Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart
Wanneer ons meer verstaan omtrent getuienis, sal
dit ons help om meer effektiewe getuies te wees. Ek het al aan
soveel mense getuig, dat ek iets opgemerk het, wat ek die vertraging
van die hart wil noem. Die Here hanteer ons elkeen op 'n ander
manier en ons elkeen se harte is anders. Ek het opgemerk, wannneer
ek meer tyd met sekere mense spandeer het, het ek interesante
resultate gesien. Baie wat reeds gesê het dat hulle gered
is of sommiges wat nie geïnteresseerd was nie, het geblyk
of hulle oortuiging ervaar het en die
Heilige Gees het met hulle harte begin werk. Dikwels het hierdie
reaksies my verras. Dit lyk of die Heilige
Gees meer tyd nodig het met sommige mense. Dit is so belangrik
om die Woord van God in iemand se hart
te saai en seker te wees en te wag vir dit om gevoed te word.
1 Petrus 1
23 want hulle is wedergebore nie uit verganklike saad
nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God
wat tot in ewigheid bly.
24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid
van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy
blom val af,
25 maar die woord van die Here bly tot in alle ewigheid.
En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
Dit blyk dat die vertraging plaasvind wanneer
die saad groei en 'n oorlog vir die besit van die siel gevoer
word. Is die vertraging van die hart? Dit kan wees dat die wêreld
wat ingetree het, probeer om die Woord
te versmoor en ons moet die Woord tyd gee om saad te wees.
Markus 4
18 En hulle by wie in die dorings
gesaai word - dit is hulle wat die woord hoor,
19 en die sorge van hierdie
wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede
in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord,
en dit word onvrugbaar.
20 En dit is hulle by wie in
die goeie grond gesaai is - hulle wat die woord hoor en aanneem
en vrugte dra: een dertig-en een sestig-en een honderdvoudig.
Ek en 'n pastoor wou net vir 'n uur gaan getuig
het, omdat dit baie koud buite was. Ek kon sien dat hy dit regtig
geniet het om van deur tot deur te gaan. Toe ek en die pastoor
terug geloop het na 'n park waar ek vroeër getuig het,
het ons so paar kinders sien basketbal speel. Ons het oor die
park geloop en met die kinders gaan praat. Dit was 'n getuienis
soos uit 'n teksboek. Ons het die kinders gevra of hulle gered
is en hulle het ja gesê. Ek het toe verdere ondersoek
ingestel en gevra of hulle nog ooit gebid het en om Jesus Christus
as hul Here te ontvang en hulle het nog nooit nie. Een jong
seun was baie gretig om sy hart vir die Here te gee en soos
ek sy hand geneem het, het die pastoor en ek agtergekom dat
daar besig is om iets met die ander jong seun te gebeur. Ons
het gesien dat hy huil en hy het na ons uitgereik soos 'n blinde
terwyl hy probeer het om ons hande te vat. Dit het gelyk of
hy 'n ontsaglike skuld oortuiging deur die Heilige Gees ervaar
het. Die pastoor vra hom toe of hy sy hart vir die Here wil
gee en hy het ingestem. Al twee die jong
seuns het hulle harte vir die Here gegee. Dit was 'n wonderlike
getuienis dag. Ek sal hierdie dag onthou en ek sal terug keer
in die hoop om meer siele te wen vir die Here.
Etlike maande later het ek en 'n diaken van my
kerk, terug gekeer na hierdie selfde park om te getuig. Ons
het die elfjarige seun weer ontmoet wat die Heilige Gees so
sterk voorheen oortuig het. Hy het op dieselfde
basketbal baan gespeel waar ons voorheen met hom gesels het.
Ek het onthou dat iets buitegewoons met hom gebeur het terwyl
'n pastoor en ek, getuig het aan die ander seun.
Hierdie seun het toe die storie vir ons vertel
in sy eie woorde. Dit was 'n kragtige en suiwer getuienis. Hy
het ons vertel dat hy daardie dag op die basketbal baan gered
was en hy het nou nuwe vriende. Dit blyk dat hy nie sy vriende
gekies het nie, maar dat hulle hom egter gevind het. Die Here
het nuwe vriende vir hom berei. Ek het hom vertel dat ek onthou
dat hy langs 'n pastoor gestaan het, terwyl ons vir die ander
jong seun gebid het. Ek het hom vertel dag ek onthou dat hy
gehuil het en na ons uitgereik het en oorlaai deur God was,
toe hy vir verlossing gevra het. Ek het hom toe gevra om ons
te vertel wat daardie dag gebeur het. Hy het gesê dat
God het met hom gepraat dat hy gered moet word op daardie oomblik
en dat hy God se teenwoordigheid deur hom voel beweeg het. Dit
was baie interessant om te hoor wat met hom gebeur het, in sy
eie woorde. God was werklik teenwoordig daardie dag op die basketbal
baan in die persoon van die Heilige Gees.
