Voorwoord

Erkenning

Inleiding

Hoofstuk Een
Gelei deur die
Heilige Gees

Hoofstuk Twee
Luister na die Hart

Hoofstuk Drie
Hy het tussen die Mense Gewandel

Hoofstuk Vier
Hoekom Getuig

Hoofstuk Vyf
Hoe om te Getuig

Hoofstuk Ses
Die Benadering

Hoofstuk Sewe
Vertraging van die Hart

Hoofstuk Agt
Bou 'n Brug

Hoofstuk Nege
Voorbereidingsgebed

Hoofstuk Tien
Deel Christus

Hoofstuk Elf
Mense en Plekke

Hoofstuk Twaalf
Nagtelike straat en Bendebediening

Hoofstuk Dertien
Opvolgevangelisasie

Hoofstuk Veertien
Gebedsevangeliasie

Hoofstuk Vyftien
Telefoonevangelisasie

Hoofstuk Sestien
Skrifgedeeltes oor Verlossing

Straatuniversiteit Lesse

Leiersgids

Versoek om 'n vry sertifikaat


 

   


Straat Universiteit

Leiersgids

Voorbereiding van ons harte

As 'n leier gaan dit jou verantwoordelikheid wees om getuienisse voor te berei om ander na Christus te lei. Ingesluit by hierdie verantwoordelikheid is die lê van 'n geestelike fondament in die lewens van jou studente om hulle verhouding met Christus te versterk. Ons leef in 'n gevalle wêreld en wêreldse invloede sal daarna strewe om die getuienis te vernietig van hulle wat openlik en in die openbaar Jesus Christus as Here bely. Dit is nodig dat ons ons lewens en harte voorberei om voor ander te getuig.

Daar word voorgestel dat jy jou groep lei in 'n periode van studie van die funamentele geloofs-oortuigings van die christelike geloof. Ons beveel 'n studie aan van die verlossingswerk van Christus. Dit is in hierdie basiese dinge dat ons ons lewens en siele toevertrou.

Romeine 16
25
Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof -

God is by magte om ons lewens in Jesus Christus te vestig deur die verlossingswerk van Sy seun en die genade wat Hy aan ons lewens toegewys het. In Romeine 16 vers 25 en 26 is die misterie die verlossingsplan. In hierdie Skrifgedeeltes sien ons dat ons geloofsgehoorsaamheid verband hou met ons kennis van die verlossingsplan. Daarom word ons verhouding in Christus versterk saam met ons kennis van die Woord van God. Dikwels kwoteer ons die Skrif in Romeine 10 vers 17 : "Geloof is uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God." Terwyl geloof menige dinge aan ons lewens kan toewys, moet ons onthou dat ons geloofsfokus op ons verhouding in Christus moet wees. Die Bybel sê in Markus 8 vers 36 : "Wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?"

Soos wat my eie lewe meer gevestig geraak het in Christus het dit voorgekom asof my belange meer verskuif het van die skatte van die wêreld na die skatte van die Woord. Ek is van oortuiging dat God besluit het om Sy mense te seën en Hy het dit in sy Woord opgeteken toe Hy in 3 Johannes 1 vers 2 gesê het : "Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan." Ons sien duidelik dat Hy ons in alle opsigte wil seën, maar ons geleentheid om deur God geseën te word hang daarvan af of ons siel geseën is. Vestig jou lewe in Hom en Hy sal sy lewe in jou vestig.

Om julle groep te help om hulle geloof in Christus te vestig, kan hulle die volgende Skrifgedeeltes bestudeer. Jou lering behoort Skrifgedeeltes in te sluit wat jou leerlinge se vertroue en verhouding in Christus versterk. Ons moet daarvan oortuig wees dat ons geloof in Christus groter is as ons lewe self.

1. Die geboorte van Christus
a. Gen 3.15 - Die voorspelling van Christus se geboorte
b. Jes 7.14 - Die profeet Jesaja voorspel die maagdelike geboorte
c. Mat 1.23 - 'n Engel voorspel die maagdelike geboorte
d. Mat 1.18-20 - 'n Engel praat met Josef
e. Luk 1.26-38 - 'n Engel verduidelik die maagdelike geboorte aan Maria
f. Luk 2.1-20 - Die geboorte van Jesus Christus

2. Die val van die mensdom en die behoefte aan 'n Verlosser
a. Gen 2.15-17 - God gee aan die mens 'n keuse om Hom te volg
b. Gen 3.6 - Die val van die volle mensdom
c. Rom 5.12 - Deur die toedoen van een man kom sonde in almal

3. Die verlossingswerk van Christus
a. 2 Kor 5.21 - Christus neem die sonde van die wêreld op Hom
b. Joh 14.19 - Christus sterf en word uit die dood opgewek
c. Rom 8.3 - Christus neem die menslike vlees aan
d. Fil 2.5-8 - Christus neem die menslike gestalte aan
e. Heb 9.28 - Christus sou Homself vir die hele mensdom offer
f. Rom 5.19 - Deur een mens, Christus, kan almal regverdig gemaak word
g. Jes 53.1-12 - Die verlossingswerk van Christus word voorspel
h. Eseg 11.19-20 - Dit word voorspel dat die mens eendag 'n nuwe hart sal hê

4. Die bloed van Jesus Christus
a. Heb 9.22 - Die nodigheid van die bloed van Jesus
b. Heb 9.13-14 - Die bloed maak ons vry van ons verlede
c. Rom 3.25 - Ons is regverdig deur Sy bloed
d. Heb 10.21-22 - Die bloed maak ons vry van ons skuld
e. Efes 1.7 - Vergifnis van sonde deur Sy bloed
f. Kol 1.19-22 - Die bloed versoen God en mens

5. Die naam van Jesus
a. Heb 1.4-5 - 'n Voortrefliker naam
b. Fil 2.9-11 - Sy naam is bo elke naam
c. Efes 1.17-23 - Die naam van Jesus is bo elke naam
d. Mat 1.21-23 - Verlossing in die naam van Jesus
e. Hand 4.12 - Verlossing slegs deur die naam van Jesus

6. Die outoriteit van Jesus
a. Mat 8.5-10 - Die Romeinse soldaat wou net dat Jesus die woord spreek
b. Op 1.18 - Jesus oorwin satan

Somtyds gebeur dit dat individue in die evangelisasieklas gered word en die Heilige Gees met hulle lewe deel terwyl ons in die Straatuniversiteit klasgee en ons op straat getuig. Maak seker dat jy in jou klas 'n uitnodiging maak en jy jou klaslede na Christus uitnooi of hulle lewens aan die Here laat hertoewy. Hoe langer spanne getuig hoe meer sal God met sekere toestande in hulle lewens deel. Die vyand sal almal van ons in ons swakste areas versoek. Laat jou span gereed wees om hierdie aanvalle te onderskei en om dit sowel as versoekings deur Christus en sy Woord te kan oorwin. Die bloed van Jesus is die magtigste krag in hierdie wêreld en ons kan Sy bloed vertrou om ons lewens vry te hou. Ons moet egter die wil hê om die regte besluite in ons lewe te neem wat ons nader aan Hom bring. Laat jou span hulleself daagliks in Hom vestig deur gebed, Bybelstudie en die bywoning van jou klasse in die plaaslike gemeente. Getuienis-lewering trek jou altyd nader aan Christus soos wat jy die omstandighede van menselewens waarneem en soos wat jy jouself voorberei om ander te bedien.

Die tweede maal toe ek die Straatuniversiteit aangebied het, was dit in 'n klein dorpie, Sallisaw in Oklahoma, in 'n plattelandse kerk. In die voorste ry van die klas het ek 'n twaalfjarige jongman benader deur 'n voorbeeld te gee van hoe 'n mens iemand na Christus toe lei. Ek het gesê : "As jy vanaand sou sterf, sal jy hemel toe gaan?" Sy respons was : "Nee." Alhoewel ek baie mense onder verskillende omstandighede na Christus gelei het, was ek nie vir hierdie reaksie gereed nie. Ek het met my getuienis aan hierdie jongman voortgegaan. Ek het die verlossingsgedeelte van Romeine 10 vers 8 tot 10 met hom gedeel en hom uitgenooi om my hand te neem as hy saam met my wou bid om Christus in sy hart te ontvang. Hy het dadelik my hand geneem en begin huil. Die meeste mense in die klas het saam met hom gehuil. Ek was opgewonde, want voordat ons kon uitgaan om in die gemeenskap te gaan getuig, het 'n jongman Christus in die midde van 'n getuienisklas gevind.

Hierdie jongman was die eerste van baie in hierdie klein dorpie na Christus toe gekom het. Oor 'n tydperk van agt maande het die getuies in hierdie groep oor die driehonderd mense na Christus gelei deur van deur tot deur te gaan. Op die dag van sy bekering het die jongman my en 'n ander volwassene vergesel
na 'n sypaadjie buite 'n winkelsentrum. Daardie dag het ons baie mense na Christus sien kom. Hy was 'n uitstekende getuie. Teenoor hulle wie hy getuig het, het hy vertel dat hy so pas gered is. Wanneer iemand nie gered is en nie gereageer het, het hy trane in sy oë gekry en 'n tweede uitnodiging gemaak. Die meeste mense wat ons daardie dag ontmoet het, het na Christus gekom. Nuwe bekeerlinge maak uitstekende getuies uit. Hulle moet egter betrokke raak in hulle kerk en in hulle studie van die Woord om hulle getuienis voort te sit. Ek sal altyd hierdie dag onthou toe ek saam met hierdie jongman getuig het. Dit was hierdie jongman wat die Heilige Gees daardie dag gekies het om as 'n getuie te gebruik. Dit was so wonderlik om iemand uit jou klas te sien wat gered word. Sederdien het dit dikwels gebeur en dit maak my steeds opgewonde as ek dit sien gebeur. Ek het opgemerk dat wanneer dit gebeur dat iemand op die evangelie reageer dit wil voorkom asof die hele klas die oortuiging van die Heilige Gees ervaar.

Materiaal vir ons getuienis

Toe die Here my na die straat geroep het, het Hy my gelei om myself voor te berei. Met die hulp van my gesin het ek dadelik begin om ons eie traktaatjies op te stel en voor te berei. Ons het 'n traktaatjie gemaak wat eenvoudig, dog effektief is. Ons het na baie traktaatjies gekyk wat kommersieel beskikbaar was, maar hulle het vir ons te onpersoonlik en ingewikkeld voorgekom. Huidiglik het ons egter 'n hele aantal traktaatjies gevind wat in die handel beskikbaar is gevind wat baie geskik is. Ek het gevoel ek het iets nodig wat ek met my kon saamdra om die name van hulle wat gered is aan te te teken om te verseker dat iemand hulle kan opvolg met betrekking tot hulle geestelike groei. Ons het 'n klein pamflet met blanko lyne opgestel om inligting aan te teken van hulle wat hulle lewens vir Christus wil gee. Ek het Bybels en Jesusplakkers bekom om weg te gee. Die roeping van God was so 'n werklikheid in my lewe, dat ek tyd spandeer het om voor te berei, want ek het sonder twyfel geglo dat baie na vore sou kom om hulle lewens vir Christus te gee. Jou groep gaan sien hoe baie siele gered gaan word, neem daarom tyd om julle materiaal en julle harte voor te berei. Maak seker dat jou spanne met die regte materiaal toegerus word. Somtyds kan dit gebeur dat 'n eenmalige aanraking met iemand die enigste geleentheid ooit gaan wees wat hulle gaan hê om Christus te leer ken en om evangeliese materiaal of 'n Bybel te ontvang.

Ek kan nog goed onthou toe ek die eerste keer op straat begin getuig het. Ek het traktaatjies en opvolgpamfletjies in my hempsak en 'n klein Nuwe Testamentjie in my agtersak gesteek. Ek het addisionele materiaal in my motor gelaai en na 'n straathoek op my tuisdorp vertrek. Ek het op die punt gestaan om teenoor die eerste persoon te getuig sedert God my geroep het. Ek het uit my motor geklim en myself aan die eerste persoon voorgetsel wat ek ontmoet het. Binne enkele minute was ek besig om teenoor mense te getuig. Ek het die boodskap van verlossing met die betrokke persoon gedeel en hy het na die Here gekom. Ek het aan die persoon 'n Bybel met sy datum van bekering voorin gegee en ook sy bekeringsdatum aangeteken. Nou is hulle gered, het 'n Bybel gehad en het opvolginligting vir ons kerk gehad om te verseker dat hulle besoek gaan word. Ek het na my motor teruggekeer en nog 'n Nuwe Testament in my agtersak gesit en weereens het die volgende persoon met wie ek gepraat het Christus ontvang. Ek het weer 'n Bybel in my sak geplaas en iemand omtrent 'n blok ver sien wegstap. Ek het iets vir hom gesê en hy het gaan stilstaan. Ek kon hom inhaal voordat hy weggeloop het. Ek het die getuienis van Christus met hom gedeel en ook hy het sy hart vir die Here gegee. Hierdie getuienis was baie snaaks, want die jongman het gedink ons wou met hom baklei. Hierdie selfde reaksie is dikwels in donker stegies aangetref as ons iemand genader het. Hy was net baie bly om gered en nie beseer te raak nie. Ek kon nie daardie dag genoeg materiaal met my saamdra om aan die siele te gee wat na Christus gekom het nie.

Ek het om die blok gestap terwyl ek getuig het en 'n jongman op die sypaadjie ontmoet. Soos wat ek nader gekom het, het hy een tree agtertoe op 'n trap gegee. Ironies genoeg, was dit die trappe van die kerk. Daardie dag het ons hom op die trappe van die kerk na die Here gelei. Sommige argumenteer dat dit nodeloos is om Christus van deur tot deur of op straat te deel. Wel, ek het te veel voorbeelde gesien van mense wat gered is en gedissipeleer is vir Christus om hulle mening te deel. Ek is nie seker of hierdie betrokke jongman ooit sy weg in die kerk waar hy gestaan het sou gevind het of verlore gebly het nie. Slegs God ken hierdie antwoord. Al wat ek weet is dat Hy vir my gesê het om die evangelie met alle mense te deel en dat ek moet gaan en deel. Spandeer verseker tyd om julle materiaal voor te berei en verwag dat siele na Christus sal kom.

By 'n latere geleentheid, toe ek elders getuig het, het ek iets nodig gehad om aan hulle wat moeiliker was om voor te keer te gee. Ek het iets nodig gehad om aan hulle te gee om hulle aandag te kry. In die dorp waar ek woon, het 'n godsdienstige kultus soveel traktaatjies uitgedeel, dat mense kwaad geword het as jy aan hulle 'n traktaatjie gee. Ek het 'n aantal klein Jesusplakkertjies in die hande gekry. Dit het geblyk dat hierdie plakkers mense interesseer. Dit is 'n effektiewe evangelisasiemiddel om in gebiede waar mense saamdrom uit te deel.

As jy in 'n hawelose gebied kom, is dit 'n goeie idee om gebottelde water, verpakte crackers, nie-bederfbare kos, klein monsterbotteltjies sjampoe, seep en ander geskenke wat in algemene basiese behoeftes voorsien weg te gee. Ek gee nooit geld direk aan mense nie. Dit is egter ons christelike verant-woordelikheid om die hongeres te voed. Ons lewe moet 'n getuienis wees. Dit is my oorweldigende begeerte om om te gee vir hulle wat my uitgebring het in die strate. Ons moet alle mense onder alle omstandighede liefhê.

Jy dien as die koördineer van jou groep in die verkryging van materiaal vir hulle. Maak seker dat jy baie materiaal het om aan jou groep uit te reik. God gaan jou seën na die vermoë waarin julle hierdie materiaal voorsien. Onthou hierdie materiaal is vir reddingsdoeleindes en nie net kerkinligting nie. Om aan iemand net inligting van jou kerk te gee, is nie genoeg nie. Die inligting moet die weg bevat hoe om Christus te vind asook basiese dissipelskap inligting.

Liefde vir alle mense

Dikwels wanneer ons in die Straatuniversiteit lering gee, sal God die lewens aanraak en 'n spesiale roeping in die hart gee van hulle wat dit bywoon. Verwag dat God met oortuiging onder jou groep gaan beweeg. Toe God my na die straat geroep het, het God 'n spesiale liefde vir alle mense in my hart geplaas. Die liefde was so groot, dat dit my na die strate geneem het om te getuig in my tuisdorp, bende-gebiede, kroeë, hawelose gebiede en die strate van die nag in Los Angeles, Kalifornia en ander stede. Ek was so oorweldig met liefde vir mense dat ek moes uitgaan en Christus gaan deel. Wanneer jy die Straat-universiteit deel, moet jy seker maak dat jy die liefde deel wat God vir almal van ons het en hoe Hy mense aanvaar net soos hulle is. Hy het sondaars in die haglikste omstandighede lief. Hy is vergifnis en ons mag nie oordeel nie. 'n Ware ontmoeting met God sal moraliteit in hulle lewe voortbring. Daarom is dit nie vir ons beskore om na die situasie te kyk nie, maar eenvoudig na die verlore hart en bereid te wees om jou hand uit te reik na die vuilste hand wat jy nog ooit gesien het en iemand na Christus te lei. Laat God toe om Sy liefde in jou klas uit te stort soos wat jy die Skrif deel. Getuienislewering sal 'n lewenswyse word en dit is die moeite werd om voor te berei vir jou klas.

Roeping vir die Here

Ek hou daarvan om 'n verhaal te vertel van 'n man wat altyd 'n loots wou word. (Ek vertel altyd hierdie verhaal teen die einde van my eerste klas en jy kan dit ook gebruik as jy so verkies). Sy naam is David en hy kon nie as gevolg van sy swak sig 'n loots word nie. David het egter 'n allesoorheersende begeerte gehad om te kan vlieg. Op 'n dag besluit hy dat hy eenvoudig net moet vlieg waarop hy na die Weermag se surplusstoor gegaan het. Hy het veertig ou weerbalonne en 'n silinder met heliumgas gekoop om die balonne mee te vul. Terug by die huis het David iets begin bou. Hy het 'n tuinstoel geneem en dit aan die buffer van sy jeep vasgemaak. Hy het al die balonne aan die tuinstoel vasgemaak en dit met helium begin vul. Hy het 'n etepakkie voorberei en 'n windbuks saamgeneem waarmee hy sy hoogte kon reguleer deur van die balonne stukkend te skiet. David was nou gereed om te vlieg. Vir die eerste maal in sy lewe kon hy die ervaring van om te vlieg beleef. Hy het in die stoel gaan sit en die tou losgesny wat hom aan sy jeep geheg het. Binne skeondes was David vyfduisend meter in die lug. Nooit kon hy homself voorstel dat hy so 'n hoogte sou bereik nie. Hy het vir sy lewe begin vrees. Hy was te hoog om enige van die balonne stukkend te skiet.

'n Straler, wat so pas opgestyg het vanaf LAX in Los Angelos in Kalifornia, vlieg verby en stel radiobeheer in kennis van die man in 'n tuinstoel met 'n windbuks in die hand vyfduisend meter hoog in die lug. Die radiobeheer vind dit te dik vir 'n daler en versoek die loots om terug te keer na die lughawe.

Vervolgens word die Vloot in kennis gestel van David in sy tuinstoel wat bokant die oseaan opgemerk is. Hulle stuur 'n helikopter om David uit sy penarie te verlos. Hulle laat toue neer en help hom om die strand te bereik. As hy veilig terug is op moederaarde staan die verslaggewers tou om onderhoude met hom te voer. Een verslaggewer sê : "Ek het net een vraag - hoekom?" Waarop David antwoord : "Ek kon nie net daar sit nie!"

Dit herhinner my aan die nodigheid vir ons om die verlorenes te bereik. Ek kan nie net daar sit en die wêreld hel toe laat gaan nie. Ons moet iets doen en dit nou doen. Hierdie storie kan gebruik word om ander uit te daag om die verlorenes in hulle gemeenskap te bereik. David was bereid om sy lewe op die spel te plaas vir dit waarin hy gelo het. Hoeveel te meer behoort ons nie gewillig te wees om die liefde van God met ons buurman te deel of die een verlore persoon in die straat nie?

Praktiese ervaring

Ek beveel 'n aantal ure van klasgee en 'n aantal ure van praktiese ervaring in getuienislewering by elke sessie aan. Wanneer jy opleiding en getuienislewering kombineer, blyk dit om meer waardevol te wees. Daarbenewens wek dit ook meer belangstelling in jou klasse. Jy sal ware voorbeelde hê van hulle wat suksesvol was en hulle wat nie was nie. Wees verseker en bid vir guns, veiligheid, die verlorenes en God se oortuiging van Sy mense. Laat die gemeente se gebedsgroep vir jou en jou klas bid wanneer julle straat toe gaan. Gebruik persoonlike ervarings wanneer jy jou klas onderrig. Gebruik klastyd en bespreek die eravrings wat in die straat geleer is om te sien watter tegnieke werk en watter nie. Jou klas sal selfvertoue begin ontwikkel in hulle vermoë om te getuig. Wanneer die Heilige Gees iemand in die groep begin gebruik in die straat of om van deur tot deur te getuig, hou hulle eenvoudig dop en begin leer van hulle.

Maak seker dat jy nie vertroulike inligting met ander in die straat deel of om aangehoor te word deur iemand teenoor wie jy so pas getuig het nie. Dikwels praat iemand te hard oor wat so pas in die straat of in iemand se huis gebeur het. Indien die persoon teenoor wie hulle getuig het hulle hoor, kan hulle getuienis verlore gaan. Ons is Christus se voorbeeld op straat en dit is nodig dat ons dit wat privaat en vertroulik aan ons gesê is as sodanig te hanteer. As hulle alles wat hulle hoor herhaal, sal God huiwerig wees om hulle te gebruik.

Die toestand van ons wêreld

Ek gebruik dikwels statistiek wanneer ek in die Straatuniversiteit klasgee om die toestand van ons wêreld uit te beeld. Ons leef in 'n gevalle wêreld waar baie sonder Jesus Christus op pad hel toe is. Statistiek toon duidelik hoe nodig dit vir ons is om ons geloof met almal te deel. Ons doel is nie om 'n beter gemeenskap te skep nie, maar eerder om verlore siele te red. Wanneer meer individue egter na Christus kom, sal die gemeenskap verander. Baie keer wanneer ons aanhou om na dieselfde dwelmver-slaafde gebied van 'n stad gaan, sien ons hoe dit verander. Ons sien mense wat begin omgee en ander liefhet. Ja, moraliteit kom van hulle wat Christus aanneem.

Probeer om statistiek in te samel om met jou klas te deel. Uit statistiek is dit voor die hand liggend dat wanneer Christus vandag sou kom, te veel hel toe sou gaan. Somtyds wonder ek of Christus nie gereed is om terug te keer nie, maar op ons wag om die wêreld te evangeliseer voordat Hy terugkeer.

Ek het die Straatuniversiteit in kerke, huise, openbare ontmoetingsplekke en selfs in buitelugse parke aangebied. Vind 'n plek om Straatuniversiteit aan te bied waarmee jy gemaklik is. Geniet die geleentheid wat jy het om ander te leer hoe om te getuig. Dit is die lonendste iets wat ek ooit in my lewe gedoen het!

Nabootsing van getuienis

Daag jou klas uit om getuienislewering in die klas na te boots. Probeer verskillende benaderings van om saam met iemand op die sypaadjie te stap, om aan iemand se deur te klop, om teenoor iemand in 'n restaurant te getuig en om teenoor persone van verskillende ouderdomme te getuig. Dit is moeiliker om
getuienis na te boots as as om werklik te getuig. Tydens die werklike getuienis op straat of van deur tot deur, is die Heilige Gees daar om te help en om hulle van sonde te oortuig.

Maak seker dat jy gebruik maak van die materiaal wat jy op straat gaan uitdeel en oefen hoe om dit te gebruik. Indien jy oefen hoe om jou traktaatjies en die klein Nuwe Testamentjies te gebruik, sal jy meer effektief en op jou gemak wees om hulle te gebruik wanneer jy individue te woord staan. Sluit jou oefensessies af deur iemand die sondaarsgebed te laat herhaal. Hoe meer julle hierdie sessies herhaal, hoe makliker sal dit vir julle word. Dit is nodig dat die sondaarsgebed duidelik en betekenisvol sal vloei. Ek bid dit altyd asof ek die een is wat gered word. Bedoel dit met jou hele hart en druk dit met jou stem uit. Die gebed mag nie vinnig of met verleentheid gebid word nie. Moet jou nooit vir die evangelie skaam nie. Ek het slegs 'n klein aantal mense in die strate ontmoet wat nie geglo het dat daar 'n God is nie. Hulle wat toekyk sal jou vir jou dapperheid bewonder om Christus openlik te bely en saam met iemand in die openbaar te bid. Bid eenvoudig in die omgewing wat aan jou gebied word. Indien ek bewus word van iemand wat toekyk en die persoon kan verhinder om op die evangelie te reageer, dan posisioneer ek myself so dat ek hulle sig blokkeer deur tussen hulle en die persoon vir wie ek bid te staan.

Romeine 1
16
Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Om die reaksies van persone van verskillende ouderdomme na te boots, is baie interessant. Met jongmense behoort jou gesprek baie byderwets te wees. Sommige sal probeer om te preek eerder as om te getuig. Hierdie getuies gaan hulle op straat in die midde van 'n debat bevind. Moet nooit met iemand argumenteer nie. Dit kan iets interessants wees om na te boots. Die grootste uitdaging vir my getuienis is iemand wat lid is van 'n kultus wat in God maar nie in Christus glo nie. 'n Getuienis wat ook moeilik is, is iemand wat nog nooit die verhaal van die evangelie van Jesus Christus gehoor het nie. Oefen die verduideliking van die geboorte, dood en opstanding van Christus en hoekom ons 'n behoefte aan 'n Verlosser het.

Toe ek begin het om te getuig, het ek my getuienis in my motor geoefen wanneer ek alleen op reis was. Ek het die sondaarsgebed geoefen om seker te maak ek kan die woorde spreek wat ek gedink het nodig is vir die gebed. Ek het Romeine 10 vers 8 tot 10 gememoriseer en dit dikwels geoefen wanneer ek alleen is. Ek was desperaat om die woorde korrek te hê. Somtyds in die donkerte van die nag moet ek op die woorde staatmaak wat ek gememoriseer het. Somtyds is daar geen lig om 'n traktaatjie of die Bybel te lees in 'n donker steeg of straat nie en die Woord moet voortgaan om die hart in die donkerte te verander.

Die beste nabootsing is om mense te benader. Wanneer jy jou werklike getuienis begin, sal jy vind hoeveel opwinding dit is om mense te sien wat gered word. Dit is onmoontlik om die oortuiging van die Heilige Gees na te boots. So dikwels wanneer ek op pad is om te getuig, wonder ek hoe werk dit alles. Ek vra : "Sal die Heilige Gees vanaand sy oortuigingswerk doen? Sal ek weet wat om te sê? Sal mense reageer?" Dan, 'n paar uur later, is ek so besig om materiaal uit te deel en name wat na Christus gekom het aan te teken dat ek al daardie vrae vergeet. Dan vra ek myself : "Hoe kan ek weggaan?" Ek bly soms tot in die laat ure van die nag uit. Wanneer die Here beweeg, wil ek net nie weggaan nie. Soms vertrek ek wanneer ek nie meer kan stap nie. Die antwoord is nie dat ek myself meer moet uitput nie, maar om meer mense op straat te hê wat kan getuig. Daar is so 'n groot behoefte aan meer getuies en ek is so dankbaar dat jy besluit het om ander te help om ander op te lei om te getuig.

Gebed

Jou getuienis sal meer effektief wees as jy 'n gebedsketting vestig wat vir jou en jou groep bid. Jou plaaslike gemeente se gebedsgroep en ander gebiede se gebedskettings is uitstekend om gereeld vir jou groep te bid en wanneer jy en jou groep op straat uit is. Dikwels wanneer ek in die strate is, weet ek dit is gebed wat die resultate opgelewer het.

Jou getuienisspan behoort hulle pogings om te evangeliseer te begin met gebed vir die verlorenes. Gebed vir God se guns vir die mense, hulle veilgheid, beskerming en die oortuiging van die Heilige Gees. Ons lei altyd ons span in dieselfde gebied waar ons gaan getuig. Dit word genoem praying onsite
with insight. Ek glo dat wanneer jy op die grondgebied bid, eis jy dieselfde gebied waar jy staan vir Christus op en God sal begin beweeg in die harte van diegene in die gebied begin beweeg. Ons het gesien hoe sommige gebiede gevul word met die teenwoordigheid van God wanneer baie in 'n klein area na Christus toe kom. Een aand was my hemp sopnat van die trane van al die mense wat op my skouer gehuil het en my gedruk het nadat hulle gebid het om na Christus te kom. Op een of ander manier bevestig God sy teenwoordigheid in die gebied waarin jy is en Hy sal geestelik oorlog voer om die bose hok te slaan. Vra God om te beweeg en Jesus, die Here van die oes, sal die weg voorberei.

Jou span behoort God te vra vir beskerming. Plaas die hele wapenrusting van God op hulle, 'n omheining van beskerming om hulle en die bloed van Jesus op hulle. Wanneer ons bid en strate toe gaan, het ons gedoen wat God vra en nou kan ons vertrou dat Hy onder die mense gaan beweeg om hulle harte te oortuig en siele te red. Wanneer jy jou getuienis afgehandel het, staan tyd af om God te dank vir wat Hy gedoen het en vir die geleentheid om die verlorenes te kon bedien. Vra ook dat God die siele sal behou wat na Christus deur jou getuienis gekom het. God kry al die eer vir wat jy ervaar het asook vir die geleentheid om te kan getuig. Slegs God kan 'n hart verander!

Copyright © 1998, 1999, 2000, 2001, 2002 Mercy Street Ministries
All Rights Reserved Worldwide.
Disclaimer