Straatuniversiteit Lesse
Straatuniversiteit Lesing
Een
Gelei deur die Heilige Gees
Groepsbespreking
1. Bespreek die verskillende maniere waarop jy gelei is om die
evangelie met iemand te deel.
2. Bespreek die geleenthede wat jy gehad het om
die evangelie met iemand te deel en jy nie die
selfvertroue of dapperheid gehad het om hulle te lei nie
3. Beskryf hoe die Heilige Gees met jou praat.
Deel die verskillende maniere hoe Hy met mense praat
Bybelstudie
1. Ondersoek die Bybel en vind verwysings in die Nuwe Testament
wat die leiding van die Heilige Gees in iemand se lewe beskryf.
Hand 21.4; 8.29; 16.6 en 10.19-20
2. Bestudeer die getuienislewe van Jesus deur
Sy gesprekkke in die evangelies.
Mat 16.13-15; Joh 14.1-12; Mat 5.1-12; Mat 23.37-39; Joh 6.28-65;
Luk 7.39-50 en Mat 13.1-52
Opdrag
1. Bid en vra dat die Heilige Gees om Sy hart vir verlorenes
met jou te deel en laat Hom toe om tot jou hart te spreek
2. Spandeer baie tyd in gebed vir die verlorenes
in jou gemeenskap
Straatuniversiteit Lesing Twee
Luister na die Hart
Groepsbespreking
1. Bespreek hoe jy die stem van God hoor.
2. Bespreek die hindernisse om die stem van God
te hoor
Bybelstudie
1. Kry 'n voorbeeld in die Bybel waar God gepraat het en die
persoon nie Sy stem herken het nie.
1 Sam 3.4-10
2. Kry die Skrifgedeelte waar Christus met Ananias gepraat het
en hom na 'n spesifieke straat gestuur het
na 'n spesifieke huis om te bid vir 'n spesifieke persoon wat
verwag het dat hy vir hom vir sy sig sou
bid.
Hand 9.11-12
3. Ondersoek die Skrif om te weet dat God in die hart van 'n
gelowige sal woon.
Jes 57.15; Op 3.20; 1 Kor 1.3
Opdrag
Spandeer tyd met die evangelies en luister na Sy stem in die
Skrif
Straatuniversiteit Lesing Drie
Hy het Tussen die Mense Gewandel
Groepsbespreking
Hou 'n bespreking oor die hedendaagse bediening van Christus
op aarde
Bybelstudie
Vind voorbeelde in die Nuwe Testament waar Christus ander in
evangelisasie opgelei het
Mrk 6.7; Mat 20.28; Luk 11; Mat 13.1-9
Opdrag
Laat die Here toe as jy tussen mense beweeg om hulle aan jou
te wys soos Hy hulle sien. Laat Hy jou oë en hart gebruik
Straatuniversiteit Lesing Vier
Hoekom Getuig?
Groepsbespreking
1. Bespreek hoekom die Heilige Gees mense nodig het om die evangelie
met ander te deel
2. Bespreek hoe dit gebeur dat iemand soos die bendelid in ons
voorbeeld skielik Christus kan ken
3. Bespreek hoe jou gemeenskap kan verander as ander Christus
leer ken
Bybelstudie
1. Vind 'n voorbeeld in die Nuwe Testament waar die evangelie
met Saulus gedeel is. Deel jou gedagtes hoekom niemand anders
teenoor Paulus getuig het nie
Hand 9.1-2;17-20
2. Vind 'n voorbeeld in die Nuwe Testament waar
een persoon se getuienis 'n uitwerking op 'n hele stad gehad
het
Joh 4.39-42
Opdrag
Spandeer tyd in gebed en laat die Heilige Gees jou die verlorenheid
van die mense in jou gemeenskap toon en ook die behoefte aan
hulle wat moet getuig
Straatuniversiteit Lesing Vyf
Hoe om te Getuig
Groepsbespreking
1. Bespreek die getuienis van die Heilige Gees deur Filippus
aan die Etiopiese man (Hand 8.26-37)
2. Deel jou getuienis oor hoe jy gevoel het en
wat jy ervaar het toe jy Christus leer ken het
3. Bespreek nog dinge wat nie gedoen moet word
wanneer jy getuig nie
Bybelstudie
Bepaal verskeie Skrifgedeeltes wat handel oor geloofsekerheid
deur die Woord en Jesus Christus
Kol 2.2-7; Heb 10.22-23; 2 Tim 1.12; 1 Joh 3.19-21; Joh 5.10;
Efes 3.12;1 Joh 3.14
Opdrag
1. Hou 'n oefensessie en gaan deur die manier van redding met
iemand wat reeds gered is
2. Vra die Heilige Gees om jou na iemand te lei
wat verlore is en berei hulle harte voor om Christus te
ontvang. (Verkry getuienis materiaal en hou dit by jou)
Straatuniversiteit Lesing Ses
Die Benadering
Groepsbespreking
1. Bespreek hoe om verskillende soorte mense met jou getuienis
te benader. 'n Daklose persoon en 'n sakeman op straat word
verskillend benader. Boots die vrskillende benaderings na
2. Deel jou getuienis met ander waarin jy veruidelik
wat met jou in jou lewe gebeur het toe jy Christus leer ken
het
Bybelstudie
Maak 'n lys van Skrifgedeeltes wat jy in jou getuienis kan gebruik
Rom 10.8-10; Joh 3.16; Rom 6.23; Rom 3.23; Rom 5.8; Rom 10.13;
Op 3.20
Opsionele Opdrag
Getuig saam met iemand van deur tot deur in jou woonbuurt of
getuig saam met iemand op 'n sypaadjie in jou stad
Straatuniversiteit Lesing Sewe
Vertraging van die Hart
Groepsbespreking
Bespreek die konsep van vertraging van die hart. Bespreek voorbeelde
toe jy hierdie vertraging in jou gemeente gesien het : Mense
het nie gereageer totdat die laaste altaar uitnodiging gemaak
is nie. Hoe staan dit in verband met getuienis op straat en
vertraging van die hart?
Bybelstudie
Bestudeer Skrifgedeeltes waar Jesus gewag het op mense om op
sy boodskap te regaeer
Joh 4.7-26 (Die Samaritaanse vrou)
Opsionele Opdrag
Spandeer tyd met die volgende persoon teenoor wie jy getuig.
Wees op die uitkyk vir die vertraging van die hart
Straatuniversiteit Lesing Agt
Bou 'n Brug
Groepsbespreking
Bespreek die konsep van om 'n brug na die verlorenes te bou.
Bespreek voorbeelde waar jy iemand nie sien reageer het op die
evangelie waar hulle kon, indien jy hulle meer op hulle gemak
sou gestel het en vir hulle dit makliker kon maak om te reageer
Bybelstudie
Alhoewel 'n gebreklike man nie homself in die genesende waters
van Betesda kon laat insak nie, het Christus persoonlik na hom
gekom en genesing in hom ingespreek
Joh 5
Opsionele Opdrag
As jy volgende keer getuig sê uitdruklik : "As jy
na Christus toe wil kom, sal ek vir jou bid en jy kan agter
my aan bid en jy sal Hom ken." Reik ook jou hand en sê
: "As jy na Christus toe wil kom, neem my hand en dan bid
ons saam." Dit blyk dat hierdie eenvoudige tegnieke 'n
brug bou om dit vir iemand makliker te maak om te reageer
Straatuniversiteit Lesing Nege
Voorbereidingsgebed
Groepsbespreking
Bespreek die voorbereidingsgebed en hoe dit voordelig kan wees
vir effektiewe gatuienis
Bybelstudie
As 'n getuie behoort ons tyd te hê vir voorbereiding in
ons eie lewe. Dis tyd om sonde in jou eie lewe af te lê
wat jou kan beperk in jou bereidheid om vir ander te bid. Dis
ook tyd om jou verhouding met Christus te verdiep
1 Kor 1.12; 1 Kor 4.1; Fil 3.13-15; Kol 1.23-29; 1 Tes 2.8-12;
1 Tim 4.6; 2 Tim 2.1-4; 2 Tim 2.24-26;
2 Tim 4.1-5; 2 Tim 2.3-8; Heb 12.1-4; Jak 1.1-27; Jak 4.6-10
Opdrag
Oefen om iemand na Christus te lei deur eers die voorbereidingsgebed
te doen
Straatuniversiteit Lesing Tien
Deel Christus
Groepsbespreking
1. Bespreek die vrae waardeur jy kan bepaal of iemand buite
gemeenskap met God is of teruggeval het
2. Bespreek die heel moeilikste getuienis wat
jou ooit gehad het met iemand wat nie na Christus gekom het
nie. Laat die groep toe om deel te neem en bespreek wat jy anders
kon doen in jou getuienis
Bybelstudie
1. Maak 'n lys van Skrifgedeeltes in verband met ons nuwe lewe
in Christus
Rom 5.9; Rom 6.18; Kol 1.12; Psm 27.1; 1 Joh 5.4; Heb 4.16;
Heb 11.6; 2 Tim 1.7; Rom 8.17; 2 Pet
1.4; Gal 2.20; 1 Joh 1.7; 1 Joh 3.21; 1 Joh 5.13; Rom 8.2; Rom
8.36; Kol 3.10; 2 Kor 5.17
2. Bestudeer die Skrifgedeeltes as verwysing vir
voorbeelde van Christus wat tot iemand se hart spreek
Joh 4.4-26; Mrk 10.17-22
3. Maak 'n lys van die verskillende soorte mense
met wie Christus gedeel het
Die armes [Mat 11.4-6]; 'n goeie met met hoë waardes en
'n leier [Joh 3.1-10]; 'n ontugtige vrou en die godsdienstiges
[Joh 8.3-11] en 'n ryk man [Luk 19.2-10]
Opdrag
Oefen met iemand deur hulle te lei tot 'n hertoewyding aan Christus
Opsionele opdrag
Neem jou groep na die omliggende strate en huise om jou kerk
om te getuig
Straatuniversiteit Lesing Elf
Mense en Plekke
Groepsbespreking
Bespreek die verskillende plekke in jou daaglikse lewe waar
jy Christus kan aanbied. As jy weet van al die geleenthede,
bespreek hoe gaan jy Christus in hierdie verskillende plekke
aanbied
Bybelstudie
Bestudeer die Skrifte en vind die verskillende plekke waar Christus
met mense gedeel het.
By die put Joh 4.6-14; by die grafte Mat 8.28-34; langs die
see Mat 13.1-9; langs die pad Hand 9.1-5 en in die sinagoge
Luk 4.16-21
Opsionele opdrag
Getuig op die sypaadjies van jou tuisdorp / stad
Straatuniversiteit Lesing Twaalf
Nagtelike Straat en Bendebediening
Groepsbespreking
Oefen hoe om Christus te deel op 'n manier wat op die jeug gerig
is. Interpreteer die Skrifgedeeltes in die eenvoudigste taal
wat maklik verstaanbaar is
Bybelstudie
Bestudeer die Skrifgedeelte waar die Here vir Ananias na 'n
bepaalde stad stuur om met 'n man genaamd Saulus te praat. Gaan
Ananias se respons na om iemand te bedien wat baie boos opgetree
het. Let ook op die Here se reaksie in vers 15. Hierdie Skrifgedeeltes
herhinner my aan die hart van die Here teenoor hulle in die
strate. Hy wil hê ons moet gaan, want Hy gee om
Hand 9.10-15
Opsionele Opdrag
Stel 'n groep saam en ry deur gebied gedurende die dag waar
julle van voorneme is om te gaan getuig. Organiseer gebedswandelinge
in die dag deur gebiede waar julle van plan is om Christus in
die nag mee te gaan deel
Straatuniversiteit Lesing Dertien
Opvolg Evangelisasie
Groepsbespreking
1. Bespreek hoedat 'n opvolgaksie jou sou kon bemoedig om 'n
verdere pad met Christus te loop
2. Bespreek hoe sou 'n mens te werk gaan om 'n opvolgaksie in
jou bediening te implementeer
Bybelstudie
Bestudeer die Skrif in Handelinge 14 en stel vas hoe vasberade
Paulus was om terug te keer na hulle wat hy bedien het. Ondersoek
die Skrifte en julle sal vasstel dat baie van die briewe wat
hy in die Nuwe Testament geskryf het, het bestaan uit bemoediging
aan hulle in die kerk
Opsionele Opdrag
Neem deel aan jou gemeente se weeklikse besoek aan die hospitaal,
klinieke of huisbesoek
Straatuniversiteit Lesing Veertien
Gebedsevangelisasie
Groepsbespreking
Bespreek die belangrikheid van gebed en evangelisasie
Bybelstudie
1. Vind gedeeltes in die Nuwe Testament waar ons gevra word
om vir die oes te bid
Mat 9.36-38; Luk 10.2
2. Vind Skrifgedeeltes waar God met 'n hele stad
gewerk het
Jona 4. 10-11; Psm 127.1; Mrk 6.5-6 en Jer 29.7
Opsionele Opdrag
Stel 'n groep saam van persone wat geestelike gebedsoorlogvoering
doen en gaan stap in die strate waar julle beoog om te getuig.
Stap en bid "onsite with insigtht"
Straatuniversiteit Lesing Vyftien
Telefoonevangelisasie
Groepsbespreking
1. Bespreek die geleenthede wat jy gehad het om oor die telefoon
te getuig en verduidelik wat die resultate van jou getuienis
was
2. Verduidelik verskillende maniere om 'n algemene gesprek oor
die telefoon te begin met iemand wat jy nog nooit ontmoet het
nie
Bybelstudie
Vind Skrifverwysings waar ons somtyds saad in iemand se hart
plant en 'n ander getuie kom en samel die oes in
Joh 4.37-38
Opsionele Opdrag
Getuig teenoor die volgende telefoonbemarker wat jou oor die
telefoon bel