Ons het toe 'n WSJD bantjie vir hom gegee en hom
verduidelik wat dit beteken. Ek is seker dat God hierdie jong
seun gaan hou. Dit blyk asof Hy hom daardie dag op die basketbal
baan gekies het. Ek was baie opgewonde daardie dag op die baan
toe ons die oortuigings krag van die Heilige Gees op hom gesien
het, terwyl ons gebid het.
Dit is waaroor dit gaan. Die vrug het oorgebly
en die jong seun was verander, nie deur ons nie, maar deur die
krag van God. Volhard in gebed vir daardie wat na Christus toe
kom in die strate, dat God hulle sal weerhou van die vyand.
Ek het later gedink dat die oortuigings krag van
God het langer geneem met Robert as met sy vriend. Ons moet
sensitief wees tot die Heilige Gees, en Hom tyd gee om te werk
in die harte met daardie met wie ons praat. Ons moet tyd neem
met die een persoon met wie ons praat en ons self nie bekommer
of verhinder word deur enigiets anders nie. Het ons geleenthede
verloor om ander te wen vir Christus omdat ons 'n onmiddelik
reaksie verwag het? Ons het al mense gesien wat so vinnig as
ses sekondes gered was, maar ons moet ook bereid wees om langer
te wag vir daardie met wie die Here langer gaan neem om mee
te werk.
Psalm 25
2 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd
staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
3 Gimnel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd
staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder
oorsaak.
4 Dalet.HERE, maak my u weë bekend; leer my u
paaie.
5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die
God van my heil. U verwag ek die hele dag.
6 Sajin. Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede,
want dié is van ewigheid af.
7 Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en
aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om
u goedheid ontwil, o HERE!
Op 'n ander geleentheid, het ons 'n jong meisie
in Tulsa Oklahoma ontmoet, haar naam was Candy.
Sy het aan die passasiers kant van 'n ou (*) pickup trok gesit.
Ons het met haar oor Christus gepraat, en haar die vraag gevra
terwyl ek my hand op die rand van die trok se venster gesit
het. Sy't na my hand gekyk en vir een of ander rede net daar
gesit en gesidder met oortuiging. Op 'n baie jong ouderdom was
Candy alreeds so diep betrokke in sonde, dat dit baie moeilik
vir haar was om 'n besluit te neem. Dit was so hartseer om na
haar te kyk terwyl sy probeer het om my hand te neem, maar sy
kon nie my hand neem en Christus as haar verlosser aan neem
nie.
Haar ma het later terug gekeer na die trok toe,
ek het toe met haar gesels terwyl ek my hand van die trok se
venster verwyder het, vir Candy om te vat. Haar ma het toe vir
my gesê dat hulle altwee is Christene. Ek sê toe
vir haar ma, dat Candy is nie 'n Christen nie en dat sy verlore
is in hierdie wêreld en dat sy moet begin om vir haar
dogter te bid, dat sy na Christus toe sal kom. Haar ma het toe
begin huil, terwyl sy huil, het ek gewag en gewag. Eindelik,
omtrent tien minute later, het dit gelyk of dit al haar krag
gevat het, om na my uit te reik en my hand te vat. Candy het
my hand daardie dag geneem en ek was baie bly dat ek vir haar
gewag het om na Christus toe te kom. Ek was so opgewonde toe
ek die wonderwerk van verlossing gesien het toe Candy wedergebore
was. Dit het geblyk dat daar 'n vertraging in Candy se hart
was, terwyl die Heilige Gees in haar siel gewerk het. Candy
het die besluit geneem, vir eens en vir altyd, vir Christus.Was
dit buitengewoon om iemand na Christus toe te lei in 'n (*)
pickup trok? Moes ek wag dat sy op een of ander manier voor
die deur van 'n kerk gekom het? Sou sy braaf genoeg gewees het
om te kom? Net God sal weet!
In die Bybel, het ons al baie voorbeelde van vertragings
gesien werk in die lewens van mense. Ons kan sien dat die antwoord
op Daniël se gebed met een en twintig dae vertraag was.
Daniël 10
12 Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie Daniël,
want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het
om om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig,
is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;
13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het
een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Migael,
een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék
het daar oorgebly by die konings van Persië.
Alhoewel die Here dadelik antwoord, blyk dit asof
Daniël se gebedverhoring vertraag was a.g.v. 'n geestelike
invloed in hierdie wêreld. Dikwels sien ons dit ook in
die lewens van daardie met wie ons praat wat probeer om 'n te
kies tussen Christus en dit wat hulle daardie nag wil doen of
selfs die week daar na wil doen. Die Heilige Gees is die oorsaak
dat ons almal met sonde moet klaar speel en bied ons die keuse
om Christus te ontvang.
Psalm 130
5 Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy
woord.
6 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre,
wagters op die môre.