Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike Straat en Bendebediening

Bediening in die strate van die nag en in middestede is opwindend. Hulle wat tot hierdie bediening geroep word moet daarop voorberei word om mense te ontmoet sonder hoop is en 'n behoefte aan Christus het. Dit is my belewenis dat stedeverskillende stemminge op verksillende tye het. Gedurende die dag is elkeen opgevang in 'n besige program en sal dikwels te haastig voorkom om met jou te praat terwyl jy getuig. Daarteenoor, gedurende die nagtelike ure en oor naweke kom mense meer op hulle gemak voor en is hulle gewillig om na jou getuienis te luister.
Baie mense het vir ons gevra hoe om teenoor bendes en mense in die nag te getuig. Ons hoop dat die lering en verhale in hierdie hoofstuk vir julle moed en kennis sal gee wat julle sal help om met hulle te deel wat ander dikwels veroordeel. Die lering in hierdie hoofstuk word slegs aanbeveel vir volwassenes wat tot hierdie bediening geroep is. My eie roeping het my tot diep in die middestede van Amerika en die strate van die nag geneem. Sonder die roepstem van God en liefde vir alle mense, sou ek nooit die stap geneem het tot in baie van die gebiede waar ek nou op my gemak voel nie.

In werklikheid vind ek dit makliker om in die nag te getuig. Dit is soveel pret met al die mooi ligte, die opwinding en om nie te weet wat volgende gaan gebeur nie. Ek sê vir ander : "Maak dit vir jouself maklik." As jy geroep is en jou hart is op nag en bendebediening gerig, sal ek voorstel dat jy afskop deur naby restaurante of kettingwinkels te getuig wat naby 'n gebied geleë is wat jy hoop om in die toekoms in te dring met die getuienis van Christus. In plaas van om in te gaan tot in die midde van die bendes, stel ek voor dat jy hulle na jou toe laat kom deur te getuig in publieke plekke wat dikwels deur hulle besoek word. Binne afsienbare tyd sal jy vriende raak met hulle wat jy graag wil bedien. Wanneer jy vertroud raak met die mense en hulle met jou vertroud is, dan sal jy op jou gemak voel om in die strate uit te gaan waarheen die Here jou ookal mag lei.

2 Korintiërs 4
3 Maar as die evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
6 Want God wat gesê het dat daar uit die duisternis lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

Jou kommunikasie met hulle in die strate moet op die jeug gerig wees. Ek sou jou kommunikasie beskryf as dieselfde as 'n jeugleraar. Die Skrifgedeeltes wat jy deel behoort òf moderne vertalings te wees òf 'n interpretasie van die King James Version. Indien jy direk uit die King James Bybel sou lees, sou jy gou hulle aandag verloor, want hulle sal nie die ouer Engelse styl verstaan nie.*

Ek sal nie aanbeveel dat jy enige iemand in die strate oplaai en 'n rygeleentheid êrens heen gee nie. Verdowingsmiddels en onwettige vuurwapens is in die strate aan die orde van die dag en jy kan jouself groot probleme op die hals haal as jy deur wetstoepassers voorgekeer word en die persoon in jou voertuig is in besit van onwettige stowwe of vuurwapens. Jy moet versigtig wees om enige iets van iemand in die strate in ontvangs te neem. 'n Daklose vriend van my het 'n eenvoudige pyp in die strate opgetel en toe hy gearresteer is, het hulle die pyp in sy rugsak gevind. Hy was onbewus daarvan dat daar dwelmoor-blyfselfs in die pyp was. Uiteindelik het een nag se oorbly ses maande tronkstraf geword as gevolg van die pyp.

