Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Drie
Hy het Tussen die Mense Gewandel

Wanneer ek aan die straatbediening dink, dink ek hoe baie is dit nie soos die tye toe Christus in die strate bedien het nie. Wanneer ek die Nuwe Testament lees, kan ek sien hoe Christus tussen die mense was. Hy het langs die kante van die paaie geloop en van huis tot huis besoek afgelê. Selfs Sy dood was 'n openbare aangeleentheid wanneer Hy aan 'n kruis op 'n heuwel sterf. Nadat soveel tyd in die strate deurgebring is om Christus met die mense te deel, het die evangelies meer betekenis vir my. Dit maak my opgewonde om Christus in die evangelies uitgebeeld te sien wat as iemand wat in die strate van 'n stad bedien het waar Hy tussen mense geleef en gewandel het.

Lukas 15
2 En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.

Jesus het tussen Sy mense geleef en Sy lewe met hulle gedeel. Hy saam met hulle geween; Hy het hulle aangeraak met medelye van genesing vir die noodlydendes; en Hy het Sy hand uitgereik om Sy liefde aan Sy mense te deel. Ons moet dieselfde doen en gewillig wees om toe te laat dat Sy liefde vir alle mense deur jou uitreik tot hulle.

Dit is my hoop en roeping om Jesus se leiding te volg wanneer ek in die strate ingaan om Sy getuienis met alle mense te deel. Ek het so baie herhinneringe van die mense wat ek in die strate ontmoet het. Baie van hulle was sonder hoop en sonder Christus. Ek onthou een namiddag op 'n sypaadjie naby 'n winkel in Tulsa, Oklahoma, toe ek Christus met verbygangers gedeel het. Baie het daardie dag na Christus gekom soos wat ons met persoon na persoon gepraat het. 'n Man wat soos 'n hawelose gelyk het, het my genader. Hy het vir geruime tyd op die randsteen oorkant die straat gesit vanwaar hy my dopgehou het hoe ek mense bedien. Hy het 'n rugsak gehad en geklee in eenvoudige klere. Hy het nader gestap en gesê : "Is dit nou my beurt?" Ek was so aangeraak met medelye vir hom. My hart is gebreek toe ek sy woorde hoor. Dit was 'n voorreg om hierdie man te help. Die teenwoordigheid van Christus was so eg terwyl ek daar staan. Ek wou so graag hê dat die Here hierdie man aanraak. Hy het my meegedeel dat hy aan kokaïene verslaaf is en wou vrykom daarvan. Hy was op pad na 'n oord vir haweloses om die nag daar deur te bring toe hy my opgemerk het wat besig is om mense te bedien. Sy enigste besittings was in sy rugsak wat hy gedra het. Daardie dag het hy na Christus toe gekom en die Here het hom bevry van verslawings. Net om daardie dag daar te wees en om deur hierdie man gevra te gewees het, het my siel geroer. Ek dank die Here vir die geleentheid om Sy mense te kan bedien. Ek sal altyd hierdie man wat hoop in die strate van Tulsa gevind het onthou. Aan God al die eer!

Lukas 15
7
Ek sê vir julle dat daar net blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

So baie mense faal om die eenvoudige dinge wat God wil doen in te sien. Ek ervaar dat God besig is om vir ons te wag om uit te beweeg tussen Sy mense. Hy benodig nie veel as Hy my gebruik het om hierdie hawelose man te bedien nie. Ek het so ontoereikend gevoel toe hierdie man my gevra het of dit sy beurt is. Hierdie man se hart was vol geloof en tog het ek daardie oomblik gewonder of God hom sal vry maak van sy kokaïeneverslawing. Dit was ek wat 'n nouer verhouding nodig gehad het met die Een van bevryding en verlossing. Ek het in die midde van 'n wonderwerk gestaan terwyl geloof opgestyg het in die hawelose man ten einde vry te kon raak van die uitwerking van sonde. Ek het tot die besef gekom dat al wat God daardie dag nodig gehad het, was iemand wat eenvoudig net gebid het en Hy sou die werk in die man se hart klaarmaak.

