Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Wanneer ek mense op straat ontmoet, hanteer ek dikwels gevoelens van hulle hart. Gevoelens waarvan hulle nie meer bewus is nie en ook nie geweet het dat dit bestaan nie. Wanneer die oortuigingskrag van God met 'n hart werk, word die donkerheid uitgelig en die waarheid aan die kaak gestel. Ek onthou 'n man genaamd Jeff wat ek by 'n bushalte ontmoet het. God het my gelei om hom te volg wat ek toe gedoen het soos wat hy begin het om in die donker te verdwyn. Ek het hom aangemoedig om te stop en ek het my besorgdheid oor sy siel met hom begin deel en ook Christus met hom gedeel. Hy het geluister en was gretig om te bid en Christus in sy lewe te ontvang.

Jeff het met my gedeel en gesê: "Die woorde wat jy gespreek het, was so waar en vol lig." Hierdie man se woorde het vir my insig gegee in wat besig was om in sy hart te gebeur terwyl ek met hom gesels het. Op een of ander manier het God my eenvoudige woorde gebruik en ingedring in hierdie man se hart en die diepste deel van sy siel bereik en die evangelie daarin laat skyn. Hierdie man het met my gedeel dat hy saam met prostitute en dwelmhandelaars geleef het en hy het gevoel dat hy moet wegbreek van dit alles. Ander sonde in sy lewe is blootgelê en hy het die beste lewenswyse wat hy geken het begin wandel, maar steeds het hy nie 'n verhouding met Christus gehad nie. Hy het gesê hy het 'n werk aanvaar sover as moontlik van waar hy gewoon het en probeer om besig te bly sodat hy nie weer na sy ou lewe kon terugkeer nie.

Jeff was besig om sy hart te volg, op die beste manier wat hy geken het en sy hart was besig om hom in die tussentyd na Christus te lei, sonder dat hy selfs daarvan bewus was. Ek het dit bemoedigend gevind dat God so indringend met hom besig was en Hy het Jeff na Hom toe gelei. Daagliks het Jeff verder weg beweeg van sonde af. Op 'n dag het God toe gereël dat ek Christus met hom sou deel en hom te help om sy nuwe lewe te voltooi. Nou het Jeff 'n nuwe hart en 'n hart wat hom nie in die steek sal laat nie, maar hom in die ewigheid saam met Christus sal inlei. Ek sal vir altyd daardie aand onthou toe ek na die bushalte toe gegaan het. Ek was besig om in een van my gewilde gebiede in die stad te getuig toe ek gelei gevoel het om regoor die stad na die bushalte te gaan. O, hoe kosbaar is ons Here wat ons lewens rig as ons net na ons hart wil luister.

Ek is herhinner aan 'n Skrifgedeelte in die boek Handelinge wat baie soos ander is wat die Woord gehoor het en hulle hart het gereageer op wat hulle gehoor het. Laat ons onthou dat wanneer ons Christus met ander deel daar baie meer gebeur as wat gesien kan word. Die Persoon van die Heilige Gees spreek met so 'n intensiteit tot hulle hart dat hulle Hom sal hoor, dat hulle tot die kennis van Christus sal kom, gered word, wegstap van die verlede af en bekeer van hulle sonde.

Handelinge 2
37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê : Wat moet ons doen, broeders?
38 En Petrus sê vir hulle : Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Die meerderheid van ons hanteer op 'n daaglikse basis sekere aspekte van ons hart. Ons moet God toelaat om ons lewens te ondersoek en Hom toelaat om ons hart bloot te stel aan die lig van die evangelie. God is besig om met sy skepping te praat, maar is ons besig om te luister? In my eie lewe, toe God my geroep het, het Hy begin deur te veroorsaak dat ek sekere dinge in my lewe hanteer. Vir jare het Hy gepraat oor dinge wat in my lewe nodig was om te verander en ek moes met hierdie areas van my lewe handel ten einde verder in my Goddelike roeping te kon wandel. Dit is 'n keuse om God verder te volg en ons moet bereid wees om te verander.

