Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Voorbereiding

Om iemand te benader kan dikwels die belangrikste deel van die getuienis wees. As Jesus iemand benader het, het Hy hulle nie met een of ander presiesheid benader nie. Hy het hulle ook nie probeer beïndruk nie. Hy het hulle egter benader met liefde en vriendskap wat hulle oorweldig het. Die persoon wat Hy benader het, is dan oorweldig deur iets wat hulle nog nooit vantevore ervaar het nie. Hulle het 'n bonatuurlike uitdrukking van God deur Christus ervaar. In Johannes 17 hieronder vertel Jesus vir ons hoe Hy homself voorberei het om met ander te gaan deel. Hy het homself geheilig sodat andere geheilig kan word. Hy het gebid dat ander in Hom deur die Woord mag glo. Hy het Vader versoek om aan ander dieselfde verhouding te gee wat Hy gehad het. Hy het Sy heerlikheid gedeel en wou hê dat almal dit moet besit. Dit is die instelling wat ons moet hê wanneer ons iemand benader. Ons wil alles wat God is aan hulle bied met die hoop dat hulle alles wat hulle is aan God sal toewy. Ja, die benadering begin by ons soos wat ons tyd in gebed en heiligmaking deurbring. Berei jou hart en jou lewe voor om die Heilige Gees toe te laat om deur jou na nader te vloei. Onthou altyd dat jou getuienis 'n uitdrukking is van jou lewe en die lewe wat jy in God leef. Wees bedag daarop om met ander te deel deur tyd af te staan vir voorberei-ding.

Johannes 17
17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo -
21 Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U my gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U my gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.
26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

Benadering in die strate

Om op sypaadjies en in openbare plekke te getuig, is my geliefkoosde manier van getuig. Ek staan baie maal verbaas om te sien hoe vinnig individue Jesus Christus as hulle Verlosser reg daar op die openbare sypaadjie aanneem. Wanneer ek iemand benader, het ek iets in my hand om aan hulle te gee. Wanneer jy hulle op die sypaadjie probeer stop om met hulle te praat, is dit moeilik om hulle aandag te kry. Dit is veral waar in lughawegeboue en ander besige openbare plekke. Dit wil voorkom asof mense altyd besig is en hulle sal verby jou stap.

Ek het gevind dat dit nodig is om 'n christelike plakker te hê om aan hulle te gee. Moet egter nooit toelaat dat materiaal 'n plaasvervanger vir God se Woord word nie. Onthou 'n traktaatjie of 'n plakker is slegs maar 'n manier van kontak maak. Ons moet die getuienis wees en nie slegs op materiaal vertrou nie. As jy 'n traktaatjie gebruik, is hulle nie geïnteresseerd nie, omdat ander groepe soos kultusse en politieke voorstanders ook literatuur versprei. Dit wil egter voorkom asof 'n plakker hulle aandag kry. Soos wat hulle dit in hulle hand neem, begin hulle dit lees en luister hulle nie meer wat jy te sê het nie. In 'n besige area, kan die plakker ook dien as 'n manier van identifikasie van mense met wie daar alreeds gepraat is. Jy moet op jou eie hemp ook 'n plakker dra as 'n voorbeeld van iemand wat een dra. Somtyds
oorhandig ek 'n plakker waarvan die papier alreeds afgetrek en die gomkant blootgelê is. Dit beteken hulle moet nou iets doen met die plakker en dit is makliker om dit vas te plak as om dit vas te hou of in hulle sak te steek. Somtyds sien mense op straat die plakkers en kom hulle na my toe om een te kom haal. Baie maal ontvang hulle op 'n besliste manier Jesus Christus as hulle Verlosser of wy hulle hulle lewens opnuut toe aan Hom by die ontvangs van hulle plakker. Wanneer ek 'n plakker aanbied aan hulle, sê ek : "Laat ek vir jou 'n Jesusplakker gee." Mense wat saam met my getuig, vra : "Wil jy 'n Jesusplakker hê?" Wanneer jy iemand vra of hulle 'n plakker wil hê, sê hulle gewoonlik nee. Wanneer jy egter sê : "Laat ek vir jou 'n plakker gee," steek hulle hulle hand uit en ontvang 'n plakker. Die woorde wat ons in ons benadering gebruik, is uiters belangrik.