Ek herhinner my aan 'n man in die evangelies wat op 'n dag op 'n ongewone plek was toe Christus verbygestap het. Sy naam was Saggéüs en hy was 'n tollenaar. Saggéüs was in 'n boom langs die pad waar Jesus gestap het. Daardie dag het Christus hom opgemerk en gesê dat Hy by hom sou tuisgaan. In hierdie Skrif kan ons Christus se persoonlike bediening sien.

Lukas 19
1 En Hy het in Jerigo gekom en daar deurgegaan
2 En daar was 'n man met die naam van Saggéüs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man.
3 En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was
4 En hy het vooruit gehardloopen in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.
5 En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.
6 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.
7 En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.

In vers 7 sien ons dat Christus gekritiseer is omdat hy saam met 'n sondaar was. Hulle het nie werklik bedreigd gevoel oor wie hy was nie, maar oor wat God besig was om te doen. Jy kan vervolging van die godsdienstiges ervaar soos wat ek van 'n aantal ervaar het. Ons reaksie moet uit die hart wees. Ek staan verwonderd as ek mense hoor vra waarom ek in die strate bedien. Sommige sê dat dit geen goeie vrugte afwerp om mense op straat na Christus te lei nie. Ander sê dat hulle nie sal volhou nie en nooit kerk toe sal kom nie.Ek sê God het my geroep om tussen Sy mense te wees en ek moet gaan om hulle te bedien. Ons moet bereid wees Christus se boodskap buite die kerk te neem waar die mense is.

Romeine 10
14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep iin wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Christus wil tussen sy mense wees en is besig om na iemand te soek wat in Sy naam sal gaan. Sal jy gaan?

Christus het tydens sy reis baie mense geroep en Sy lewe in hulle in gesaai. Dit was Sy hoop om getuienisse agter te laat wat Sy boodskap met hierdie wêreld sou deel. Daardie eerstes wat Hy geroep het, was eenvoudige vissers langs die strand. Soos wat Hy verder gewandel het, het Hy ander geroep om Sy boodskap uit te dra. Die Nuwe Testament beskryf hulle wat hierdie roeping aanvaar het as apostels. Christus het gewone mense soos ek en jy uitgekies. Wat hulle anders gemaak het, was die tyd wat hulle saam met Hom deurgebring het en hulle keuse om Hom te volg.

Matteus 4
18 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
20 En hulle het daelik die nette laat staan en Hom gevolg.

Petrus en Andréas sou die eerstes word wat Christus geroep het om Hom te volg. Die boodskap om Hom te volg, was Sy voorwaarde. Ons moet 'n volgeling van Jesus Christus wees. Om Sy liefde te deel, moet ons allereers Sy liefde ervaar. Daarbenewens moet hulle verdere opleiding van Christus verwag. Hy sê : "Ek sal julle vissers van mense maak." Ek beleef hierdie Skrifwoord as luidende dat Hy hulle wat Hom sou volg sou oplei in persoonlike evangelisasie. Daar bestaan geen twyfel dat persoonlike evangelisasie die manier is waarop Christus verwag het om Sy boodskap met die wêreld te deel. Ons sien uit die volgende Bybelverwysings dat Christus se roeping op Paulus se lewe hom daartoe gelei het om alle mense te bedien. Ons moet bereid wees om dieselfde roeping te aanvaar.

Handelinge 20
18 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het
19
en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;
20 hoe ek niks agtergekom het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise …

Ek herhinner my aan een nag toe Jesus werklik tussen sy mense gewandel het. Ek en my vrou het saam met meer as twintig Christene op 'n toer gegaan. Ek het veral die geleenthede geniet wanneer ons stilgehou het. Elke keer as ons stilgehou het, het ek nog 'n geleentheid gehad om iemand na die Here te lei. Dit was so pragtig om God te sien lewens verander in elke dorp waar ons aangedoen het. Sommige sê die oes is hier en ander die oes is daar. Ek sê die wêreld is die oesland en dit is oestyd. Oral wag lewens vir iemand om Christus met hulle te deel en om die liefde van Christus deur jou te beleef.