Vir jare het die Here my bewaar op sommige van die haglikste gebiede van ons volkslewe. Ek het vuurwapens, messe en sneeupikke op my laat rig en probeer om in rooftogte betrokke te wees, maar God het my deur dit alles heen beskerm. Ek vertrou nie in wat ek gesien het of wat ek in die strate ervaar het nie.

Ek vertrou eenvoudig op Hom. Ek het 'n punt bereik waar ek die lewe tot die uiterste kan geniet deur vry van vrees te lewe. Slegs God kan hierdie vertroue produseer wat ek in Hom het. Dit is my bede dat as God besig is om jou tot hierdie soort bediening te roep, dat jy vrede te midde van onsekere omstandighede sal vind en Hom met jou lewe sal vertrou. Ons moenie hulle vrees vir wie ons daar is om te help nie. Die Bybel praat van liefde wat in staat is om ons vrees te oorwin.

1 Johannes 4
18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

My nagbediening het begin met my getuienis in stadsparke in die nag. Hierdie parke was in die midde-stede geleë en het baie verslaafde persone en jeug gehad wat hulle met bendes vereenselwig het. Aan die begin het ek vir my lewe gevrees as dit begin donker word het. Wanneer dit geblyk het dat die aantal bekerings vir Christus toegeneem het, het ek dikwels opgehou om in die donker te getuig of het ek naby goed verligte gebiede gebly. Dit het geblyk dat die donkerte vrees gebring het en ek het nie die vryheid geniet om te getuig wat ek graag wou nie.

Een aand terwyl ek in 'n park was, was ek besig om langs 'n verlore persoon te stap en die evangelie te deel. Soos wat ek getuig het, het ek begin om baie ongemaklik te voel omdat 'n jeuggroep wat hulleself as 'n bende beskou het my begin volg het. Hoe verder ek gestap het, hoe nader het hulle oënskynlik gekom. Ek was besig om in die donkerste deel van die park te getuig met 'n jeugbende wat al nader en nader kom. Ek het na hulle gekyk en dan weer omgedraai om te getuig en dan weer teruggekyk. Ek het my getuienis voltooi en nou was ek alleen en waarskynlik in gevaar. Ek het gebid en gesê: "God, ek kan nie getuig met vrees in my lewe nie. Ek wil in staat wees om die harte van mense te kan sien." Onmiddelik het ek die Here hoor sê: "Gee dan jou lewe vir My en Ek sal jou vrees verwyder." Ek het eenvoudig gesê: "Here, ek gee U my lewe." Ek het hierdie woorde heelhartig uitgespreek. Wonderbaarlik, vanaf daardie aand verder, het ek nooit weer vrees in my lewe gehad nie. Sedert daardie tyd het ek snags alleen in baie van die haglikste stede van Amerika gestap en vrede ervaar. Enige een van ons kan ter eniger tyd sterwe. Ek het die punt bereik waar ek God meer vertrou as hierdie lewe self.

Johannes 3
30 Hy moet meer word, maar ek minder.

Ons wandel met God sal so duidelik word as ons eenvoudig ons fokus verander. Die meeste mense se oë en lewens is op hierdie wêreld en die lewensworstelinge gefokus. Ons lewe moet op die koninkryk van God gefokus wees. Hierdie lewe is so kort en die belonings so betekenisloos. Slegs ons verhouding in Christus sal die ewigheid weerstaan. Die vraag is waar is jou fokus?