Noudat ek hulle laat stilstaan het deur vir hulle 'n plakker te gee of dit op hulle hemp te plak, sit ek my benadering voort. Ek mag 'n algemene gesprek aanknoop oor die dag of as hulle nie haastig lyk nie met hulle praat oor hulle kinders. Ek laat die Heilige Gees toe om my op hierdie punt te lei om te verseker dat Hy met hulle praat oor wat Hy vir hulle wil sê. Verseker ken Hy hulle hart en Hy sal jou help om met hulle te deel. Vertrou Sy leiding terwyl jy met hulle praat. Dit is baie belangrik dat jy iemand met 'n glimlag reguit in die oë sal kyk en jouself sal voorstel en sal vertel hoekom jy op die sypaadjies is of aan deure klop. Ek sê : "Haai, my naam is Ricky en ek getuig vandag in die strate. Wat is jou naam? Is jy 'n christen?' Terwyl ek myself voorstel, hou ek my hand uit en gee ek 'n hartlike handdruk aan hulle. Moenie verbaas wees as hulle op daardie oomblik begin huil as gevolg van God se oortuigingskrag wat in hulle begin werk nie. Keer vir keer was ek al die getuie van die Heilige Gees wat iemand se hart op so 'n kragdadige wyse voorberei het, dat hulle onmiddelik oortuig is. Terwyl ek my getuienis voortsit, stel ek aan hulle die Vraag nadat ek hulle hand geskud het : "Gestel jy sou vanaand sterf, weet jy sonder enige twyfel dat jy hemel toe gaan?" Somtyds vra ek aan die persoon : "Lewe jy nou vir Hom?" Hierdie eenvoudige vraag, lewer vrugbare resultate. Alhoewel die persoon aanvanklik gesê het dat hulle 'n christen is, word hulle oortuig wanneer ons vra of hulle nou vir Hom lewe. Dit is op hierdie stadium dat ons vra of hulle graag wil terugkeer na Christus toe. Jy sal vind dat baie sal reageer op hierdie eenvoudige manier van getuig.

Aan die begin het dit vir my voorgekom of dit moeilik is om 'n groot groep mense te benader. Ek was bekommerd dat ek dalk verleë sal wees deur hulle reaksie. Ek het egter al so baie tyd op straat span-deer waar ek gesien het hoe die Heilige Gees verskeie persone tegelykertyd red. Moenie dat vrees 'n invloed hê op jou getuienis nie. Wanneer ek aanvoel dat die Heilige Gees vir my sê dit is tyd, sê ek : "Kom ons neem nou hande. Ek sal jou in gebed lei om Jesus Christus as Heer te ontvang." Ek gaan voort en sê : "Wees dapper en doen dit nou dadelik," terwyl ek hulle hand vat. Dit gebeur selfs dat bendelede my hand vat om Christus te ontvang. Moenie 'n negatiewe reaksie verwag nie. Terwyl jy iemand benader, moet jy ook nie toelaat dat die persoon se uiterlike of optrede jou beïnvloed nie. As ons toelaat dat mense se uiterlike ons getuienis beïnvloed, dan probeer ons om self die werk te doen eerder as die Persoon van die Heilige Gees. Laat Jesus Christus toe om meegevoel met hierdie wêreld te hê en om deur jou te praat met die haweloses, die armes sowel as almal wat oor jou pad kom. Terwyl jy hierdie liefde van God toelaat om jou hart op te wek, sal jy ook geseën word. God het alle mense lief en wil jou gebruik om met hulle te deel.

Johannes 3
16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Nadat ek tyd in die strate spandeer het, is ek op my gemak om met enige iemand te kan gesels. Ek word nie beweeg deur verwerping of onbeskoftheid nie. Ek gaan net eenvoudig aan mte die straat af na die volgende persoon met die verwagting dat ten minste een persoon Hom sal leer ken. Dit is so wondelik om die een persoon te sien wat Jesus Christus leer ken. Ja, ek het bendelede gesien wat Hom leer ken, sowel as verslaafdes, haweloses, hulle wat so pas uit die gevangenis vrygelaat is, dokters, sakemanne en jongmense.

Matteus 25
35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê : Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
38 En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê : Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

Onthou om nooit jong kinders te benader as hulle ouers nie teenwoordig is nie. Jy behoort die ouers te benader en hulle toestemming te vra om aan hulle kinders 'n plakker te ee. In die gemeenskap van ons dag is dit belangrik om te onthou. Jou bedoelings kan vinnig verkeerd vertolk word deur ouers of ander toeskouers.

Benader mense op straat met dapperheid en met genade vir elkeen. Laat die Heilige Gees toe om jou te gebruik om ander na die Here Jesus Christus te lei. As jy ander benader nadat jy eers tyd in gebed en voorbereiding spandeer het, sal jou resultate op straat baie veranderde lewens produseer.

Om van deur tot deur te gaan

Die kerk behoort op deur tot deur evangelisasie gefokus te wees. Die kerk in die boek van Handelinge het volgens die volgende Skrifverwysing in die strate getuig.

Handelinge 5
41 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.

Ons moet onthou dat hulle teenoor wie ons getuig deur van deur tot deur te gaan, het dalk nog nooit 'n bekende kerk bygewoon nie. Ander kon dalk een maal kerk toe gegaan het en seergekry het en is nie van plan is om ooit weer terug te gaan nie. Sommige het miskien nog nie eens die geleentheid gehad om Jesus Christus as hulle Heer te ontvang nie. Gedagtig aan al hierdie feite, is dit nodig dat ons sal getuig met 'n houding van begrip as ons iemand se deur benader en voorbereid wees op watter reaksie ookal. Dikwels kom ek baie sterk reaksies teë terwyl ek van deur tot deur beweeg. Ek het hele gesine na die Here sien kom wanneer ek ingenooi is. Ander kere is deure in my gesig toegeklap. Jou pogings sal beloon word en baie sal gered word indien jy aan genoeg deure gaan klop.

Ek benader deur tot deur evangelisasie eerstens as 'n manier om vriende wat ek nog nooit vantevore ontmoet het nie te maak. Ek stap eenvoudig langs die straat of sypaadjie terwyl ek stil bid en die Heilige Gees vra om voor my uit te gaan. Ek gaan na 'n voordeur en lui die klokkie. Dan tree ek 'n paar tree agteruit sodat die inwoners my deur die loergat of glas kan sien. Deur agtertoe te tree, maak die persoon wat die deur moet oopmaak minder vreesagtig. As jy te naby aan die deur staan, sal jy vrees verwek in plaas van om 'n getuie vir Jesus te wees. As hulle na die deur toe kom, sê hoekom jy daar is. Ek sou sê : "Hello, my naam is Ricky en ek is van 'n plaaslike kerk en ek besoek almal in ons gemeenskap. Laat ek vir jou (of u) 'n plakker gee. As jy (of u) kinders het, kan ek nog plakkers gee." Ek weet wanneer daar kinders is deur die teenwoordigheid van fietse, speelgoed, plakkers op vensters en geluide in die huis. Let op toe ek na my kerk verwys het, het ek nie die denominasie waaraan ek behoort se naam verstryk nie. Deur die denominasie se naam te vermeld, kan onmiddelik enige verdere kommunikasie afsny. Wanneer jy 'n plakker oorhandig, sal die persoon dit neem en daarna kyk. Terwyl hulle daarna kyk, vra jy of hulle enige kerk bywoon. Hier moet jy fyn luister. Antwoord hulle nie onmiddelik nie, sal jy vinnig die stand van hulle hart leer ken. Somtyds sê mense vir my dat hulle kerk bywoon, maar in werklikheid het hulle jare laas 'n kerk bygewoon. Dit kan jy uitvind deur te vra of hulle tans die kerk bywoon. Soms noem hulle 'n kerk se naam en nogtans is hulle totaal verlore. Nadat ek die kerk wat hulle bywoon met hulle bespreek het, vra ek die Vraag : "As jy vanaand sou sterf, weet jy sonder enige twyfel of jy hemel toe gaan?" Wees gereed om hulle na die Here te lei soos wat die Heilige besig is om hulle harte voor te berei.

Indien jou getuienis uitloop op iemand wat sê dat hulle nie geïnteresseerd is nie, sê dan : "Laat ek vir jou (vir u) 'n traktaatjie gee, asseblief." Jy kan vra of jy by 'n latere geleentheid mag terugkeer. Dit is altyd beter om ten minste evangeliese leesstof in hulle huis te laat of om 'n geleentheid te hê om later terug te keer as om doodeenvoudig 'n negatiewe respons te ontvang. Maak seker dat die tye van die eredienste op die traktaatjie aangebring is en nooi hulle uit om jou kerk te kom bywoon. Sommige sal meer gemaklik voel om na jou kerk te kom as om saam met jou by hulle voordeur te bid. Ek laat nooit evangeliese leesstof by die deur as niemand na die deur kom nie. Ek wil dit altyd direk in iemand se hand plaas.

Indien jy ingenooi word in 'n huis en die persson is van die teenoorgestelde geslag, maak dan eers seker daar is iemand anders in die huis voordat jy die uitnodiging aanvaar. Om ingenooi te word in 'n huis loop baie maal daarop uit dat iemand of meer as een gered word. Moenie mense se gasvryheid misbruik nie en maak seker dat jy iemand aan Jesus Christus voorstel sodra jy in die huis verwelkom is. Dikwels as jy te lank neem, kan daar 'n afleiding kom en jou geleentheid om te getuig kan verlore wees. Indien die hele familie teenwoordig is, vra die Vraag aan almal tegelyk. Jy sal verbaas staan om te sien dat almal na die Here kom. As jy in die huis is en iemand rook of die televisie of radio is aan, ignoreer dit. Getuig in die omgewing wat beskikbaar is. Jy sal nooit 'n volmaakte geleentheid hê om te getuig nie en jou pogings om een te skep, sal die mense kwaad maak of irriteer.

Kitskosinrye

Het jy al ooit iemand na die Here sien kom in 10 sekondes? Jy sal as jy by 'n kitskosrestaurant getuig. Jy sal vinnig moet getuig, want jy het nie veel tyd om die evangelie te deel nie. Gebed en om deur die Heilige Gees gelei te word, is werklik die sleutel om iemand by 'n kitskosinry na die Here te lei. Een maal het ek teenoor 'n jongmeisie agter die toonbank van 'n kitskosinry getuig terwyl sy my kos vir my aangegee het. Net toe ek wil vertrek, vra ek haar of sy kerk toe gaan. Toe sy aarsel om te antwoord, sê ek met 'n groot glimlag : "Kom hier na my toe." Sy het om die toonbank tot by my gestap. Ek het my hand na haar uitgehou en gesê : "Neem my hand en neem Jesus op hierdie oomblik aan." Sy het dit gedoen en binne 'n paar sekondes is sy gered. My pogings was die antwoord op haar ma se gebede. Ek het haar gevar of sy 'n kerk het om by te woon en haar antwoord was dat haar ma haar al vir 'n lang tyd uitnooi en sy het belowe dat sy die eerskomende Sondag kerk toe sou gaan. Sy was so opgewonde om Christus aan te neem. 'n Evangelis saam met ons in ons paneelwa was stom van verbasing om te sien hoe maklik dit is om iemand na die Here te lei. Weke later het ons die jongmeisie besoek en sy het steeds haar ma se kerk bygewoon.

Dit is opwindend om Jesusplakkers vir iemand by die vesnter van 'n kitskosinry te gee. Alhoewel hulle nog nooit vantevore getuig het nie, plak hulle op elkeen wat saam met hulle werk 'n plakker. Verseker kan christene net so entoesiasties wees as 'n kelner in 'n restaurant. As 'n kitskosinry twee vensters het, het jy twee plekke om te getuig.

As jy in 'n restaurant getuig, mag jy nie enige steurnis veroorsaak nie. As jy met plakkers of traktaatjies sal jy in staat wees om met min steurnis van tafel tot tafel te beweeg as nie konfronterend is en vinnig beweeg. Deur traktaatjies binne in spyskaarte by jou tafel te plaas en deur hulle langs die sout en peperpotjies te laat, kan soms 'n getuienis wees vir iemand wat hulle daar vind.

Betaalfoongetuienis

Laat een nag het ek saam met ons span in Fort Smith, Arkansas, in die parkeerarea van 'n kettingwinkel getuig. Oor die jare het ek soveel mense in hierdie parkeerarea ontmoet en gesien hoe hulle hulleself na die Here keer na aanleiding van ons getuienis van Christus. Ek het na die betaalfone gestap en soos so baie in die verlede Jesusplakkers uitgedeel. Weekliks het ons die teenwoordigheid van die Heilige Gees ervaar in die lewens van mense teenoor wie ons getuig het. Wat ek egter nie besef het nie, was dat daar iets baie interessants op die punt was om te gebeur.

Ek het 'n Jesusplakker aan 'n dame oorhandig wat besig was om op die foon te praat. Ek het geglimlag en gesê : "God seën jou." Toe ek op die punt was om weg te stap, sien ek dat sy begin huil. So erg, dat sy nie langer op die foon kon praat nie. Sy het onmiddelik die gehoorstuk op die mikkie terug gesit en net daar staan en huil. Oënskynlik het sy in die oortuigingskrag van God gestaan. Ek het vir haar gevra: "Hoe lank is dit nou al dat jy weggedraai het van Christus af?" Haar antwoord was : "Dit was te lank." Ek sê toe : "Neem dan my hand en bid agter my aan om Christus te ken." Sy het gebid en 'n nuwe verhouding tussen haar en Christus het ontstaan. Sy het vertel hoe die Here aan haar haar verlorenheid gewys het toe sy die plakker ontvang het. Sy was besig om met haar ma in New York te praat oor al die probleme in haar lewe en het vertroosting gesoek. Sy het nou die vertroosting gevind in die wete dat die Here haar lewe aangeraak het.

Baie maal in die strate ervaar ons dat die Here ons lei na mense wat seer het. My deelname in die getuienis van hierdie jongdame was maar minimaal en tog kon ek die magtige aanraking van haar siel deur die Here sien. Om die uiterlik reaksie te sien van 'n siel wat deur die Here oortuig word, soos wat ons gesien het, herhinner my aan wie die Een is wat harte in die strate verander. Al wat die Here daardie aand nodig gehad het, was 'n uitgestrekte hand en 'n stem om haar in gebed te lei.

"Dit blyk dat baie van ons getuienislewering is nie soseer ons vermoë (ability) is nie, maar eerder ons beskikbaarheid (availibility)" (Arthur Blessitt).

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer