Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Die opvolg van hulle wat onlangs na Christus gekom het, is baie belangrik. Verleen hulp aan jou kerk se besoekspan om hulle wat na Christus gelei is op te volg. As julle nie 'n opvolgspan het nie, stel een saam. As jy oor genoeg kennis beskik om te getuig, het jy genoeg kennis om 'n opvolggroep te lei. Opvolg sal resultate oplewer in die lewens van hulle wat na Christus toe kom. Julle sal 'n hoër kerkbywo-ningsyfer of persone wat vir Christus gedissipelleer word hê, as julle hulle weer besoek. Opvolg is 'n sleutel tot effektiewe evangelisasie.

In Handelinge 14 sien ons dat Paulus vasberade is om hulle met wie hy sy lewe gedeel het op te volg. Alhoewel Paulus gestenig is en vir dood agtergelaat is, het hy homself opgebeur en teruggekeer na die stede waarvandaan hy gekom het. Dit stel die patroon vir opvolgwerk onder nuwe bekeerlinge. Dit beklemtoon die behoefte om terug te keer na hulle wat jy bedien het. Om hulle te help om versoekings te weerstaan wat ons almal in die gesig staar en om met hulle te deel hoe om Christus te volg.

Handelinge 14
19 Maar daar het Jode van Antochië en Ikonium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.
20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.
21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochië,
22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê : Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Ek gebruik dikwels die term "opvolg evangelisasie". Ek het agtergekom dat wanneer jy die huis van 'n nuwe bekeerling besoek, word jy dikwels in die huis verwelkom. Toe jy die persoon met jou aanvanklike getuienis teëgekom het, was jy 'n vreemdeling en nou is jy 'n vriend. Wanneer jy toegelaat word in die huis kan dit 'n geleentheid word vir ander in hulle huis om na Christus te kom. Ek het dikwels gesien dat die hele gesin na Christus kom.

'n Ander doel met die opvolg, is om die persoon aan die waterdoop te herhinner. Hulle begeerte om Christus se Groot Opdrag om gedoop te word te vervul, kan die geleentheid word wat die Here gebruik om hierdie persoon na jou kerk te bring en sodoende die dissipelskapsproses te begin. Dit is belangrik om nuwe bekeerlinge kerk toe te neem en tussen ander te wees wat hulle kan bystaan. Wees gereed om die waterdoop te verduidelik, maar moenie die persoon onder druk plaas nie. So dikwels het ek gesien hoe God oor baie jare heen mense se lewens verander. Gee aan God hierdie geleentheid en wees geduldig met iemand. 'n Vriend van my is gered en ek was bewus van baie areas van sy lewe wat nie in orde was nie, maar ek het hom nooit veroordeel nie. Ek het hom oor 'n tydperk dopgehou en was verbaas dat hy byna 'n jaar later besluit het om sy huis skoon te maak van dinge wat nie van God was nie. Hy het sy musieksmaak verander, voortdurend die Woord bestudeer en begin kerk bywoon. Wanneer jy God op so 'n manier in iemand se lewe sien werk, is dit 'n getuienis van die Here se reddende genade. Jou opvolg en bemoediging kan egter verseker dat die persoon sal voortgaan om Christus te volg.

Dit is so belangrik om die besonderhede van 'n nuwe bekeerling aan te teken om te verseker dat jy voldoende inligting het om hulle te besoek.

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer