Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig
God
het ons gekies om Sy getuies te wees. Ons is die enigste manier
hoe die wêreld sal weet wie Jesus Christus is. Baie keer
as ek die evangelie met mense op straat deel, staan ek verbaas
hoe baie mense met wie ek gesels nog nooit die boodskap van
die kruis gehoor het nie. Baie van hierdie individue is van
verskillende etniese oorspronge. Ek het myself afgevra hoe is
dit moontlik? Hoe kon enige iemand nie die boodskap van die
kruis gehoor het nie. By ander geleenthede vind ons mense wat
nog nooit daaraan gedink het om 'n keuse vir Christus te maak
nie. Ek het opgemerk dat tweederdes van die mense met wie ons
gepraat het in hulle eie woorde sê dat hulle verlore is
en hel toe gaan as hulle sterf. Dit is die eintlike rede hoekom
ons in die strate is en die evangelie deel. Ons is daar om daardie
een verlore siel te bereik. Dit is ons voorreg om die boodskap
te komminikeer. Is jy gereed om die Christus se uitdaging te
aanvaar, en as jy nie is nie wie sal? Kom ons ondersoek sommige
Skrifte en sien hoekom dit nodig is dat ons sal getuig.
As ons nie die Goeie Nuus aflewer nie, wie
sal?
Romeine 10
13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep,
sal gered word.
14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie
geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie
gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word
nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat
die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie
van die goeie verkondig?
Ons mag nie die getuienis in ons hart wegsteek
nie
Psalm 40
8 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol
is dit my voorgeskrywe.
9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en
u wet is binne-in my ingewande.
10 Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die
groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. Here,
U weet dit.
Ons word gevra om in die strate te getuig
Psalm 144
12 …sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek
is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitegbeitel
is na die boustyl van 'n paleis;
13 dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte
voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tiendusiende
vermeerder word op ons velde …
Ons word gevra om uit te gaan en aan die
wêreld te getuig
Markus 16
15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan
die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die
hele mensdom.
Ek onthou hoe ek een keer soos by baie geleenthede
in 'n verarmde gedeelte van 'n stad van deur tot deur getuig
het. Ons het dikwels na die huise gekyk en geweet daar is kinders
as gevolg van die swaaie en fietse in die agterplase. Ander
kere het ons prente in die vensters en en 'n hele klomp pare
seilskoene op die voorstoep opgemerk. Daar was een huis met
'n elektrisiteitsmeter voor die huis maar wat nie beweeg het
nie. Dit het gelyk asof die huis leeg of verlate was. Ons het
an die deur geklop en iemand gehoor wat ons ingenooi het. Dit
is nooit 'n goeie idee om iemand anders se deur oop te maak
en in te gaan nie. Daarom het ons weer geklop en 'n man het
die deur oopgemaak. Hy ons ingenooi. Hy was besig om baraaihoender
op die stoof te kook. Die gas was aangeskakel maar hy het geen
elektrisiteit gehad nie. Hy was so bly dat ons daar was om vir
hom te kom kuier.
Ons het hom meegdeel wat ons daar kom doen en
hy was verras. Hy het gesê dat hy so pas vir die Here
gevra het hoe om verlos te word. Hy het vertel hoe die Here
met hom besig was. Hy het besef hy moet gered word, maar nie
geweet hoe nie. Toe ek my hand uitgesteek het om saam met hom
te bid, het hy die hoendervet van sy hand afgevee en my hand
gevat. Dit was werklik 'n goddelike afspraak wat God gemaak
het. Ons moet onthou ons is dikwels 'n antwoord op iemand se
gebed. Ons was opgewonde om te hoor dat hy so pas gebid het
en ons aan sy deur geklop het. Volgens wêreldse standaarde
het hierdie man niks gehad nie, maar ek glo hy het alles gehad.
Hy het hoop gehad dat hy op een of ander manier Jesus Christus
sou vind. Die Skepper van die heelal het hierdie man so liefgehad
dat Hy iemand gestuur het om die evangelie met hom te deel en
hom te omhels. Ek was so aangeraak daardeur om 'n antwoord te
wees op hierdie man se gebed. Alhoewel hy slegs 'n kastrol met
hoender daarin gehad het, was hy bereid om alles wat hy gehad
het met ons te deel. Is ons gereed om alles wat ons het met
ander te deel? Ek sal vir altyd aangeraak bly deur hierdie oomblik.
Dit was hartseer om in die volgende huis geen
verhitting aan te tref nie. Die stomme man wat die deur kom
oopmaak het, het die koudste hande gehad wat ek nog ooit gevoel
het. Daar is mense in hierdie wêreld wat seer het en ons
moet toelaat dat ons liefde verby onsself uitreik na hulle.
God wil sy liefde met hierdie wêreld deel en Hy het jou
gekies om 'n draer van Sy liefde te wees.
Ek staan verbaas dat deur 'n paar oomblikke met
iemand deur te bring en ware besorgdheid te toon, my getuienis
dikwels daartoe lei dat iemand sy hart vir die Here gee. Ek
onthou van 'n geleentheid toe ek na twee persone in 'n openbare
park gelei is. Soos wat ek nader gekom het, het hulle baie ongemaklik
voorgekom. Ek het die leiding van die Heilige Gees gevolg, die
evangelie met hulle gedeel, na hulle kommentaar geluister en
hulle vrae beantwoord. Ek het gou agtergekom dat ek besig is
om met twee bendelede van Chicago te gesels. Tydens my getuienis
het dit vir my hopeloos gevoel, maar ek het deurgedruk soos
wat ek gelei is. Toe ek die uitnodiging tot hulle gerig het
om Jesus Christus as hulle Verlosser aan te neem, het hulle
saam gebid met my en 'n wonderlike verandering het op hulle
gesigte verskyn. Hulle is deur die Heilige Gees beweeg en afgekyk
op die twee Nuwe Testamente wat ek so pas vir hulle gegee het.
Een van die mans het opgekyk en gesê: "Wat moet ek
nou met die res van my lewe doen?" Ek het vir beide van
hulle gesê om terug te gaan na die middestad van Chicago
met 'n nuwe boodskap en 'n nuwe missie. Jy sien, hulle is radikaal
gered en was nie langer dwelmhandelaars nie. Een het gesê
dat hy geweet het wat hy doen nie die regte ding was om te doen
nie, maar dis al wat hy geweet het. Hy het gesê dat hy
nou weet dat God 'n roeping op sy lewe het, want hy altyd teen
gevaar beskerm was en 'n vermoë het om kinders te boei.
Hy het gesê dat hy die getuienis van Jesus met die stadskinders
gaan deel. Dit was een van die merkwaardigste ervarings wat
ek ooit beleef het. Beide van hulle het waarlik 'n nuwe hart
ontvang.
Ons kan nie ons hande was oor 'n verlore, siek
wêreld nie. Ons moet die Woord toelaat om 'n begeerte
in ons hart te skep om die verlorenes te bereik. Die belangrikste
ding is dat ons die Here ken en lewe tot verheerliking van Hom.
God is baie meer geïnteresseerd in wie jy is as in wat
jy vir Hom kan doen. Jou getuienis moet van diep binne in jou
aangevuur word en 'n oorvloei wees van jou lewe vir Hom. God
wil ons harte uitbrei sodat Hy homself kan groot maak in ons.