Baie mense het al vir my gevra hoe kan hulle God hoor. Die mees kragtige en versekerde manier om God te hoor, is in sy Woord. Die Woord van God is deur God geïnspireer en bevat daarom sy stem. Jy kan God se stem hoor soos jy begin om sy Woord te lees. Hoe meer jy Sy stem in die Woord hoor, hoe meer sal jy Sy stem hoor. Hierdie konsep is so eenvoudig en dog so waar. Ek geniet dit om Christus se lewe deur die evangelies te volg en om Christus te sien beweeg van een nood tot 'n ander. Hy het soveel tyd spandeer om Sy lewe te saai in die lewens van hulle wat Hom eenvoudig net wou volg. Hy is besig om hulle te soek wat Hom vandag wil volg. Ek sien 'n Jesus in die Skrif wat eendag langs 'n pad gaan stilstaan het, 'n man genaamd Saggéüs in 'n boom gesien het en met hom gepraat en gesê het: "Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly." Hy het tyd spandeer met mense en met hulle gepraat ongeag hulle rykdom of statuur. Hierdie selfde Jesus lewe vandag en is besig om Sy hand na die verlorenes uit te reik soos wat jy jou hand uitreik. Wees 'n volgeling van Jesus Christus en gehoorsaam Sy stem!

Johannes 10
27
My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My

Dit het vir ons almal tyd geword om self na die Skrif te luister. Baie Christene beweeg van kerk tot kerk om van God te hoor en tog was Hy die hele pad saam met hulle. Ons moet die stem van God gehoorsaam ten einde voort te gaan om Sy stem te hoor. Adam en Eva het God se stem gehoor en in gebreke gebly om dit te gehoorsaam. Aan die begin is daar aan die mens die vermoë gegee om van God te hoor. Adam het met God gewandel. Hoe langer sonde 'n greep op iemand se hart het, hoe verder sal daardie hart hulle weglei van God af. Nadat Adam en Eva gesondig het, kon hulle nog steeds van God hoor.

Genesis 3
8 En hulle het die stem van die Here God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die Here God tussen die bome van die tuin.

Alhoewel Adam en Eva van God gehoor het, was hulle nie besig om Hom te soek nie. Hulle harte was alreeds met sonde gevul. Dit is baie soos hulle teenoor wie ons in die strate getuig. Hulle wandel so diep in sonde dat hulle verkies om die dinge van God te ignoreer. Slegs 'n onmoeting met die oortuigingskrag van God sal hulle sonde blootlê en hulle toelaat om God te hoor. Dit was God se begeerte om Sy skepping terug na Hom toe te herstel.

Moses het van God gehoor en God het hom gebruik om die lewens van baie te rig. Hy het die gemeenskap van God op 'n daaglikse basis geniet. Ander wat Moses gevolg het, het dikwels ongehoorsaam geraak en wou terugkeer Egipte toe. Alhoewel God besig was om deur Moses te spreek, het die mense nie vir hulleself gehoor nie. Dit is die wil van God om persoonlik tot Sy hele skepping te spreek. Ons moet onsself in 'n posisie plaas om Hom te hoor.

Johannes 5
37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
38 En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.
39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

Hoeveel kere verlang ons nie om van God te hoor in tye van tragedie en probleme nie? Dit is nodig om voor te berei om van God te hoor en ons verhouding met Hom in stand te hou. Ons moenie die toestand van ons hart ignoreer nie, want dit kan gebeur dat ons op 'n dag nie meer die simptome van sonde in ons lewe waarneem wanneer ons nie meer worstel nie omdat ons nie meer weerstand bied nie. Wanneer ons neerlaag en sonde in ons lewe aanvaar het, is ons buite gemeenskap met God. In worsteling is daar hoop. Moet nooit die waarskuwings van naderende storms in jou lewe ignoreer nie. Begin om nader aan God te wandel en hoor Sy stem in sy Skrifte en in jou hart en lewe. God het 'n keuse vir jou gemaak om vryheid te geniet. Daar was 'n koste en dit was om Sy Seun te stuur om die prys vir jou sonde te betaal. Daar is 'n koste vir jou en dit is om jouself te verloën en jou kruis op te neem en Hom te volg.

Matteus 16
24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit vind.

Ek daag jou uit om nader aan God te wandel en Hy sal nader aan jou wandel. Luister vir Sy stem in jou daaglikse lewe en in die Skrifte. Wat ek so baie van God geniet is dat ek groot gerusstelling daarin vind dat Hy altyd na my gebede en gedagtes luister wat ek vir Hom het.

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer