Inleiding
Christene het so besig geraak dat ons faal om
ons kerke se uitreik buite die mure van ons kerke uit te brei.
Slegs 'n paar tree van enige kerk is daar verlore, hawelose
en seergekryde mense. Christene is die verteenwoordigers van
Jesus Christus op hierdie aarde. Die Here wil so graag hulle
in die wêreld liefhê en Hy wil Sy liefde deur jou
na alle mense van hierdie wêreld laat vloei. Ons almal
moet wakker wees en die Here toelaat om 'n werk in hierdie wêreld
te begin. So baie kere word die Here se getuienis deur ons toedoen
beperk. Kom ons verenig ons gebede vir hierdie wêreld
met ons dade en deel die evangelie van Jesus Christus in ons
strate.
Ek hoop hierdie Straat Univeristeit sal elkeen
wat dit lees, uitdaag om hulle kerk en hulle liefde na die strate
uit te dra. In hierdie boek sluit ons eenvoudige beginsels in
hoe om die evangelie met verlorenes te deel. Terwyl hierdie
boek bedoel is om onderrigtend van aard te wees, bid ons dat
dit ook inspirerend sal wees.
Daagliks staan ek verbaas oor die Christelike
liefde wat ek van ander voel soos wat ek vriende op straat maak.
Die meeste van die materiaal wat ek in hierdie boek deel, is
ervarings van werklike straat en deur-tot-deur getuienis. Ek
het in die strate van my einste tuisdorp begin, maar gou besef
dat ek nie die wêreld op my eie kan wen nie. Dit sal al
die kerke van die wêreld neem om almal vir Christus te
wen. Sedert die begin het die Here my gelei om kerke in evangelisasie
op te lei. Ons is dankbaar teenoor die Here dat hy so baie deure
vir ons bediening oopgemaak het.
Openbaring 3*
8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek
het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit
nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaa ren my Naam
nie verloën nie.
Vanaf hierdie eenvoudige begin gaan ons van kerk
tot kerk om Christene toe te rus om die evangelie te deel. Ons
noem ons bediening Mercy Street Ministries. Dit is ons begeerte
om hierdie eenvoudige metode van evangelisasie in al die Christelike
kerke van die wêreld te deel. Ons vertrou dat jy by ons
sal aansluit en jou hand na jou buurman sal uitreik en begin
omgee vir hulle in die strate wat jy nog nooit ontmoet het nie.
* Deurgaans word uit die 1933 Vertaling, soos
in 1953 hersien, aangehaal, tensy anders vermeld
Evangelist Richard C. Hobbs
Mercy Street Ministries
P.O. Box 121
Alma, Arkansas 72921
U.S.A.