Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor verlossing

Die onderstaande Skrifgedeeltes kan waar van toepassing met nuwe bekeerlinge gedeel word :

God het die mens met die vermoë geskape om te kan kies. Toe Adam gebore is, is elkeen wat van daardie punt af gebore is, in geestelike dood gebore.
Romeine 5
12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot allle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het …

Deur Een Mens is almal regverdig gemaak.
Romeine 5
19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

Ons verlossing draai rondom ons vereenselwiging met die offer van die Here Jesus Christus.
Hebreërs 12
2 …die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Christus is deur die Heilige Gees in die wêreld gebring.
Lukas 1
35 En die engel antwoord en sê vir haar : Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Aller-hoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God geneom word.

Jesus het homself leeg gemaak van goddelike voorregte.
Filippense 2
7 …maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem.en aan die mense gelyk te word.

Satan het geen wettige houvas op Christus nie.
Johannes 14
30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan my niks nie.

Jesus het ons sonde geneem.
2 Korintiërs 5
20 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Hy het ons vloek geneem
Galasiërs 3
13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word - want daar is geskrywe : Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang…

Ons is nuwe skepsels in Christus
2 Korintiërs 5
14
Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Die boodskap van Christus
Handelinge 13
25
En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê : Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom ná my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.
26 Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.
27 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.
28 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.
29 En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê.
30 Maar God het Hom uit die dode opgewek.

Hebreërs 9
12
… ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in die
heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring.

13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,
14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer