Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig
Ek
het al baie benaderings en boeke oor die onderwerp van getuienis
gesien. Baie van die lerings is gegrond op 'n georganiseerde
manier van om iemand na die Here te lei. Ons verkies om te leer
hoe om op die Persoon van die Heilige Gees en die Skrif te vertrou
in ons getuienis. Ons het geen formules en ingewikkelde metodes
om die verlorenes te wen nie. Die kragtigste vorm van getuienis
is om die liefde van God toe te laat om deur jou en jou getuienis
te vloei. Mense op straat en hulle wat ons van deur tot deur
ontmoet kan vinnig deur 'n persoon sien. Hulle weet of jy werklik
omgee vir hulle. Onthou om allereers vriende te maak en dan
die evangelie met hulle te deel.
Jou getuienis sal veel vrugbaarder wees as jy
die hart sien van die persoon met wie jy praat. Ek probeer om
na die persoon te luister. Laat hulle toe om alles te sê
wat hulle wil. Laat jouself toe om hulle hart te sien. Dikwels
sal hulle woorde hulle harte beskryf. Ons vind baie mense wat
seer het en ontnugter is deur godsdiens. Moenie hulle in die
rede val en hulle onderbreek nie. Laat hulle al hulle seer met
jou deel. Luister na die persoon se hart en wees sensitief vir
wat hulle sê. Sê vir hulle jy gee om en dit is die
rede waarom jy dink jy in die strate is. Mense sal dan verstaan
dat jy omgee vir hulle. Spandeer tyd met die een persoon met
wie jy besig is. Moenie dink oor hoe laat dit is of aan enige
iets anders dink nie. Wy al jou aandag aan daardie een persoon.
Hulle is die rede waarom jy in die strate is. As jy dan praat
sal jy met jou hart in hulle hart inspreek. God se liefde sal
in hulle hart indring. Soos wat jy die Bybel met hulle deel
moet jy dit nie net voorlees nie. Ervaar die Skrif met hulle.
Laat dit in jou eie hart inkom asof dit die eerste maal is dat
jy dit hoor. Wanneer jy die sondaarsgebed saam bid met hulle,
bid dit met dieselfde gevoel en meegevoel waarmee jy dit vir
die eerste maal gebid het. As jy jou hart oopmaak terwyl jy
getuig, sal die Heilige Gees jou lei en deur jou spreek. Hy
sal jou die woorde gee om te spreek tot die persoon na wie Hy
jou gelei het.
Ons eenvoudigste en dog effektiefste voorbeeld
kom uit die boek Handelinge. Filippus is deur die Heilige Gees
na 'n Etiopiër gelei en hy was suksesvol om hom na Christus
en tot die waterdoop te lei. Al my getuienis in die strate volg
hierdie eenvoudige patroon. Ja, die woorde en die omgewings
mag van mekaar verskil, maar nooit die metodes nie. Ons moet
toelaat dat die Gees van God ons lei, die Bybel gebruik, dit
verduidelik en die vraag vra. Daarbenewens moet ons ons ook
met hulle deel oor die waterdoop en hierdie nuwe lewe wat hulle
ervaar.
Bid dat die Heilige Gees jou sal lei
Handelinge 8
26 En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek
en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat
afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen
en bly by daardie wa.
Deel die getuienis
30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die
profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat
u lees?
31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die
weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te
kom sit.
Gebruik die Woord van God
35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif
af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Vra die vraag
37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart,
is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus
Christus die Seun van God is.
Die waterdoop
38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle
het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar;
en hy het hom gedoop.
Lei hulle in gebed en deel oor die nuwe lewe en
die waterdoop
Ons moet opgewonde en dapper getuies wees en
nie toelaat dat 'n abnormale wêreld van ons abnormale
getuies maak nie. Uit jou diep binneste moet jou getuienis gemotiveer
word. Iemand wat besluit om vir Jesus te getuig, moet ook bereid
wees om 'n voorbeeld vir Hom te wees. Ander hou dop hoe jy lewe.
Terwyl ek teenoor'n drie-en-tagtige jarige man getuig het, het
hy iets interessants aan my meegedeel. Die Bybel wat hy lees,
sê hy, gaan oor menselewens. Hy hou hulle lewens dop om
te sien of die evangelie waar is. Volgens sy mening het hy blykbaar
nog nooit iemand gevind wat 'n voorbeeld van Christus is nie.
Ons moet egter met hartseer daarop let dat daar baie min mense
is wat 'n Christelike lewe leef soos ons dit in die Woord vind.
Die man het Christus as sy Heer aangeneem nadat ons die evangelie
met hom gedeel het. Dit was nie ons lewens wat hom beïndruk
het om verlos te raak nie, maar die Skrif. Ek is oortuig daarvan
dat die meeste wat voorheen teenoor hom getuig het, eerder 'n
argument gebruik het as die getuienis van Christus. Dit is so
jammer dat hy oor al die jare geen voorbeeld kon vind nie. Laat
toe dat die liefde van God in ander se lewens invloei. Moenie
toelaat dat die wêreld jou getuienis beheer nie, maar
spreek eerder tot die hart. Laat ook jou Christelike liefde
toe om in hulle in te vloei. Toe ons hierdie man ontmoet het,
was hy besig om koeldrankblikkies in vullisdromme te soek. Sy
hande en klere was vuil, nogtans het ons ons hande na hom uitgesteek
en hom vasgedruk terwyl ons ons harte na hom uitgereik het.
Laat die Here toe om ander deur jou lief te hê.
Dit is die Here se wil dat almal gered sal word.
Ek dink dikwels daaraan dat as jy genoeg weet om gered te word,
weet jy genoeg om te getuig. Die versekering wat ons in die
Skrif vir ons eie verlossing vind, is dikwels dieselfde Skrifgedeeltes
wat ons gebruik om die evangelie aan te bied. Baie keer as ons
mense se omstandighede of hulle voorkoms sien, wonder ons of
God hulle werklik kan red. Ja, die Here kan enige iemand red
en Hy kan jou gebruik om hulle te lei. Dit is so belangrik dat
ons nie oor godsdiens 'n debat voer nie, maar eenvoudig net
met die waarheid getuig. Getuienislewering is nie 'n plan nie,
maar 'n aanbieding van die persoon van Jesus Christus. Dit is
nie die metode wat red nie, maar die boodskap. Jesus is die
weg, die waarheid en die lewe. Laat ons meer op die Heilige
Gees vertrou as op ons tegnieke.
Om Jesus te ken, moet jy bekeer, glo en kennis
hê. Ons moet die klem en fokus op Christus plaas. Dit
is baie belangrik dat ons die Woord van God in ons getuienis
sal gebruik. Neem jou Bybel saam met jou as jy gaan getuig sodat
jy geïdentifiseer kan word as 'n volgeling van Jesus. Mense
word slegs deur die Woord oortuig. Jy moet die Bybel oopmaak
en die vers aandui sodat die persoon teenoor wie jy getuig saam
met jou uit die Woord kan lees. Maak seker en laat hulle dit
lees of jy kan dit lees en hulle name op gepaste plekke in die
Bybel inplaas. Hou die Woord van God te alle tye by jou. As
jy nie die Woord by jou het nie, dui dit aan dat jy dink dat
jy dit nie nodig gaan hê nie. Dra jy die Bybel saam met
jou, is jy gereed om deur God gebruik te word.
As iemand sê hulle glo nie in die Bybel
nie, moet jy optree asof jy hulle nie die eerste keer gehoor
het nie en voortgaan om te lees. As hulle sê dat hulle
nie die Bybel glo nie, sê dan : "Dan sal dit jou
mos nie seermaak nie - sal dit…?" As hulle voortgaan om
te sê dat hulle nie die Bybel glo nie, sê dan: "Wat
is daar in Romeine 6 vers 23 wat jy nie glo nie …?" Lees
die Skrifgedeelte aan hulle voor en verduidelik dat aangesien
verlossing 'n vrye gawe is en dat as die hel regtig 'n plek
is, dan sal hulle niks oorkom om te bid en aan die Here 'n kans
te gee om aan hulle te wys dat Hy 'n werklikheid is nie.
Romeine 6
23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die
genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse
Here.
Kort voor lank sal jy sien dat hulle met jou
gesels oor die Woord van God. Onthou altyd dat dit nie jy is
wat hulle aankla nie, dit is die Heilige Gees. Dit is nie jou
woorde nie, maar die woorde van die Heilige Gees. As hulle wil
argumenteer, laat hulle klaar praat en gebruik eenvoudig die
Woord en volstaan met die boodskap van die kruis en die Woord
van God. Jy moet slegs een doelwit hê en dit is om Christus
te deel met die gebruikmaking van die Woord van God. Moenie
op 'n syspoor gelei word nie. Deel eenvoudig net vir Christus.
Moenie jou kerk verdedig nie, maar praat eerder net oor Jesus.
God is by magte om die vrug van 'n nuwe geboorte te skenk deur
die Woord wat jy uit jou hart met hulle deel.
Ons moet volhard in ons getuienis en ons moet
'n patroon van volgehoue getuienis vestig. Persoonlik gaan ek
byna elke naweek uit om te gaan getuig of ek daarna voel of
nie. Telkens as ek begin getuig, is ek so bly dat ek wel gekom
het. Dikwels as iemand gered word wonder ek wat sou gebeur het
as ek nie gekom het nie. Soms saai ons saad terwyl ons getuig.
Ander kere oes ons saad. Ons kan geslaagde getuies wees en ons
kan op dieselfde tyd plant, bewerk en oes. Ja, ons is in 'n
tyd waarin die Heilige Gees besig is om siele te oes soos wat
die Woord van God gesaai word.
Amos 9
13 Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër
die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en die
berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal
wees.
Om 'n effektiewe getuie te wees, moet ons 'n
uitnodiging rig deur ander na Christus toe te nooi. Dit is nodig
dat ons 'n getuienishouding sal ontwikkel en besef dat God kan
red en dat hy deur jou sal werk. Daarbenewens betoon 'n effektiewe
getuie ook liefde teenoor alle mense. Ons moet getuig met 'n
houding van begrip en nooit konfronterend wees nie. Laat ons
daarop ingestel wees dat Jesus met ons is terwyl ons getuig.
Jou lewe van geuienis sal nooit sterker wees as jou eie lewe
in Christus nie.
Dit is nie nodig dat ons wag vir die ideale omstandighede
nie, want dit mag nooit aanbreek nie. Wees net eenvoudig dapper
en vol deernis met jou getuienis. Soms skep ek 'n omgewing om
te getuig. Daarmee bedoel ek dat as ek my in 'n ontwrigtende
gebied bevind, sal ek 'n persoon vra om uit te tree en op 'n
plek te kom staan waar ons kan gesels. Soms sal iemand 'n argument
met jou wil optel. As iemand hardop argumenteer, hou jy net
jou stemtoon sag en die vlak van jou volume dieselfde. Hulle
sal afdaal na jou volume toe. Terwyl ons getuig, moet ons volhard
in die gees van kommunikasie en ons gebedslewe verder ontwikkel.
Daar is geen plaasvervanger vir gebed nie.
Hieronder volg 'n aantal voor die hand liggende
dinge wat 'n getuie in gedagte behoort te hou terwyl hulle in
die strate is om van Christus te getuig :
MOETS