Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed
Onderwyl jy Christus met ander deel, sal jy opmerk
dat mense jou getuienis verwerp. Op 'n dag toe 'n hele aantal
mense hulle nie tot Christus gekeer het nie, het ek met die
Here daaroor gepraat. Ek het gevra : "Here, wat is verkeerd?
Hoekom is daardie mense nie gered nie?" Die Here se antwoord
was : "Jy het nie vir hulle gebid nie." Ek was daarvan
oortuig dat ek van God gehoor het en dat ek nie kon wag om Christus
met die volgende persoon te deel nie. Ek het ook geweet dat
ek baie na Christus sou sien kom. Somtyds het hulle wat afvallig
geraak het van God verhard geraak teenoor die Woord en teenoor
God. Ander kere kan mense se lewens geestelik deur die vyand
beïnvloed gewees het. Daarom deel ek 'n woord van gebed
met hulle voordat ek die Woord met hulle deel. Ek noem hierdie
gebed die "Voorbereidings-gebed."
Die Here het vir my gewys deur om saam met iemand
te bid, wat ek voel 'n moeilike getuie gaan wees, die Heilige
Gees daardeur in staat gestel word om toegang tot hulle hart
te verkry. Die Voorberei-dingsgebed is 'n versoek vir die aanwending
van die bloed van Jesus op hulle hart. Deur gebed sal die Here
die vyand bind om te voorkom dat hy die getuie onderbreek. In
die gebed vra ons die Heilige Gees om ons woorde duidelik en
verstaanbaar te maak. Die Heilige Gees sal veroorsaak dat jou
woorde diep in hulle hart indring. Daarbenewens verwag hulle
ook nou dat ons iets met hulle gaan deel voordat hulle vertrek.
Laastens vra ons dat hulle 'n lang lewe sal hê en lang
gesondheid sal geniet soos dit in Psalm 116 vers 16 vermeld
word. Verseker sal jy luister na iemand wat vir jou 'n lang
lewe en gesondheid toebid. Terselfdertyd gebruik ons die krag
van saamstemming met die persoon. As jy en die persoon saamstem
oor jou gebed is die tafel vir God gedek om 'n wonder te doen
in die persoon se lewe. In die Skrifgedeeltes hieronder sien
ons die beskikbare gebedskrag om die vyand te bind (Vergelyk
vers 18). In vers 19 sien ons die krag van saamstemming. In
vers 20 belowe die Here om teenwoordig te wees wanneer ons in
Sy naam bymekaar kom.
Matteus 18
18 Voorwaar Ek sê vir
julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde
wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel
ontbonde wees.
19 Weer sê Ek vir julle
As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle
mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die
hemele is.
20 Want waar twee
of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.
Ek het die een voorbeeld na die ander gesien van
mense wat my aanvanklike getuienis verwerp het en nadat ek die
Voorbereidingsgebed saam met hulle gebid het na Jesus toe gekom
het. Terwyl jy bid, is dit 'n goeie geleentheid om aan hulle
skouer te raak of, as dit fatsoenlik is, hulle hand te hou.
Ek glo dat deur aan hulle skouer te raak of hulle hand vas te
hou, daar geestelik kontak gemaak word. Hulle kan God se liefde
voel en Sy salwing kan deur jou in hulle hart invloei.
Wanneer ek bid, bid ek 'n soortgelyke gebed as
die volgende : "Vader, in Jesus naam, vra ons dat U hulle
sal aanraak en hulle harte met Jesus se bloed sal bestryk. Vader,
gee hulle begrip vir my woorde terwyl ek praat en help hulle
om U op 'n meer persoonlike manier te verstaan. Here, dit is
ons gebed dat die Heilige Gees hulle met oortuiging sal omring
en dat U genade in hulle lewe sal invloei. En, Here, gee aan
hulle 'n lang lewe en gesondheid en help hulle om U al die dae
van hulle lewe te volg. Here, ons vra vir 'n heining van beskerming
rondom hulle. In Jesus se naam bid ons dit. Amen."
Na die gebed lees ek Romeine 10 vers 8 tot 10
aan hulle voor en maak ek ook 'n persoonlike uitnodiging waarna
ek vir persoon na persoon bid om Christus te ontvang. Dit is
my oortuiging dat gebed die verskil maak. Wanneer ek myself
in 'n agterlike deel in die hart van 'n middestad bevind, sal
ek dikwels my getuienisse met die Voorbereidingsgebed begin.
Wanneer ek hulle nader en myself aan hulle voorstel, sal ek
sê : "Laat ek bid en vir God vra om jou te seën."
Terwyk ek vra of ek viir hulle kan bid, reik ek my hand uit
en plaas dit op hulle skouer. Die meeste mense sal reageer en
jou toelaat om vir hulle te bid.
Ek kan onthou toe ek vir die eerste maal die Voorbereidingsgebed
gebid het. Ek het 'n vriend se ma besoek wat as terminaal siek
beskou is. Dit was dringend noodsaaklik dat sy gered moes word
aangesien dit nie bekend was of sy sou lewe of sterwe nie. Gesinslede
en ander het probeer om Christus met haar te deel, maar sy wou
nie saam met hulle bid nie. Toe ek nader aan haar bed kom en
op die punt was om te bid, het ek gedink dit is belangrik dat
ek die Here se leiding volg. Hy wou hê dat ek eers vir
haar sou bid voordat ek 'n uitnodiging tot haar rig. Ek het
'n eenvoudige gebed gebid en toe 'n uitnodiging gemaak. Tot
almal se verbasing het sy my hand vasgehou en my gebed gevolg
en Christus in haar hart ingenooi. Daardie dag was die teenwoordigheid
van die Heilige Gees so wonderlik en sy is gered. Ofskoon sy
as gevolg van haar siekte hierdie wêreld verlaat het,
het ons geweet dat sy verseker Christus ontvang het. Sy was
die eerste een van duisende om Christus te leer ken deur die
Voorbereidingsgebed. Laat die Here lewens aanraak soos wat jy
uitreik en die Voorbereidingsgebed bid.