Voorwoord
Welkom by die Straat Universiteit! Ek
onderskryf en beveel hierdie kursus van studie en inspirasie
ten volle aan. My
dierbare
vriend en mede-evangelis Ricky Hobbs het 'n uitstekende taak
verrig. Dit is gerat vir mense van alle ouderdomme, volkere
en kulture. Die doel is om jou te help om 'n bestendige, effektiewe
en vrugbare getuie vir Jesus in jou wêreld te word. Die
doelwit is om te lewe, lief te hê en te getuig volgens
die lewensstyl van Jesus ons Heer. Hierdie Straat Universiteit
help jou leer om 'n lewe en getuienis gelei deur die Heilige
Gees te lewe. Die klem is op Jesus en ander en nie op 'n plan,
maar op die persoon van Jesus.
Om aan ander te vertel van lewe in Jesus is 'n
natuurlike respons van ons "nuwe geboorte" om in Jesus
te glo en hom te volg. Die vroeë gelowiges het aan vriende
en vreemdelinge vertel van hulle persoonlike verhouding met
God in Christus Jesus. Jesus vra ons om Sy getuie te wees en
beveel ons om in die hele wêreld in te gaan. Om Jesus
te deel behoort iets natuurliks tot jou persoonlikheid en unieke
karakter te wees. Om aan ander te vertel wat met jou gebeur
het sowel as Jesus se manier van dinge doen behoort uit te vloei
uit 'n oorvloeiende hart van liefde, vreugde en vrede. Getuienis
opleiding behoort die verskeidenheid van benaderings in ag te
neem sowel as die spesiale roeping van God vir jou lewe. Ons
Heer word nie reflekteer deur tegnieke, foefies, oordeel, druk
of ongepoetsheid wat ons houding uitmaak nie, maar deur liefde,
sensitiwiteit en diepe besorgdheid, en iemand wat deur die Heilige
Gees gelei word.
Onthou, dit is God se koninkryk en nie jou koninkryk nie! Jesus
het gesê, "En Ek, as Ek van
die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek."
Johannes 12:32. Verhef Jesus in liefde en in die krag van die
Heilige Gees.
Ricky is beskikbaar om na jou kerk, getuienisgroep,
stad of nasie toe te kom vir lering, om 'n uitreik te lei en
om opleiding te gee. Ricky, sy vrou Kay, hulle dogters Sarah
en Sally lê na aan ons harte en ons is in gereëlde
kontak met mekaar.
Nou, fluister 'n gebed tot Jesus om te lei, te
seën en jou op Sy manier te verander om Sy ware getuie
te wees in ons wêreld van vandag. Volg asseblief die lering
hoofstuk vir hoofstuk.
Pelgrims volgelinge van Jesus,
Arthur en Denise Blessitt
Kruisdraers vir Jesus om die wêreld
Luk 18:1