Hoofstuk Veertien
Gebedsevangelisasie
Gebedsevangelisasie is die heel belangrikste deel van die getuienis
in die strate en deur tot deur evangelisasie. Dit is so belangrik
om intersessors te hê wat vir jou en jou spanne bid terwyl
julle in die strate is. Dikwels het ons intersessors by die
kerk op hulle aangesig voor God terwyl ons in die strate is.
Wanneer evangelisasie en gebed vermeng word, sien ons 'n groter
oes van siele. God word deur gebed beweeg en dit is die sleutel
om 'n buurt te evangeliseer. Ons behoort ons indringing van
die middestad te begin met gebed vir arbeiders.
Matteus 9
37 Toe sê Hy vir sy dissipels : Die
oes is wel groot, maar die arbeiders min.
35 Bid dan die Here van die
oes, dat Hy arbeieders in sy oes mag uitstuur.
Dit is nodig dat die kerk ernstig daaroor raak
om ons stede terug te neem. Ons het probeer om ons gemeenskappe
deur wetgewing te verander. Alhoewel hierdie dinge belangrik
is, moet die kerk besef dat ons op 'n hoër vlak behoort
te opereer en dit is in geestelike oorlogvoering.
Efesiërs 6
8 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed
nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers
van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in
die lug
Kerkdenominasies mag van mekaar verskil oor wanneer
Christus na die aarde gaan terugkeer en oor baie ander dinge.
Laat ons egter almal saamwerk en saamstem oor die dinge wat
ons in gemeen het en dit is dat Christus gekom het. Hy het na
hierdie wêreld gekom om die mensdom te red en Hy het die
prys vir elke siel betaal.
Hebreërs 9
9 …nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar
met sy eie bloed een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige
verlossing teweeggebring.
2 Korintiërs 5
21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde
vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Johannes 3
16 Want so lief het God die
wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat
elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige
lewe kan hê.
Ons kan sien dat die prys vir alle siele op aarde
deur Christus voor betaal is. Tog is daar steeds 'n voortsleuerende
oorlog oor hierdie siele. Die nimmereindigende oorlog vir stede
is op 'n geestelike vlak. Die geestelike slagveld is nie net
duisende kilometers ver op 'n sendingveld nie, maar ook in jou
stad. Buitelandse sending is belangrik, maar laat ons onthou
om tuisfrontsending te hê wat in die stede werk waar ons
woon. Jou stad en hulle wat daarin woon, is onder een of ander
beheer van satan. Ons sien die uitwerking wat die vyand daagliks
op ons stede het.
Die vyand teen wie ons in 'n oorlog gewikkel is,
meer as tweeduisend jaar gelede oorwin. Ons gebruik die outoriteit
wat aan ons in die naam van Jesus Christus gegee is. Christus
het gesag oor elke owerheid, mag en wêreldheerser. Dit
is deur gebed wat hierdie geestelike stryd gewen kan word.
Laat ons bid vir siele en arbeiders en sien hoe
hierdie oorlog vir God gewen word. Wanneer ons in die strate
is, moet ons in staat wees om tot die harte van mense te praat.
En nie tot 'n gemoed wat deur satan beheer word en die gevolge
wat dit het deur alkohol en dwelms op hierdie wêreld nie.
Ons het
goddelike afsprake nodig wat deur die Heilige Gees vir ons gereël
word. Die slagveld vir siele is in die geesteswêreld.
Die gebede van intersessors sal God se hand beweeg namens hulle
teenoor wie ons getuig. Dit sal die vyand bind om nie werksaam
te wees in die gedagtes en emosies van hulle met wie ons praat
nie. Dikwels sien ons die hand van God in 'n situasie. Meermale
staan ons verbaas oor die krag van God soos dit blyk wanneer
Hy beheer van omstandighede oorneem. Ons sien hoe Sy beskerming
op straat gedemonstreer word. Ons is opgewonde wanneer ons straat
toe gaan in die verwagting wat God volgende gaan doen.
Gebedsevangelisasie is die enigste manier hoe
ons gaan sien hoe stede vir Christus gewen word. Alhoewel intersessors
nie aan deure klop en op straat getuig nie, word hulle gebede
gevoel en die resultate gesien. Dit is belangrik dat intersessors
sal volhou en volhard wanneer julle in die strate is. Ander
se siele berus op hulle gebede.
Jesus Christus is die Heer van die oes en die
Heilige Gees bring oortuiging van sonde aan die siele met wie
ons praat. Ons vra dat die Here van die oes voor ons uitgaan
en die weg voorberei. Dikwels sien ons 'n klomp mense wat tegelykertyd
na die Here kom. Dit is is so mooi om te sien hoe Hy 'n hart
verander. Onthou om vir hulle wat vir Christus gewen is te bid
dat Hy hulle sal bewaar en dat die vyand daarvan gebind sal
word om in hulle lewens werksaam te wees.
Laat God vir jou jou stad wys en Sy liefde vir
almal in jou stad. Bid dat Hy vir jou sy hart sal wys vir die
verlorenes en die seergemaaktes. Dit is God se begeerte dat
jy Sy meegevoel en genade vir ander sal ervaar. Dit is nodig
dat ons verby ons eie behoeftes sal kyk en die behoeftes van
ander sal raaksien. God het verby al ons sondes en al ons foute
gekyk en neergebuig en ons siele gered.
Efesiërs 2
4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons
deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak
saam met Christus - uit genade is julle gered
Johannes 13
35 Hieraan sal almal weet dat
julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
In die Woord vra God ons dikwels om liefde teenoor
mekaar te betoon. Alhoewel dit belangrik is om liefde teenoor
mekaar te betoon, wil ek iets wonderliks voorstel : Ontvang
Sy liefde op so 'n manier in jou lewe dat jy gedryf word om
dit met ander te deel. Sy liefde sal veroorsaak dat jy 'n hart
het vir die verloregaandes en die verarmdes. Sy liefde sal jou
beweeg om te bid vir hulle wat jy nog nie ontmoet het nie. Laat
God toe om deel van sy hart met jou te deel en kom saam in gebed
vir hulle wat seerkry. Hulle wat verlore is, kan nie hulleself
uit hulle omstandighede verlos nie en God begeer ander christene
om in gebed saam te stemvir Sy wil in hulle lewens. God word
beweeg deur gebed. Kom ons aanvaar die uitdaging om in 'n ander
dimensie van gebedslewe in te beweeg en om God toe te laat om
meer van Sy natuur in ons te plaas. Hy is op soek na kruike
om Homself in te stort.