Ek gee aan niemand in die strate geld nie. Ek sal saam met hulle na 'n restaurant stap of vir hulle gaan kos en gebottelde water koop en dit aan hulle gee. Dis christene se verantwoordelikheid om die hongeres te voed. Ek moedig jou aan om die minderbevoorregtes te help. Hou adresse en telefoon-nommers van die verskeie hulpinstansies byderhand. Dikwels as hulle na Christus toe kom, soek hulle 'n blyplek om hulle uit hulle vorige assosiasies te onttrek. Ek sal nie voorstel dat ander in die strate jou na sulke plekke neem nie. Ek sal in goed verligte gebiede bly en nie saam met hulle in ou geboue ingaan nie. Jy sal jouself in 'n gevaarlike situasie bevind of jou aan betreding skuldig maak. Wees uiters versigtig as jy strate oorsteek. Wanneer jy in 'n middestad oor 'n straat stap, moet jy nie verwag motors gaan vir jou pad gee nie. Kyk waar jy loop in die strate, die sypaadjies en die stege. Die middestede is vol oorblyfsels van spuitnaalde, flesse, gebreekte bottelstukke en baie ander besmette afval.

Straatetiket

Daar is 'n straatkode : Moenie vir ander vertel wat jy gesien en gehoor het nie. Dikwels sal mense dinge oor hulleself en ander met jou deel. Beleefd onderbreek hulle dan en sê dat ek nie nodig het om hierdie dinge te weet om hulle te help of om vir hulle te bid nie. Jy sal al meer respek in die strate afdwing as jy vertroulikheid respekteer. Dit is ook gebiedend noodsaaklik dat jy nie dinge aan spanlede in die straat herhaal nie. Jy kan maklik gebeur dat jy toevallig gehoor word en 'n situasie skep waardeur nie net jou eie lewe nie, maar ook die lewens van ander in gevaar gestel word.

Ek dink nie Jesus soek individue om hulle aan gesagsfigure oor te gee nie, maar eerder om die harte van hulle wat Hy ontmoet aan te raak. Ek onthou hoe ek op 'n keer vir 'n tyd lank deur geheime agente agtervolg is en hoe ongemaklik ek daarmee geraak het. Ek het so baie tyd spandeer in die middestad dat die wetstoepassers dit nie kon verstaan nie. Ek het na die Hoof van die Polisie gegaan en 'n ontmoeting met hom gehad en met hom gedeel wie ek is en waarvoor ek geroep is om te doen. Ek het vir hom gesê dat ek nie rekords hou en dat ek nooit sal herhaal wat ek gehoor het nie. Die Polisiehoof het verstaan en my die beste toegewens. Hy het gesê dat elkeen wat ek in staat was om te bereik, een persoon minder was met wie hy moes onderhandel. Sederdien is ek vrye toegang verleen deur almal in elke deel van die stad. Ek wend geen poging aan om op straat teenoor die polisie te getuig nie. Ek dank God vir hulle teenwoordigheid in die strate, maar ek kan nie by hulle gesien word en tyd met hulle deurbring en dan in die nag in die stege instap nie. Ek wil nie hê dat my bedoelings verkeerd vertolk moet word deur hulle wat ek moet ontmoet nie. Ek wil van harte aanbeveel dat jy behoorlike identifikasiedokumente met jou sal saamneem sodat jy dit op aanvraag aan 'n wetstoepasser kan toon. Laat groot bedrae geld en kredietkaarte by die huis. Ek neem ook niks kosbaars saam met my op straat nie. Jy kan nie rondloop met die vrees dat jy iets belangriks kan verloor nie. Dit is nodig dat jy dinge wat wat jy gaan weggee met jou saamdra. Gee Bybels, WSJD armbande, traktaatjies en plakkers weg. Maak jou sakke daarmee vol. Dit is die beste manier om jongmense voor te keer en na jou te laat luister in die strate.

Jou kleredrag op straat is baie belangrik. Ek trek baie informeel aan as ek snags strate toe gaan. Ek dra Nike klere met groot sakke om traktaatjies en Bybels in te plaas. Ek dra gemaklike waterbestande klere. Hoe meer jy uitgaan hoe meer sal jy waterbestande klere waardeer. Dit kan gebeur dat jy kilometers ver van jou motor af te midde van 'n reënbui is. Die meeste van hulle wat ek in die strate ontmoet, trek op hierdie manier aan. Sommige bendelede trek aan om met die kleure blou, rooi of geel te vereenselwig. Ek steur my nie veel hieraan nie. As ek bewus is daarvan dat 'n gebied deur kleure uitgeken word, dan trek ek 'n swart Nike langbroek en 'n wit breistofhemp aan. Ek vereenselwig my nie met bendekleure nie. In gebiede wat deur bendelede beset word, dra ek 'n Bybel om as 'n volgeling van Jesus Christus uitgeken te word.

Ek kan onthou hoe ek een nag in Los Angeles, Kalifornia, uit 'n hotel in die strate in gestap het. Ek het so ver gestap as wat ek kon en nog steeds het ek die bokant van die hotel waarin ek gebly het gesien..Ek het onmiddelik bendelede teëgekom en besef dat ek 'n probleem het. Hulle was as "Bloods" geklee en het rooi gedra met rooi "bandanas". Ek het eerste met grootste ou gepraat. Hy was regtig onbeskof. "Jy beter hier wegkom", het hy gesê. "Jammer ou", het ek gesê, wanneer laas het iemand na jou toe gekom net om te sê ek gee om vir jou?" "Jammer", het hy gesê. "Wat het jy nodig?" Sonder voorbedagte rade het ek die kleure van die "Crip-bende" gedra, want ek het blou aangehad. Dank God vir sy genade en barmhartigheid. God kon bedien en my klere was nie die saak waarom dit gegaan het nie. Gaan net en verhef Jesus en laat Hom bekommer oor die besonderhede. Doen wat jy in die natuurlike wêreld kan doen en God sal die bonatuurlike doen.

Johannes 12
32 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.

Twee gered in Los Angeles, Kalifornia

Toe ek uitloop uit 'n restaurant, het die twee ouens wat ek vroeër van binne die restaurant gesien het, voor my gestap. Ek het gaan stilstaan en my getuienis begin. Hulle name was Harry en José. Hulle het aan my verduidelik dat hulle nie na San Jose kon gaan nie as gevolg van die bende. Terwyl ek teenoor hulle getuig het, het ek aanhoudend polisievoertuie sien verbygaan en dat ons deur hulle dopgehou word. Harry en José het gesê : "Die polisie is bekommerd dat ons jou sal wegblaas". In my getuienis het dit duidelik geword dat hulle belang gestel het in wat ek te sê gehad het en hulle was aangeraak deur die feit dat ek tyd met hulle tyd spandeer om met hulle te deel. Ek het die Skrif met hulle gedeel en 'n uitnodiging gemaak om Christus aan te neem. Hulle het gesê hulle twyfel of daar enige iets sal gebeur, maar dat hulle saam met my sal bid. "Dit sal doen", het ek gesê. Ek het geweet die Here het my na daardie twee jong
mans gelei en dat Hy die werk sal doen as hulle Hom net gelowig sou vra. Ek het ander op straat sien bid om Christus in te nooi en verwag het dat daar niks sou gebeur. Ek het hulle in gebed gelei om Christus aan te neem en hulle het hardop in hulle bende uitrusting met toe oë gebid. Glimlaggend het hulle opgekyk en my bedank. Ons het 'n rukkie gesels en toe anders begin klink. "Haai, ouens", het ek gesê, kan julle julleself hoor? Julle klink anders." Hulle het na mekaar gekyk en geglimlag. Hulle het erken dat hulle anders gevoel het en so bly was dit hulle gered is. "Nou kan ek uit die tronk uit bly", het Harry gesê. "Ek kon nie aanhou doen wat ek gedoen het en aanhou tronk toe gegaan het nie." Harry en José het my een van die grootste drukke gegee wat ek ooit gekry het. Hierdie ouens was die moeite werd om oor die 2,000 km voor te vlieg om te ontmoet. Die meeste bendelede wat op straat gered word, waardeer dit dat iemand in die nag in die strate inkom om Christus met hulle te deel.

Nagtelike straathoek getuienis in Los Angeles, Kalifornia

Terwyl ons op 'n straathoek getuig het, het 'n besope man beledig gevoel en 'n paar vriende gaan haal om ons te kom wegjaag. Ek het omgedraai en hulle sien aankom en natuurlik gesproke het dit gelyk of ons in die moeilikheid was. Twee baie sterk manne was op die punt om teen ons te staan te kom. Snags in die strate bring die Here dikwels vrede in situasies. Alles het verander toe ons met hulle gepraat en vir hulle gebid het. Binne enkele oomblikke het Lawrence en Benny hulle tot die Here gekeer. Ons het ontdek dat hulle onlangs uit die tronk ontslaan is en hulle het vertel dat hulle na 'n partytjie op die straathoek gesoek het. Ons het geweet hulle gekom om ons van die straathoek te verwyder. Dit was so asemrowend om so 'n vinnige verandering in die lewens van hierdie manne te sien.

Strate in die nag in Fort Smith, Arkansas

Ek roep een aand in die strate in herhinnering toe 'n man langs my in sy motor kom stilhou het. Hy het met my begin deel dat hy op pad was om sy vrou en daarna homself te gaan vermoor. Ons het gesels en gebid. Die man se hart het verander en so ook sy begeerte om dood te maak. Baie van die nagtelike ontmoetings op straat is dinamies van aard. Ons het gesien hoe ons eie lewens gered word en dikwels ook ander lewens wat op die punt gestaan het om selfmoord te pleeg.
Na my gesprek met die man in die motor, toe ek op die sypaadjie klim, was ek skielik van aangesig tot aangesig met 'n man wat 'n koplengte langer as ek is. Hy wou my geld hê. En alhoewel ek baie naby aan hom was, het ek nog nader gestaan en gesê dat ons moet saambid. Die man het omgedraai en vinnig weggestap. Ek sal nie enige iemand aanbeveel om dit te doen om iemand te intimideer nie. Ek het slegs gedoen wat ek gevoel het ek moes doen. Ek het die dreigement teen my lewe geïgnoreer en die hart van 'n man in nood gesien. In werklikheid was ek hartseer dat hy geloop het. Ek wou so graag met hom gepraat het. Laat jou hart deur nood gedryf word en sien die seer van iemand. Jesus se lewe is deur die behoeftes van mense gemotiveer.

Matteus 14
14 En toe Jesus uitgaan, het Hy 'n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.

Ek onthou die eerste aand toe God my geroep het om uit te gaan om op my eie te gaan getuig. Ek het in 'n middestadstraat buite 'n kettingwinkel en langs die strate getuig. Ek het om middernag uitgegaan en verskeie ure uitgebly. Ek het 'n man ontmoet wat omtrent 100kg swaarder as ek is en sy hand was so groot dat hy drie vingers aangebied het toe ek my hand uitgesteek het om hom te groet. Ek het teenoor hom getuig en ek het so gehoop dat hy Christus sou ontvang. Hy het saam met my gebid en hy het so geglimlag dat ek al sy gekroonde soliede goue tande kon sien. Om sy nek was daar ook 'n goue ketting. Ek het gedink hy was 'n bendelid, maar ek was nie seker nie. Toe ek in die kettingwinkel instap, was die persoon by kasregister in trane en vir my gesê dat ek so pas die hoofbendeleier waarna opgesien is na Christus gelei het. Sy het voortgegaan en vertel dat hy op dieselfde plek waar 'n seun deur 'n bendelid doodgeskiet is saam met my gebid het. Hierdie man kom so vriendelik voor en tog was hy so hard. Ek en hierdie man was vir meer as 'n jaar vriende en ons het dikwels met mekaar gesels. Ongelukkig is hierdie man een nag aangekeer. Hy het sy huis, 'n beperkte model Cadillac Seville en al sy vriende verloor. Later het ek uitgevind dat sy invloed oor bendes in verskeie stede en state gestrek het. Ek was bewoë omdat hy vir die res van sy lewe in die tronk sou deurbring. Die man wat deur almal in die strate gevrees is, het my vriend geword en ek het hom gemis. Ek bid dat hy sal aanhou om Christus te ken en dat hy sal onthou dat al gee niemand meer om nie, is daar een prediker in die strate van die nag en die Here wat omgee. Dit is waaroor dit alles nagstraat getuienis gaan. Dit is omtrent iemand wat bereid is om om te gee.

Ek het een aand vir 'n bendelid in 'n restaurant gevra hoe kan ek hulle gebied betree om te getuig. Sy antwoord was : "Behandel hulle net soos jy my behandel en alles sal reg wees." Ek het geweet hy is reg, want dit is wat ek doen. Ons moet elkeen dieselfde behandel ongeag hoe hulle lyk en hoe hulle voorkom. Neem tyd in jou bediening voordat jy uitbeweeg in die strate in die nag en laat God liefde vir alle mense in jou hart kweek.

Gedurende 'n ander nag in die strate is ek na 'n dwelmhuis waar 'n aantal bendelede op die stoep gesit het. Twee van hulle se name was Mole en Jesse. Hulle was baie gawe jong mans. Ek het Christus se boodskap aan hulle gebring en hulle het gesê : "Verseker sal ons saam met jou bid." Daardie aand het ons almal, ons hoofde gebuig, hande gevat en gebid. Hulle het hulle oë oopgemaak en altwee het tersslfdertyd gesê dat hulle nou kan sien. "Wat bedoel julle?" het ek gevra. "Al die duisternis is weg", het hulle gesê. Toe Christus in halle herte ingekom het, het die Here hulle van hulle verslawings en sonde bevry. Alhoe-wel hulle nie verwag het dat daar iets sou gebeur het nie, is hulle gered en het hulle in geloof en eerbiedig-heid tot Christus gebid.

Omtrent 'n jaar later het ek my in Jesse vasgeloop. Hy was 'n bietjie ontsteld met my. "Wat is verkeerd? het ek gevra. "Julle ouens het nooit terug gekom om ons kerk toe te neem nie," het hy gesê. Ek het my verskoning teenoor Jesse aangebied. Ek het hom vertel dat die leraar wat saam met my was sou kom aandoen om te sien hoe gaan dit met hulle. "Wel, hy het nooit gekom nie," het hy gesê. "Ek lees nog steeds my Bybel. Ek doen niks verkeerd nie. Ek kan net so goed in die kerk wees." Ek het daardie dag gesien dat ten spyte van ons onvermoë om hulle op te volg, het God hulle steeds bewaar. Ek wood dikwels vanuit godsdienstige oorde gekritiseer wat sê : "Dit dien nie enige goed om iemand in die strate na Christus te lei nie. Hulle sal nooit kerk toe kom nie." Dink hulle dit is makliker om 'n ongeredde persoon in die kerk te kry? Onthou, God kan hulle wat ons na Hom toe lei bewaar. Dit is in elk geval belangrik om hulle wat ons na Christus gelei het op te volg.

Laastens beveel ek aan dat jy dikwels in die strate bid. Gebiede in die middestede is dikwels hewig en die geestelike oorlogvoering sterk. Somtyds bid ek een keer en alles is wel. Ander kere weer moet ek elke vyf minute bid voordat ek resultate sien. Onthou ook om die vyand te bind en om die teenwoordigheid van God in die strate in te nooi. Jy sal die guns en die beskerming van God nodig hê om in die strate van die nag te bedien.

Matteus 16
19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind , sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Jou bediening sal so effektief wees as jou verhouding met Christus. Volg Sy leiding en sien of Hy jou eendag in die strate van die nag inlei om te deel met hulle sonder hoop en sonder Christus.

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer