haar gewys en sy het Christus leer
ken. Haar naam was Regnal. Prys die Here vir die dag toe sy
Christus gekies het. Sy het toe na 'n naam van 'n kerk gevra
wat sy kon bywoon. Toe het ek haar voorgestel aan die pastoor
wat langs my gestaan het. Hy het met Regnal begin deel en dadelik
ook meer in verband met Christus met haar gedeel. Dit het voorgekom
asof Regnal dit geniet om die pastoor te ontmoet en het 'n uitnodiging
aanvaar om sy kerk te besoek. Wat 'n vreugde om so baie van
die kerk en die pastore te hê terwyl ons in die strate
getuig!
Ons het nou nog een persoon gehad om mee te gesels.
Dit was die kassier. Ons het met haar gesels en dit het geblyk
dat sy verlore is. Sy het besef dat sy na Christus moes kom.
Voordat ons 'n sin kon voltooi, het die volgende klant na die
kasregister gekom. Ons moes ons getuienis sinnetjie vir sinnetjie
aanbied. Te midde van dit alles, het God nog steeds beweeg.
Ons het nie geleentheid gehad om saam te bid nie, maar ek het
haar aan die pastoor voorgestel. Ons het ooreengekom dat hy
later sou terugkom as dit nie so besig was nie om saam met haar
te bid en haar na Christus te lei. Ja, dit was heeltemal ongewoon,
maar God het beweeg.
Dit was nou die einde van ons getuienislewering
en ons was opgewonde oor wat God alles gedoen het. Ek was bly
dat almal 'n geleentheid gehad het om te kon sien hoe die Heilige
Gees in die lewens van mense in 'n restaurant opset kan beweeg.
Sypaadjies en strate
Getuienislewering op sypaadjies en strate is
my geliefkoosde tipe van getuienis. Wanneer jy iemand op 'n
sypaadjie benader, is hulle buite hulle bekende omgewing en
is dit meer waarskynlik dat hulle sal reageer.
Moet nooit teolaat dat vrees enige plek in jou getuienis kry
nie. Alhoewel jy jou in 'n vreemde gebied bevind, onthou dat
jy daar is vir heel belangrikste rede op aarde. Jy is daar om
Christus te deel en jy behoort nie bang of skaam te wees nie.
Romeine 1
16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus
nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat
glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
Een aand terwyl ek besig was om langs sypaadjies
en 'n parkgebied te getuig, het iemand aan my 'n verhaal vertel
wat ek nooit sal vergeet nie. Die jongmense met wie ons gepraat
het, was met 'n bende geassosieer. Of hulle bendelede was of
nie, het niemand geweet nie. Dit het hulle verbly om ons dappere
getuienis te sien om in die nag in die park en stege te wees.
Hulle het ons vertel van 'n wit paneelwa wat van tyd tot tyd
in die park inry en traktaatjies deur die venster na hulle toe
gooi. Die bendekind het gesê : "Ek reken hulle voel
nou beter." Kon dit wees dat die jongmense wat die traktaatjies
na mense uitgooi, meen dat hulle die groot opdrag uitvoer om
die evangelie te deel. Jou getuienis sal nooit effektief wees
as dit nie persoonlik en vermeng is met liefde vir alle mense
nie.
Tydens 'n ander aand, in dieselfde park, het
'n man met 'n fiets langs een van die paaie in die park gery.
Ek het iets vir die man gesê en hy het tot stilstand gekom.
Toe ek my hand na hom uitreik, merk ek op hoe wit sy hand is.
Dit het gelyk of daar poeier op was. Toe, terwyl ek uitreik
na sy hande, sien ek sy gesig. Sy oë was so moeg en sy
neus was vol poeier vanaf sy neus reg af tot by sy hemp. Toe
weet ek - hy het kokaïene gesnuif voordat ek hom ontmoet
het. Op daardie oomblik het ek besef hoe vuil daardie hand was.
Dit was vol verdowingsmiddels en vloeistof uit sy neus. Ek sal
egter nie toelaat dat dit my verhinder om sy hand te neem en
om hom te groet nie. Ek het sy hand geskud en gesê dat
God hom liefhet en omgee vir mense en Sy boodskap met hulle
wil deel. Sy naam was Charles.
Hy was gereed om die boodskap van Christus te
ontvang en daardie aand het hy saam met my gebid. Ek sal altyd
die man met die kokaïenehand onthou. Ek sien hom van tyd
tot tyd in ons stad en hy dra sy klein Nuwe Testamentjie saam
met hom oral waar hy gaan. Laat een aand terwyl ek by 'n petrol-pomp
getuig het, het hy na my toe gekom en gesê : "Onthou
jy my nog?" "Charles, is dit jy?" het ek gesê.
Hy was so gelukkig en het so dramaties verander dat ek hom byna
nie erken het nie. Hy het nou soos 'n heel ander mens gelyk.
Hy was so aangegryp dat ek sy naam onthou het. Ek het kennis
gekry dat Charles 'n ruk later oorlede is. Ek het geweet dat
God daardie aand gereël het om Charles te ontmoet. Wat
sou gebeur het as ek nie daardie vuil hand daardie aand in die
park geneem het nie? Sou Charles vir Christus ontmoet het? Ek
glo God het Charles so lief gehad het dat hy sy Seun gestuur
het om vir sy sondes aan die kruis te sterf - net soos wat Hy
vir jou gedoen het. Moet nooit na die toestand van lewens kyk
as jy bedien nie. Laat God jou gebruik om alle mense te bedien.
Byna 'n jaar na Charles se dood was ek een aand
besig om te getuig en het ek 'n dame na die Here gelei. Daardie
aand het ek gedink dit was 'n tipiese getuienis, maar toe ek
aan haar 'n Nuwe Testament oorhandig, kyk sy daarna en sê
: "My pa het een van hierdie vir jare gedra en dit elke
dag gelees. Dit het 'n plakker net soos hierdie een op gehad."
Ek het gevra wie haar pas was en haar antwoord was : "Charles."
Sy het gehuil toe sy hoor dat dieselfde persoon wat haar pa
na Christus gelei het ook haar so pas na Christus gelei het.
Sy het my vertel dat haar pa die Nuwe Testament wat ek hom gegee
het oral saam gedra het waar hy gegaan het. Volgens haar het
hy gehoop om saam met my in die strate te gaan getuig en dat
hy besig was om homself voor te berei deur die Nuwe Testament
deur te lees. Toe ek daardie aand weggestap het, het ek geweet
God het daardie spesiale aand vir my en Charles se dogter gereël.
Ek het geweet dat God sonder enige twyfel in beheer was van
alles wat gebeur het.
Kroeë en nagklubs
Ons beveel nie aan dat enige iemand in 'n kroeg
getuig wat in die versoeking gestel gaan word deur so 'n omgewing
nie. Ek het stories gehoor van iemand wat uit hierdie lewensstyl
gekom het en weer begin getuig het om weer eens in sonde verstrik
te raak. Daarom, as jy van voornemens is om in kroeë in
te gaan, maak seker dat jy vir hierdie soort bediening geroep
is en dat jy nie onlangs uit hierdie omgewing uitgekom het nie.
Dit is 'n totaal eiesoortige getuienis en kan baie vredevol
en soms baie plofbaar wees.
Wanneer jy in 'n kroeg getuig, is dit baie belangrik dat jy
nooit 'n woord sê wat enige iemand veroordeel nie. Jou
woorde kan dikwels in 'n kroeg verkeerd vertolk word en tot
'n argument lei.
Wanneer ek in 'n kroeg ingaan om te getuig, kies
ek gewoonlik iemand uit wanneer ek die eerste maal ingaan en
beweeg ek stadig en getuig ek teenoor een persoon op 'n keer.
Indien jy probeer om te vinnig die kroeg te dek en te vinnig
te beweeg, sal jy gevra word om te gaan. Ek bestel nooit enige
iets in 'n kroeg nie. Ek gee ook nie voor dat ek 'n klant is
nie. Indien jy te veel traktaatjies in die kroeg uitdeel, sal
jy gevra word om te vertrek. Moet nooit 'n persoon se drinkery
bespreek nie of hoekom hy in die kroeg is nie. Ek spreek slegs
tot die hart en nie oor hulle gewoontes of probleme nie.
Respekteer outoriteit en privaat eiendom
Van tyd tot tyd wanneer jy in openbare plekke
getuig sal jy te doen kry met wetstoepassers wat vir jou mag
vra om te gaan. Alhoewel jy die reg het om in 'n openbare plek
te getuig, is dit van uiterste belang dat jy sal saamwerk met
wetsafdwinging. Moet nooit in 'n skermutseling met 'n wetstoepassingsoffisier
betrokke raak nie. Polisie is daar om vrede te bewaar en om
jou veiligheid te verseker. Indien jy 'n voort-durende probleem
met wetsfadwinging het wat jou versoek om 'n gebied te verlaat,
behoort jy dit aan jou leraar te rapporteer en laat hy met die
polisiedepartement onderhandel enige misverstand uit die weg
te ruim.
Om 'n getuie te wees, beteken dat ons gesag moet
respekteer en in vrede leef. Ek onthou die Romeinse soldaat
wat Christus se boodskap en die gesag van sy regering verstaan
het :
Matteus 8
8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê
: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek
net 'n woord, en my kneg sal gesond word.
9 Want ek is ook 'n man onder gesag, en ek het soldate
onder my. En vir hierdie een sê ek : Gaan! En hy gaan;
en vir 'n ander een : Kom! En hy kom; en vir dienskneg : Doen
dit! en hy doen dit.
10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan
sy volgelinge gesê : Voorwaar Ek
sê vir julle, selfs in Israel het Ek so'n geloof nie gevind
nie.
Ons moet te alle tye met winkeleienaars en hulle
in gesagsposisies saamwerk wat vra dat ons sal gaan. Somtyds
kan die teenwoordigheid van te veel mense wat in 'n bepaalde
gebied getuig 'n probleem skep vir wetstoepassing. Wetstoepassers
is telkens besorgd as 'n groot groep mense snags in 'n bepaalde
gebied byeenkom.
Gedurende my getuienis ervaring is ek selde gevra
om privaat besighede en openbare plekke te verlaat. Sonder uitsondering
het ek altyd saamgewerk. In baie kroeë en klubs waar ons
getuig het, is ek egter gevra om te gaan. As te veel persone
'n kroeg binnegaan sal dit ontwrigting veroorsaak of as jy druk
uitoefen sal jy gevra word om te gaan. Kroeë is privaatbesit
en jy sal moet saamwerk. In kroeë in baie swak gebiede,
sal ek die eienaar se toestemming vra of hulle vertel wat ek
daar doen. Dikwels laat hulle my dan toe om plakkers uit te
deel en teenoor 'n paar mense te getuig, veral as ek 'n tydsbeperking
plaas op hoe lank ek daar gaan wees.
Ek was in die ergste kroeg in ons gemeenskap
wat byna elke aand toegesluit word weens gevegte en verdowingsmiddels.
Toe ons die aand besluit om in te gaan, was daar omtrent vyftien
mense wat in opleiding was in die parkeerarea. Slegs 'n paar
van ons het egter na die kroegdeur gegaan. Ek het na die deur
gegaan, maar die uitsmyter wou my nie inlaat nie. Ek het vir
hom gesê dat ek moes ingaan om met die mense te praat
dat God my daarheen gelei het. Ek het ook gevra om met die bestuurder
te praat. Hy het my ingenooi en die bestuurder het ook ingestem
dat ons kan inkom en hy het uitgegaan om ook die res van die
groep in te nooi. Ek kon nie glo dat hy al vyftien van ons in
hierdie kroeg toegelaat het nie. Ons is vyftien minute gegee
om ons boodskap te deel en dan moes ons vertrek. Ek dank God
vir die ervarings wat ons kon beleef en dat Hy ons guns teenoor
alle mense gegee het. Dit is die derde kroeg wat ek ooit in
was - en wat 'n ervaring. Elke bestanddeel wat jy jou kan voorstel
is gerook en gedrink. Dit was so hartseer om die afhanklikheid
te sien. Almal van ons wou daardie aand almal vir Christus bereik
het. Dit het 'n beweging van God gekos om ons daar in te kry
en ons het gebid dat selfs tot vandag toe nog lewens aangeraak
sal bly as gevolg van ons besoek aan daardie kroeg. Verwag dat
God in beweging sal kom en jy sal groot vreugde ondervind wanneer
jy die resultate van Sy bewegende hand sien selfs in die lewe
van 'n ongeredde kroegeienaar om die weg te berei om ander vir
Christus te wen.
Getuienislewering in die reën
Daar was 'n aantal geleenthede dat dit gereën
het terwyl ons in die strate getuig het. Ons laat nie toe dat
die weer ons kortwiek om uit te gaan nie. Ons getuig eenvoudig
waar ons kan en waar die mense is. Jy kan jou spanne na 'n laundromat,
bushaltes, lughawe, winkelpleine, toegemaakte sypaadjies, ontspan-ningsgebiede
en winkelsentrums neem. Elkeen van hierdie gebiede het hulle
eie uitdagings en opwinding. Ons het gevind dat daar in 'n armoedige
gebied 'n groter oes te vind is. Baie verarmde mense is sonder
hoop en hulle vind dit uitsonderlik dat mense vir hulle omgee.
Bushaltes en laundromats is dikwels gebiede waar 'n mens armoede
en behoeftigheid vind. In die bediening van Christus vind ons
dat Hy altyd beweeg is deur behoeftigheid en dit is vandag nog
steeds die geval :
Matteus 9
35 En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan
en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk
verkkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
36 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel
vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat
geen herder het nie.
37 Toe sê Hy vir sy dissipels : Die
oes is wel groot, maar die arbeiders min.