U
kan 'n kopie van hierdie boek aflaai deur hier te kies met u
muis.
Welkom
by die Straatuniversiteit! Hierdie webruimte het, onder
leiding van die Heilige Gees, al duisende straatevangeliste
regoor die wêreld toegerus. Hierdie opleiding is ontwikkel
uit jare se werklike straatge-tuienis, onder leiding van die
Heilige Gees en die bystand van Arthur
Blessitt - die man wat die kruis rondom die wêreld
na verskillende nasies gedra het. Uit hierdie ervaring het ons
'n vyf-en-tagtig bladsy boek gepubliseer genaamd Straatuniversiteit.
Ons het
'n webgebaseerde weergawe van hierdie opleidingsmateriaal op
Internet geplaas. Neem hierdie eenvoudige kursus en leer hoe
om mense onder alle omstandighede na Christus te lei en ontvang
'n gratis sertifikaat wat na jou versend sal word.
Die Straatuniversiteit voorsien snel opvolgende
webgebaseerde opleiding tesame met praktiese oefeninge. Diegene
wat die Straatuniversiteit voltooi het, is voorberei
om dadelik ander na Christus onder leiding van die Heilige Gees
te lei. Ons program is nie-denominasionele christelik gebaseerde
onderrig. Ons leer arbeiders om afhanklik te wees van die Heilige
Gees, die Skrif en persoonlike getuienis.
Ons missie en doelwit is om ander op te lei om
die evangelie van ons Here Jesus Christus na al die nasies van
hierdie wêreld te neem. Dit is ons hoop dat almal na Christus
sal kom voor Sy terugkeer en dat almal Sy liefde sal ervaar
sowel as Sy volheid in hierdie lewe en om die ewigheid in die
hemel deur te bring.
Matteus 28
19 Gaan dan heen, maak dissipels
van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en
die Seun en die Heilige Gees …
Mag God u seën in u getuienis teenoor alle
mense. Ons bid dat God u sal toerus deur hierdie opleiding en
dat baie deur u pogings daartoe sal kom om Christus te leer
ken.
Evangelis Richard C. Hobbs
Vertaal deur Christoff en Piet Truter