Johannes 4
34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande, dat hulle al wit is vir die oes.

Ons bus het by 'n petrolpomp en gerieflikheidswinkel stilgehou. Terwyl ek en my vrou by die betaalpunt besig was om vir ons inkopies te betaal, was 'n vloekende man langs ons ongeskik met ons. Toe my vrou haar beursie oopmaak, het hy oorgeleuen en in haar beursie ingekyk toe sy geld uithaal om vir ons kos te betaal. Hy het gelag vir die naam Mercy Street Ministries op my hemp. Hy het gespot en gesê : "Jy behoort vir my 'n bier te koop." Vanuit die wêreldse standaarde was hierdie man waardeloos. God het hom egter anders gesien. Die Here het dit op my hart gelê om buite vir hom te wag en met hom te praat. Ek het meegevoel met sy siel gehad eerder as om kwaad te wees vir sy ongeskiktheid.

Johannes 3
16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Terwyl ek buitentoe stap, het 'n man om verskoning kom vra vir sy vriend se gedrag. Ek het vir hierdie man gevra of hy gered is waarop hy bevestigend geantwoord het. Toe het die man wat ongeskik was uit die winkel uitgekom. Ek het na hom toe gestap, my arm om sy rug geplaas en vir hom gesê dat God lief is vir hom en dat ek omgee vir hom. Op daardie oomblik het God hom die liefde laat voel wat Hy wou hê dat hy moes hê. Ek het met hom oor Christus begin deel en hy het vir my gesê dat hy nie 'n Christen is nie, en in sy eie woorde, het hy gesê dat hy hel toe sou gaan as hy daardie nag sou sterf. Ek het aangevoel dat God reeds sy hart voorberei het en dit het geblyk dat die man reeds aangeraak is nog voordat hy gebid om Christus te ontvang. Terwyl ons saam gebid het om Christus te ontvang, het ons gebed voortgegaan en het hy satan en die dinge in sy lewe wat hom gevange gehou het afgelê.

Toe hy sy oë oopgemaak het, het hy dinge anders gesien. Hy het Christus as sy Redder gevind en is vrygemaak van sy verlede. Toe ek gereed gemaak het om te vertrek, het ek probeer om my hand los te wikkel. Hy wou nie my hand loslaat en my laat gaan nie.

Hy is totaal verander en dit het voorgekom asof hy 'n nuwe persoon is. Terwyl hy my hand vashou, het hy gesels oor wat hy met die res van sy lewe moes doen en wat hy met sy bier gaan doen wat hy daar op die perseel gehad het. Steeds wou hy nie my hand los nie. Ek het my ander hand op sy hart geplaas en gesê : "Laat ek vir jou bid." Ek het tot God gebid dat Hy hom moes bewaar en hom verder moes vrymaak van sy verlede. Die Here se teenwoordigheid was so werklik en dit wou voorkom asof die Here hom weer 'n keer aangeraak het. Die man het toe my hand laat los en my hand vasgehou wat ek op sy hart geplaas het. Hy het gesê dat hy nog nooit so 'n belewenis gehad het nie. Hy het vir die eerste maal midde in die teenwoor-digheid van God gestaan. Hy het besef dit was die heilige teenwoordigheid van God wat hom besoek het. Hy het aangehou om my hand teen sy hart te hou terwyl ons in God se teenwoordigheid vertoef het.

Die bus was gepak en elkeen aan boord het die man dopgehou wat my nie kon laat gaan nie. Die man het gehuil en gesê: "Jy kan nie gaan nie. Jy kan nie gaan nie." Hy het gevra hoe ver is ek op pad en wanneer keer ek weer terug en nog vele ander vrae. Ek het verduidelik dat dit wat hy ervaar het die Heilige Gees was en dat Hy hom liefhet en met hom sal bly. Ek het hom 'n Bybel gegee en gesê dat hy alles omtrent die Here in die Bybel sal vind. Hy het gevra: "Wat as ek iets nie verstaan nie?" Ek het gesê: "Jy gaan gaan na 'n kerk toe en iemand sal aan jou verduidelik." Toe sê hy: "Ek weet nie waarheen om te gaan nie." Ek het omgedraai na sy vriend toe wat ek vroeër ontmoet het en hom gevra of hy hom sou help om 'n kerk te vind en iemand om hom te help om die Bybel te verstaan. Die jong seun het gesê: "Ek sal! Ek sal!" Selfs sy vriend wat alles dopgehou het, was diep geraak wat God daar op die parkeerplek gedoen het.

Dit was vir my so moeilik om my van die man weg te skeur en hom te verlaatHy het. Hy het agter my aan geloop en aan my hemp gegryp. Ek sal nooit daardie oomblik vergeet nie. Dit was God se liefde wat hy ervaar het. So baie mense in hierdie wêreld sal nooit die vrede en teenwoordigheid van God ken tensy ons ons harte en hande na ander uitreik nie.

Jesus het nie gekom om die wêreld op sy eie te kom red terwyl Hy hierdie aarde bewandel het nie. Hy was hier om sy evangelisasieplan te begin. Hy het sy lewe in 'n klein aantal gesaai sodat hulle in ruil hulle lewens in baie sou saai. Toe ons in my tuisdorp begin getuig het, het ek uit my motor geklim en binne elke oomblikke het talle mense hulle tot Christus gekeer. Ek het na daardie straathoek teruggekeer en persoon na persoon na Christus gelei. Dit het vir voorgekom asof die die Here met my gepraat het en wou hê dat ek my kerk moet uitneem. Binne 'n aantal weke het ek oor die veertig uit my kerk opgelei en hulle na dieselfde straathoek geneem. Met meer getuienisse in die straat is meer mense gered. Ek het gedink dit is my bediening totdat die Here weer gespreek het en gesê het: "Ek wil hê jy moet kerke onderrig."

Binne 'n paar dae het 'n kerk uitgevind van ons werk en ek het hulle na die strate toe geneem. Oor 'n periode van etlike maande is oor die vierhonderd individue gered en het ons aan die meeste deure van daardie stad aangeklop. Kerk na kerk het my gekontak en ons het baie getuienisse vir Christus opgelei. Weereens het ek gedink dat dit my enigste roeping was.

Die Here het weer gespreek en gesê: "Ek roep jou vir die wêreld." Vir die eerste maal het ek nie geweet wat om te doen nie. Hierdie roeping wat ek ontvang het, was groter as ekself. Binne die verloop van 'n paar jaar het ek duisende na Christus gelei en honderde opgelei hoe om te getuig. Dit het vir my gelyk asof ek net nie die volgende stap kon hoor waarheen die Here met my op pad is nie. Dit was toe dat ek 'n oproep van 'n vriend, Arthur Blessitt - die man wat die kruis om die wêreld en na al die nasies gedra the - ontvang het. Hy het met my gedeel dat die Here met hom gepraat het. Hy wou hê ek moet die opleiding op die Internet plaas en aan die wêreld evangelisasieopleiding gee.. Ek het geweet dit is dit. Dit is wat God wou wat ek moes doen. Ek het dit 'n paar maal oorweeg, maar wou my lering eerder persoonlik in kerke gaan gee. Ek voel trots het het my gehoorsaamheid geblokkeer om hierdie boodskap wêreldwyd uit te dra. Ek het die vermoë en die kennis om hierdie lering op die Internet te plaas, maar ek het nie roepstem gehoorsaam nie. Goddank vir Christenvriende wat ons help langs ons lewensreis. Ek het die inligting op Internet geplaas en duisende is al opgelei om Christus met alle mense onder alle omstandighede te deel. Ek kan so duidelik sien hoe Christus bedien deur ander op te lei, en soos Hy hulle oplei raak verlorenes langs die pad aan.

Al langs die pad het Christus my van evangelisasie geleer en vir my 'n plan gegee om ander te onderrig!

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer