Hoofstuk Drie
Hy het Tussen die Mense Gewandel
Wanneer
ek aan die straatbediening dink, dink ek hoe baie is dit nie
soos die tye toe Christus in die strate bedien het nie. Wanneer
ek die Nuwe Testament lees, kan ek sien hoe Christus tussen
die mense was. Hy het langs die kante van die paaie geloop en
van huis tot huis besoek afgelê. Selfs Sy dood was 'n
openbare aangeleentheid wanneer Hy aan 'n kruis op 'n heuwel
sterf. Nadat soveel tyd in die strate deurgebring is om Christus
met die mense te deel, het die evangelies meer betekenis vir
my. Dit maak my opgewonde om Christus in die evangelies uitgebeeld
te sien wat as iemand wat in die strate van 'n stad bedien het
waar Hy tussen mense geleef en gewandel het.
Lukas 15
2 En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het
baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars
en eet saam met hulle.
Jesus het tussen Sy mense geleef en Sy lewe met
hulle gedeel. Hy saam met hulle geween; Hy het hulle aangeraak
met medelye van genesing vir die noodlydendes; en Hy het Sy
hand uitgereik om Sy liefde aan Sy mense te deel. Ons moet dieselfde
doen en gewillig wees om toe te laat dat Sy liefde vir alle
mense deur jou uitreik tot hulle.
Dit is my hoop en roeping om Jesus se leiding
te volg wanneer ek in die strate ingaan om Sy getuienis met
alle mense te deel. Ek het so baie herhinneringe van die mense
wat ek in die strate ontmoet het. Baie van hulle was sonder
hoop en sonder Christus. Ek onthou een namiddag op 'n sypaadjie
naby 'n winkel in Tulsa, Oklahoma, toe ek Christus met verbygangers
gedeel het. Baie het daardie dag na Christus gekom soos wat
ons met persoon na persoon gepraat het. 'n Man wat soos 'n hawelose
gelyk het, het my genader. Hy het vir geruime tyd op die randsteen
oorkant die straat gesit vanwaar hy my dopgehou het hoe ek mense
bedien. Hy het 'n rugsak gehad en geklee in eenvoudige klere.
Hy het nader gestap en gesê : "Is dit nou my beurt?"
Ek was so aangeraak met medelye vir hom. My hart is gebreek
toe ek sy woorde hoor. Dit was 'n voorreg om hierdie man te
help. Die teenwoordigheid van Christus was so eg terwyl ek daar
staan. Ek wou so graag hê dat die Here hierdie man aanraak.
Hy het my meegedeel dat hy aan kokaïene verslaaf is en
wou vrykom daarvan. Hy was op pad na 'n oord vir haweloses om
die nag daar deur te bring toe hy my opgemerk het wat besig
is om mense te bedien. Sy enigste besittings was in sy rugsak
wat hy gedra het. Daardie dag het hy na Christus toe gekom en
die Here het hom bevry van verslawings. Net om daardie dag daar
te wees en om deur hierdie man gevra te gewees het, het my siel
geroer. Ek dank die Here vir die geleentheid om Sy mense te
kan bedien. Ek sal altyd hierdie man wat hoop in die strate
van Tulsa gevind het onthou. Aan God al die eer!
Lukas 15
7 Ek sê vir julle dat daar
net blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer,
meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie
nodig het nie.
So baie mense faal om die eenvoudige dinge wat
God wil doen in te sien. Ek ervaar dat God besig is om vir ons
te wag om uit te beweeg tussen Sy mense. Hy benodig nie veel
as Hy my gebruik het om hierdie hawelose man te bedien nie.
Ek het so ontoereikend gevoel toe hierdie man my gevra het of
dit sy beurt is. Hierdie man se hart was vol geloof en tog het
ek daardie oomblik gewonder of God hom sal vry maak van sy kokaïeneverslawing.
Dit was ek wat 'n nouer verhouding nodig gehad het met die Een
van bevryding en verlossing. Ek het in die midde van 'n wonderwerk
gestaan terwyl geloof opgestyg het in die hawelose man ten einde
vry te kon raak van die uitwerking van sonde. Ek het tot die
besef gekom dat al wat God daardie dag nodig gehad het, was
iemand wat eenvoudig net gebid het en Hy sou die werk in die
man se hart klaarmaak.
Ek herhinner my aan 'n man in die evangelies
wat op 'n dag op 'n ongewone plek was toe Christus verbygestap
het. Sy naam was Saggéüs en hy was 'n tollenaar.
Saggéüs was in 'n boom langs die pad waar Jesus
gestap het. Daardie dag het Christus hom opgemerk en gesê
dat Hy by hom sou tuisgaan. In hierdie Skrif kan ons Christus
se persoonlike bediening sien.
Lukas 19
1 En Hy het in Jerigo gekom en daar deurgegaan
2 En daar was 'n man met die naam van Saggéüs,
'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man.
3 En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was;
maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon
was
4 En hy het vooruit gehardloopen in 'n wildevyeboom
geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.
5 En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien
hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim
af, want Ek moet vandag in jou huis bly.
6 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap
ontvang.
7 En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en
gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.
In vers 7 sien ons dat Christus gekritiseer is
omdat hy saam met 'n sondaar was. Hulle het nie werklik bedreigd
gevoel oor wie hy was nie, maar oor wat God besig was om te
doen. Jy kan vervolging van die godsdienstiges ervaar soos wat
ek van 'n aantal ervaar het. Ons reaksie moet uit die hart wees.
Ek staan verwonderd as ek mense hoor vra waarom ek in die strate
bedien. Sommige sê dat dit geen goeie vrugte afwerp om
mense op straat na Christus te lei nie. Ander sê dat hulle
nie sal volhou nie en nooit kerk toe sal kom nie.Ek sê
God het my geroep om tussen Sy mense te wees en ek moet gaan
om hulle te bedien. Ons moet bereid wees Christus se boodskap
buite die kerk te neem waar die mense is.
Romeine 10
14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep iin wie hulle nie
geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie
gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word
nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat
die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie
van die goeie verkondig!
Christus wil tussen sy mense wees en is besig
om na iemand te soek wat in Sy naam sal gaan. Sal jy gaan?
Christus het tydens sy reis baie mense geroep en Sy lewe in
hulle in gesaai. Dit was Sy hoop om getuienisse agter te laat
wat Sy boodskap met hierdie wêreld sou deel. Daardie eerstes
wat Hy geroep het, was eenvoudige vissers langs die strand.
Soos wat Hy verder gewandel het, het Hy ander geroep om Sy boodskap
uit te dra. Die Nuwe Testament beskryf hulle wat hierdie roeping
aanvaar het as apostels. Christus het gewone mense soos ek en
jy uitgekies. Wat hulle anders gemaak het, was die tyd wat hulle
saam met Hom deurgebring het en hulle keuse om Hom te volg.
Matteus 4
18 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa
loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en
Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te
gooi; want hulle was vissers.
19 En Hy sê vir hulle: Kom
agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
20 En hulle het daelik die nette laat staan en Hom
gevolg.
Petrus en Andréas sou die eerstes word
wat Christus geroep het om Hom te volg. Die boodskap om Hom
te volg, was Sy voorwaarde. Ons moet 'n volgeling van Jesus
Christus wees. Om Sy liefde te deel, moet ons allereers Sy liefde
ervaar. Daarbenewens moet hulle verdere opleiding van Christus
verwag. Hy sê : "Ek sal julle vissers van mense maak."
Ek beleef hierdie Skrifwoord as luidende dat Hy hulle wat Hom
sou volg sou oplei in persoonlike evangelisasie. Daar bestaan
geen twyfel dat persoonlike evangelisasie die manier is waarop
Christus verwag het om Sy boodskap met die wêreld te deel.
Ons sien uit die volgende Bybelverwysings dat Christus se roeping
op Paulus se lewe hom daartoe gelei het om alle mense te bedien.
Ons moet bereid wees om dieselfde roeping te aanvaar.
Handelinge 20
18 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle:
Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië
aangekom het, die hele tyd by julle gewees het
19 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie
trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte
van die Jode;
20 hoe ek niks agtergekom het van wat nuttig is nie,
om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar
en in julle huise …
Ek herhinner my aan een nag toe Jesus werklik
tussen sy mense gewandel het. Ek en my vrou het saam met meer
as twintig Christene op 'n toer gegaan. Ek het veral die geleenthede
geniet wanneer ons stilgehou het. Elke keer as ons stilgehou
het, het ek nog 'n geleentheid gehad om iemand na die Here te
lei. Dit was so pragtig om God te sien lewens verander in elke
dorp waar ons aangedoen het. Sommige sê die oes is hier
en ander die oes is daar. Ek sê die wêreld is die
oesland en dit is oestyd. Oral wag lewens vir iemand om Christus
met hulle te deel en om die liefde van Christus deur jou te
beleef.
Johannes 4
34 Jesus sê vir hulle: My
voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en
om sy werk te volbring.
35 Sê julle nie: Dit is
nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle,
slaan julle oë op en aanskou die lande, dat hulle al wit
is vir die oes.
Ons bus het by 'n petrolpomp en gerieflikheidswinkel
stilgehou. Terwyl ek en my vrou by die betaalpunt besig was
om vir ons inkopies te betaal, was 'n vloekende man langs ons
ongeskik met ons. Toe my vrou haar beursie oopmaak, het hy oorgeleuen
en in haar beursie ingekyk toe sy geld uithaal om vir ons kos
te betaal. Hy het gelag vir die naam Mercy Street Ministries
op my hemp. Hy het gespot en gesê : "Jy behoort vir
my 'n bier te koop." Vanuit die wêreldse standaarde
was hierdie man waardeloos. God het hom egter anders gesien.
Die Here het dit op my hart gelê om buite vir hom te wag
en met hom te praat. Ek het meegevoel met sy siel gehad eerder
as om kwaad te wees vir sy ongeskiktheid.
Johannes 3
16 Want so lief het God die wêreld
gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat
in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan
hê.
Terwyl ek buitentoe stap, het 'n man om verskoning
kom vra vir sy vriend se gedrag. Ek het vir hierdie man gevra
of hy gered is waarop hy bevestigend geantwoord het. Toe het
die man wat ongeskik was uit die winkel uitgekom. Ek het na
hom toe gestap, my arm om sy rug geplaas en vir hom gesê
dat God lief is vir hom en dat ek omgee vir hom. Op daardie
oomblik het God hom die liefde laat voel wat Hy wou hê
dat hy moes hê. Ek het met hom oor Christus begin deel
en hy het vir my gesê dat hy nie 'n Christen is nie, en
in sy eie woorde, het hy gesê dat hy hel toe sou gaan
as hy daardie nag sou sterf. Ek het aangevoel dat God reeds
sy hart voorberei het en dit het geblyk dat die man reeds aangeraak
is nog voordat hy gebid om Christus te ontvang. Terwyl ons saam
gebid het om Christus te ontvang, het ons gebed voortgegaan
en het hy satan en die dinge in sy lewe wat hom gevange gehou
het afgelê.
Toe hy sy oë oopgemaak het, het hy dinge
anders gesien. Hy het Christus as sy Redder gevind en is vrygemaak
van sy verlede. Toe ek gereed gemaak het om te vertrek, het
ek probeer om my hand los te wikkel. Hy wou nie my hand loslaat
en my laat gaan nie.
Hy is totaal verander en dit het voorgekom asof
hy 'n nuwe persoon is. Terwyl hy my hand vashou, het hy gesels
oor wat hy met die res van sy lewe moes doen en wat hy met sy
bier gaan doen wat hy daar op die perseel gehad het. Steeds
wou hy nie my hand los nie. Ek het my ander hand op sy hart
geplaas en gesê : "Laat ek vir jou bid." Ek
het tot God gebid dat Hy hom moes bewaar en hom verder moes
vrymaak van sy verlede. Die Here se teenwoordigheid was so werklik
en dit wou voorkom asof die Here hom weer 'n keer aangeraak
het. Die man het toe my hand laat los en my hand vasgehou wat
ek op sy hart geplaas het. Hy het gesê dat hy nog nooit
so 'n belewenis gehad het nie. Hy het vir die eerste maal midde
in die teenwoor-digheid van God gestaan. Hy het besef dit was
die heilige teenwoordigheid van God wat hom besoek het. Hy het
aangehou om my hand teen sy hart te hou terwyl ons in God se
teenwoordigheid vertoef het.
Die bus was gepak en elkeen aan boord het die
man dopgehou wat my nie kon laat gaan nie. Die man het gehuil
en gesê: "Jy kan nie gaan nie. Jy kan nie gaan nie."
Hy het gevra hoe ver is ek op pad en wanneer keer ek weer terug
en nog vele ander vrae. Ek het verduidelik dat dit wat hy ervaar
het die Heilige Gees was en dat Hy hom liefhet en met hom sal
bly. Ek het hom 'n Bybel gegee en gesê dat hy alles omtrent
die Here in die Bybel sal vind. Hy het gevra: "Wat as ek
iets nie verstaan nie?" Ek het gesê: "Jy gaan
gaan na 'n kerk toe en iemand sal aan jou verduidelik."
Toe sê hy: "Ek weet nie waarheen om te gaan nie."
Ek het omgedraai na sy vriend toe wat ek vroeër ontmoet
het en hom gevra of hy hom sou help om 'n kerk te vind en iemand
om hom te help om die Bybel te verstaan. Die jong seun het gesê:
"Ek sal! Ek sal!" Selfs sy vriend wat alles dopgehou
het, was diep geraak wat God daar op die parkeerplek gedoen
het.
Dit was vir my so moeilik om my van die man weg
te skeur en hom te verlaatHy het. Hy het agter my aan geloop
en aan my hemp gegryp. Ek sal nooit daardie oomblik vergeet
nie. Dit was God se liefde wat hy ervaar het. So baie mense
in hierdie wêreld sal nooit die vrede en teenwoordigheid
van God ken tensy ons ons harte en hande na ander uitreik nie.
Jesus het nie gekom om die wêreld op sy
eie te kom red terwyl Hy hierdie aarde bewandel het nie. Hy
was hier om sy evangelisasieplan te begin. Hy het sy lewe in
'n klein aantal gesaai sodat hulle in ruil hulle lewens in baie
sou saai. Toe ons in my tuisdorp begin getuig het, het ek uit
my motor geklim en binne elke oomblikke het talle mense hulle
tot Christus gekeer. Ek het na daardie straathoek teruggekeer
en persoon na persoon na Christus gelei. Dit het vir voorgekom
asof die die Here met my gepraat het en wou hê dat ek
my kerk moet uitneem. Binne 'n aantal weke het ek oor die veertig
uit my kerk opgelei en hulle na dieselfde straathoek geneem.
Met meer getuienisse in die straat is meer mense gered. Ek het
gedink dit is my bediening totdat die Here weer gespreek het
en gesê het: "Ek wil hê jy moet kerke onderrig."
Binne 'n paar dae het 'n kerk uitgevind van ons
werk en ek het hulle na die strate toe geneem. Oor 'n periode
van etlike maande is oor die vierhonderd individue gered en
het ons aan die meeste deure van daardie stad aangeklop. Kerk
na kerk het my gekontak en ons het baie getuienisse vir Christus
opgelei. Weereens het ek gedink dat dit my enigste roeping was.
Die Here het weer gespreek en gesê: "Ek
roep jou vir die wêreld." Vir die eerste maal het
ek nie geweet wat om te doen nie. Hierdie roeping wat ek ontvang
het, was groter as ekself. Binne die verloop van 'n paar jaar
het ek duisende na Christus gelei en honderde opgelei hoe om
te getuig. Dit het vir my gelyk asof ek net nie die volgende
stap kon hoor waarheen die Here met my op pad is nie. Dit was
toe dat ek 'n oproep van 'n vriend, Arthur Blessitt - die man
wat die kruis om die wêreld en na al die nasies gedra
the - ontvang het. Hy het met my gedeel dat die Here met hom
gepraat het. Hy wou hê ek moet die opleiding op die Internet
plaas en aan die wêreld evangelisasieopleiding gee.. Ek
het geweet dit is dit. Dit is wat God wou wat ek moes doen.
Ek het dit 'n paar maal oorweeg, maar wou my lering eerder persoonlik
in kerke gaan gee. Ek voel trots het het my gehoorsaamheid geblokkeer
om hierdie boodskap wêreldwyd uit te dra. Ek het die vermoë
en die kennis om hierdie lering op die Internet te plaas, maar
ek het nie roepstem gehoorsaam nie. Goddank vir Christenvriende
wat ons help langs ons lewensreis. Ek het die inligting op Internet
geplaas en duisende is al opgelei om Christus met alle mense
onder alle omstandighede te deel. Ek kan so duidelik sien hoe
Christus bedien deur ander op te lei, en soos Hy hulle oplei
raak verlorenes langs die pad aan.
Al langs die pad het Christus my van evangelisasie
geleer en vir my 'n plan gegee om ander te onderrig!