Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug
Terwyl ek getuig, merk ek dikwels baie mense op
wat na Christus toe wil kom, maar by wie dit aan die moed ontbreek
om daarop te reageer. Dit is belangrik dat ons 'n brug sal bou
om hulle te help om die krag te vind om die hindernisse te oorkom
wat hulle ontmoedig om Christus te ontvang.
Op 'n keer het ek teenoor 'n jong man in Gray
Rock, Arkansas, getuig. Hy het 'n ware begeerte gehad om na
Christus terug te keer. Terwyl ek egter getuig, het sy pa toegekyk
en dit het sy seun ongemaklik laat voel om op Christus te reageer.
Ek het 'n paar treë eenkant toe gegee en die sig tussen
hom en sy pa geblokkeer en ook sagter gepraat. Ek was besig
om 'n beter omgewing vir die getuie te skep. Ek het gepoog om
dit vir hom makliker te maak om tot Christus terug te keer.
Die jongman het sy lewe hertoegewy aan Christus.
Terwyl ek in Parys, Arkansas, besig was om in
'n park teenoor drie dames te getuig, kom ek agter dat twee
van die dames nie 'n verhouding met Christus het nie. Toe ek
'n uitnodiging rig om na Christus te kom, kyk die dames na mekaar,
maar nie een is bereid om te erken dat hulle ver van van Christus
af is nie. Die oomblik het aangebreek om hulle te help om na
Christus te kom. Ek sê : "Kom, ons neem hande en
dan lei ek julle in gebed". Ek het hulle gevra om die gebed
te bid asof hulle dit bedoel en toe lei ek hulle in die sondaarsgebed.
Daarna vra ek hulle weer : "Wie het die gebed gebid en
dit bedoel en teruggekeer na Christus toe?" Weer het hulle
na mekaar gekyk sonder dat enige iemand iets sê. Toe sê
ek : "Julle twee dames het terruggekeer na Christus toe,
nie waar nie?" Hulle het erken hulle het en trane het in
hulle oë opgedam. Dit was die eerste keer dat ek opgemerk
het dat mense werklik hulp nodig het om hulle emosies uit te
druk en 'n brug na Christus toe te bou. Almal van ons se emosies
verskil van mekaar en ek is van oortuiging dat ons alles in
werking behoort te stel om iemand na Christus toe te help. Ons
het hulle gehelp om trots te oorkom en Christus te vind.
Dit gebeur ook dat ek terwyl ek getuig 'n uitnodiging
tot iemand rig om na Christus te kom. Sommige rig 'n uitnodiging
deur eenvoudig te sê : "Wil jy bid om Christus te
ontvang?" Baie sal nee sê bloot omdat hulle nie weet
hoe om te bid nie en te selfbewus is om dit op hulle eie te
doen. Hulle verstaan nie wat dit is wat van hulle gevra word
om te doen nie. Ek maak dit vir hulle maklik om op Christus
te reageer en maak dit duidelik wat hulle kan doen om Christus
te ontvang. Weereens sal hierdie brug hulle help om te reageer.
Dit het vir my duidelik geword dat mense met hulle hele hart
wil reageer, maar eenvoudig net nie kan nie. Dan sal ek vir
'n persoon sê : "As jy Christus wil ontvang, neem
my hand." Met teerheid strek ek dan my hand tot naby hulle
uit om dit vir hulle maklik te maak om my hand te vat. Dan sal
ek sê : "Ek gaan nou bid en jy kan agter my aan bid
om Christus in te nooi in jou hart in." Om ander te help
om te bid, is 'n belangrike brug na Christus toe.
Ek het op 'n sypaadjie langs 'n daklose man in
Tulsa, Oklahoma, gesit sodat ek nader aan hom kon wees en nie
op hom neerkyk nie. Deur by hom te sit, was dit vir my moontlik
om meer met hom te identifiseer asook om 'n brug na Christus
toe te bou. Hy het op sy gemak geraak met my wat daar by hom
gesit het en ons het 'n genotvolle bespreking gehad. Na 'n aantal
minute het ek die fokus na Christus verskuif. Die man het hom
oombliklik tot Christus gekeer, hy is gered en het my vriend
geword. Ek het Morris se naam in my joernaal opgeteken sodat
ek vir altyd ons gesprek op die sypaadjie sou onthou. Dit is
so belangrik om te leer hoe om ons te vereenselwig met hulle
met wie ons praat en om die bes moontlike geleentheid te skep
vir hulle om die evangelie te hoor en bekeer te word tot Christus.
Die tegniek van brugbou, is wat ons in kerkdienste
sien. Wanneer 'n leraar mense in 'n diens na Christus uitnooi,
word die uitnodiging gerig terwyl almal hulle oë toehou.
Hulle wat Christus wil aanneem, word dan gevra om hulle hande
op te steek. Dit is dieselfde metode wat ons in die strate volg.
Alhoewel tegnieke varieer, bly die gedagte steeds dieselfde.
Ons probeer om die persoon wat besig is om tot Christus te keer
op die gemak te stel. In die kerk vra die leraar 'n respons
deur die opsteek van 'n hand. In die strate vra ons 'n respons
deur 'n uitgereikte hand.
Alhoewel tegnieke nuttig en belangrik is, is
dit uiters belangrik om die Heilige Gees toe te laat om aan
die persoon die moed en oortuiging te gee om na Christus toe
te kom. Ons almal kan onthou toe ons na Christus toe gekom het.
Ons kan die oortuiging onthou wat ons ervaar het asook die die
moed om te kon reageer. Die heel belangrikste brug terug na
Christus toe, is deur die persoon van die Heilige Gees.