Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Getuienislewering oor die telefoon skap 'n unieke geleentheid om iemand na Christus te lei. My feliefkoosde manier om tuis te getuig, is om met 'n telefoonbemarker te praat. Die meeste mense gooi dadelik en ongeskik die fone in hulle ore neer. Ironie genoeg kom ekagter dat baie van telefoonbemerkers verlore is of seergekry het of het weggekeer van God af. Dikwels bid hulle saam met my en sommige wy hulleself daaraan om Christus te dien.

'n Effektiewe getuie is 'n goeie luisteraar

As jy 'n effektiewe getuie oor die telefoon wil wees, is dit nodig dat jy 'n goeie luisteraar is. Laat die die persoon wat gebel het toe om hulle hele boodskap te bring en 'n volle aanbieding te maak. Maak seker dat jy hulle naam ken sodat jy dit in jou gesprek kan gebruik. Moenie haastig wees om na hulle verhouding met die Here te verneem nie. Allereers is dit belangrik om 'n tweerigting gesprek te probeer bewerkstellig. As jy hulle naam in jou getuienis gebruik, sal jy meer doeltreffend wees en die indruk laat van iemand wat persoonlik belangstel en omgee. Maak seker dat jy hulle naam vra as hulle nie hulleself voorgestel het nie. Stel jouself voor deur jou naam te vermeld. Meesal spreek telefoonbemarkers jou egter by die naam aan. Sodra die inleiding afgehandel is, is dit tyd om te luister.

Maak vriende deur 'n algemene gesprek

Wees versigtig en moenie jouself verbind aan enige verkope deur aan te hou nie, behalwe as jy werklik belangstel in dit wat hulle verkoop. As hulle klaar is met hulle verkoopsaanbieding, is dit jou beurt om 'n algemene gesprek te voer en vriende te maak. Somtyds begin ek deur te sê : "Ek stel altyd belang in waarvandaan mense bel." Dit lyk of dit vir my werk deur 'n algemene gesprek te begin. Jy kan vra of hulle van 'n goeie kerk in hulle omgewing weet. Vervolgens vra jy of dit die kerk is wat hulle bywoon. Daardeur stel jy vas of hulle kerk toe gaan of nie. As ek die gesprek goed aan die gang is, vra ek gewoonlik die "Vraag". Nou is dit die tyd om aandagtig te luister.

Lei hulle in gebed

Hulle reaksie is baie belangrik. Daarom moet jy aandagtig luister. As jy enige aarseling hoor of as hulle versigtig begin praat, behoort jy hulle te help. Sê vir hulle : "So jou saak is op die oomblik nie reg met God nie." Somtyds beteken 'n stadige reaksie dat die persoon onseker is as gevolg van die omstandig-hede van hulle lewe. In hulle gedagtes sien hulle alles wat hulle gedoen het as verkeerd aangesien hulle Christus ontvang het en wonder of hulle gered is. Wat 'n geleentheid om hulle tot redding, hertoewyding of geloofsekerheid te lei! Nou sê ek : "Kom, ons doen dit : Kom ons bid en vra God om jou te help en jou te lei." Wanneer hulle te kenne gee dat hulle saam met jou sal bid, begin bid ek vir hulle. Ek begin 'n gewone gebed en heg dan die sondaarsgebed daaraan. Gewoonlik, sonder enige uitsondering, bid hulle die gebed saam met jou deur. Bid met vertroue en laat hulle die gedeelte van die sondaarsgebed agter jou aan bid. Laat net die Heilige Gees toe om jou te lei. Onthou jy sal nooit 'n ideale omstandigheid hê om te getuig nie. Gebruik die geleentheid wat jy het.

Indien die persoon nie saam met jou wil bid of nie vir jou 'n kans wil gee om te bid nie, verskoon dan jouself van die lyn af deur te sê : "Mag die Here jou seën en gee dat jy genade in Hom mag vind." Nadat jy afgelui het, vra dat die Here hulle hart sal bereik. Ek het twee telefoonverbindings in my huis. Interessant genoeg, gebeur dit dat dielfde persoon weer bel en onthou dat hulle 'n paar minute gelede met my gesels het. Somtyds lei hulle tweede oproep daartoe dat hulle 'n oorgawe aan Christus maak. Somtyds is dit hoe naby die persoon na jou getuienis aan Christus is. Somtyds wanneer jou getuienis nie onmidde-like resultate van 'n besluit oplewer nie, lei dit tot goeie saad wat in hulle hart geplant is.

'n Voorbeeld van 'n getuienis

Een aand het 'n telebemarker, genaamd Nathan, vanaf Iowa gebel. Hy het lewensversekering verkoop. Ek het die geleentheid gebruik om teenoor hom te getuig. Ek vertrou dat hierdie verhaal aan jou 'n voorbeeld sal gee van hoe 'n eenvoudige gesprek daartoe kan lei om iemand se lewe te verander.

Ons moet op 'n konstante basis vir Christus getuig. Te veel kere mis ons geleenthede om die evangelie te deel. In hierdie spesifieke getuienis het ek ek iets interessants geleer. Allereers het ek vir Nathan toegelaat om met my te deel waarom hy my gebel het. Toe het ek vir hom gesê dat ek al die lewensversekering het wat ek nodig het. Vervolgens het ek vir hom gevra of hy 'n christen is. Om die gesprek persoonlik te maak, het ek dikwels sy voornaam gebruik. Hy het te kenne gegee dat hy gered is, maar nie so na aan die Here is soos hy behoort te wees nie. Hy het ook sy lewe met my gedeel en van 'n geleentheid vertel wat hy het om vir sendingwerk na Arizona te gaan.

Ek het vir Nathan gebid en met hom gedeel wat God besig is om te doen met menseharte in die strate. Hierdie getuienis het hom oortuig. Hy het homself hertoegewy en besluit om op die sendingtoer te gaan. Slegs 'n paar minute met Nathan, 'n persoon wat ek nog nooit eers ontmoet het nie, lei daartoe dat hy 'n verdere pad met die Here loop. Dit is so belangrik dat ons tyd spandeer om te getuig teenoor die harte van hulle met wie ons praat. Ek prys die Here vir die geleentheid om die heerlike evangelie te deel.

Nathan het 'n verhaal met my gedeel van 'n persoon met wie hy saamwerk as 'n getuienis van die krag van die Woord van God. Hy sê dat sy vriend 'n dame in Kalifornia gebel het wat probeer het om Christus met hom te deel. Sy vriend het haar spottenderwys na 'n medewerker verwys. Die volgende dag het die kollega werk toe gekom en aan sy kollega vertel dat sy haar hart vir die Here gegee het as gevolg van die woorde van die dame oor die telefoon. Die Woord van die Here is so kragtig. Dit word deur 'n geredde sondaar aan 'n ongeredde sondaar herhaal en hulle word gered. Ja, dit is die krag van die Woord van God wat redding bring.

Romeine 1
14 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Ons is maar net die boodskappers. Laat ons begin om hierdie getuienis met alle telebemarkers wat ons bel te deel. Laat ons ook geduldig wees met hulle wat oor ons pad kom. Selfs 'n onderbreking van jou daaglikse lewe is 'n geleentheid om te getuig. Die volgende keer as jou telefoon weer lui, deel Christus met iemand.

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer